Rohde-dogter te bang om te getuig

Jason Rohde. Foto: Armand Hough/ANA

Die veroordeelde moordenaar Jason Rohde se oudste dogter, Katie, wat Donderdag in die hooggeregshof in die Kaap ter strafversagting sou getuig het, het ʼn kort rukkie voor die tyd van plan verander.

Katie was pas as getuie ingesweer toe die verdedigingsadvokaat Graham van der Spuy vra om die hof aan te spreek en aan regter Gayaat Salie-Hlophe gesê het die getuie wil nie meer getuig nie.

Dit was nadat die regter gesê het die media kon in die hof bly en dat die klank van Katie se getuienis uitgesaai kon word sonder dat die kameras op haar gerig word. Van der Spuy het gesê die 20-jarige het net ingewillig om te getuig mits dit nie uitgesaai word nie aangesien sy onder baie “onregverdige” druk verkeer.

Nadat die reëling oor die uitsending van haar getuienis aan haar verduidelik is, het sy gesê sy is te bang om te getuig, het Van der Spuy gesê.

Hy het gesê die verdedigingspan sou weer met Katie gesels en hoor of sy wel wil getuig wanneer die hof weer byeenkom om die argumente ter strafversagting af te handel.

Rohde is op 8 November in die Kaapse hooggeregshof skuldig bevind aan die moord in 2016 op sy vrou, Susan, en aan regsverydeling deur voor te gee dat sy haar eie lewe geneem het.

Die veroordeelde is reeds sedert sy skuldigbevinding in die Pollsmoor-gevangenis in Kaapstad se suidelike voorstad Tokai. Hy is aangekeer kort nadat sy vrou se liggaam op 24 Julie 2016 met ʼn kragkabel om haar nek gevind is waar dit aan die badkamerdeur gehang het van die kamer waarin hulle in die Spier-hotel buite Stellenbosch tuisgegaan het.

Rohde bly in aanhouding tot 18 Februarie nadat regter Salie-Hlope sy aansoek afgekeur het om sy borgtog opnuut toe te staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Etta van der Merwe ·

Jason Rhode saak: Bitter sleg wat gebeur het, sal net graag wil weet of die Alterskye vrou se liefde vir Rhode nog so sterk is

Peach ·

Stem saam, waar is daai vrou nou? Sy wou hom mos gehad het nou kan sy hom kry sonder enige “bagasie” maar ek sien haar nerens.

Johann du Toit ·

Baie onsensitief hanteer. Kinders se belange kastig op die hart gedra maar dit gaan oor nog ‘n saak gewen of verloor.

Heidi Lundie ·

Kinders behoort nie hier toegelaat word om te getuig nie. Moord is moord, en dit raak almal, nou moet hulle getuig om die man wat hulle ma vermoor het se vonnis te versag ?

Vissie ·

Hyt n lewe geneem en moet verantwoordelikheid daarvoor aanvaar. Om die kinders te gebruik vir versagting is absurd. As hy moeg was vir sy vrou hoekom het hy haar nie net geskei en sy minnares gevat nie – syt nie verdien om vermoor te word nie. Al drie die kinders is eintlik volwasse en om nou te probeer voorgee dat hulle nie n ma en n pa kan verloor nie is belaglik. Hy moet sy straf gaan uitdien en nie skuil agter sy kinders nie.

Snowball ·

Te veel onregverdige druk op ‘n 20-jarige om in ‘n saak waar een ouer deur ‘n ander vermoor is, te moet getuig. ‘n Mens kry al sy kinders so jammer. Hoe hartseer om jou lewe voor jou te hê, maar lewenslank opgesaal te wees met jou pa se egbreuk, jou ma se moord en jou pa se toekoms in die tronk. Die verraad van een man wat soveel lewens verwoes….

MJ ·

Snowball, beter kan dit nie gesê word nie! Plaas hy skei net en gaan aan.. Nou is drie kinders sonder ‘n ma, en soos ek verstaan sukkel die oudste veral, want haar ma was haar alles! En nou moet sy as 20-jarige jong dame instaan vir die pa om ‘n ligter vonnis te kry. Dis absurd.

Etta van der Merwe ·

Snowball, dit is die vrae wat ook aan my knaag – ek glo sy kinders is vir ewig geskaad. My mening is dat dit vir Susan Rhode een groot skok en vernedering was om haar toe reeds ontroue lewensmaat uit ‘n kamer te gaan haal waar sy veel jonger minnares saam gekuier het. Dit moes een aaklige nag gewees het.

sus ·

om ‘n jong kind deur soveel te sit, haar ma is vermoor en haar pa is skuldig bevind aan daardie moord … mens kan nie van kinders verwag om soiets te doen nie ….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.