Rohde se appèlaansoek dán aangehoor

Jason Rohde. Foto: Armand Hough/ANA

Jason Rohde, die sakeman wat verlede maand tronk toe gestuur is vir die moord op sy vrou, se aansoek om verlof tot appèl teen sy skuldigbevinding en vonnis sal op 16 April in die Wes-Kaapse hooggeregshof aangehoor word.

EWN berig Rohde se regspan het verlede week dié hofstukke by die hof ingedien. Die aansoek sal deur regter Gayaat Salie-Hlophe aangehoor word, dieselfde regter wat Rohde 20 jaar direkte tronkstraf vir die moord op Susan Rohde opgelê het.

Hoewel Rohde reeds in November verlede jaar aan moord skuldig bevind is, hou hy nog deurentyd vol dat hy onskuldig is. Rohde voer aan Susan het op 24 Julie 2016 in ʼn badkamer van ʼn hotelkamer by die Spier-wynlandgoed buite Stellenbosch selfmoord gepleeg. Die hof het egter beslis Rohde, wat in dié tyd ʼn buite-egtelike verhouding gehad het, het sy vrou vermoor en toe met die misdaadtoneel gepeuter om dit soos selfmoord te laat lyk.

Salie-Hlophe het tydens haar vonnisuitspraak verlede maand harde woorde vir Rohde gehad en hom meer as een keer daarop gewys dat sy optrede uit selfsug gespruit het sonder inagneming van die uitwerking van Susan se dood op die egpaar se kinders en ander mense wat haar liefgehad het.

“Jy het probeer om haar nalatenskap te skend deur haar dood as selfmoord voor te hou. Jy het haar geliefdes gelaat om te wroeg in hul rou en angstig te bespiegel oor hoekom Susan haar eie lewe sou neem,” het sy in haar uitspraak gesê.

“Jy het haar uitgestal, mnr. Rohde, ongeag jou verpligting wat jy aan haar verskuldig was om haar te beskerm, wat jy aan haar liggaam, haar menswaardigheid en haar nalatenskap verskuldig was. Jy het hierdie oortreding begaan in ʼn wrede en selfsugtige poging om die mag van die gereg te ontsnap en die verloop van die gereg te dwarsboom.”

Salie-Hlophe het Rohde tot 18 jaar tronkstraf gevonnis op aanklag van moord en vyf jaar tronkstraf op aanklag van regsverydeling.

Lees alle vorige berigte oor Jason Rohde op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Piet ·

Nog n Oscar wat nie sy straf soos n man kan vat nie, Jy weet jy is skuldig sit en dink wat jy asngevang het maar nou wil jy uit sodat jy by die gf kan kuier. ?

Ma ·

Wonder of al die onskuldige Reeva’s en Sunan’s ook kan appelleer teen hul vonnisse, om dit te selfs te verkort en met hul geliefdes herenig wat so na hul verlang.??

Eddie ·

Baie goed gestel MA, en dan wil hy nog steeds onskuldig pleit

Helena. ·

Moord is gepleeg..n onskuldige lewe is kort geknip..kinders en geliefdes ly..waarom wil die man vry rondloop en met sy lewe aan gaan..gooi nou daai tronk sleutel weg en laat hom boet vir sy dade..hys selfsugtig en dik vellig. Nie welkom in die samelewing nie..

lisa ·

seker gedink hy en daai tert kan nou lekker huis huis speel as vroulief uit die pad is. hoop hy sit sommer nog lank.

lisa ·

seker gedink omdat ons regstelsel n grap is gaan hy skotvry afkom en dan kan hy en daai vrou lekker huis huis speel na vroulief uit die pad is… hoop hy sit sommer nog lank!

sterretjie ·

seker gedink omdat ons regstelsel n grap is gaan hy skotvry afkom en dan kan hy en daai vrou lekker huis huis speel na vroulief uit die pad is… hoop hy sit sommer nog lank!

sterretjie ·

seker gedink omdat ons regstelsel n grap is gaan hy skotvry afkom en dan kan hy en daai vrou lekker huis huis speel na vroulief uit die pad is… hoop hy sit sommer nog lank!

Abe ·

Heksie,
Baie onverantwoordelike uitdrukking wat Heksie hier gebruik in haar laaste sin. MM, kyk asb. of julle dit kan toelaat.

Nel ·

Ek gee hom die voordeel van die twyfel. Hoekom volhou hy is onskuldig as hy weet dat ‘n erkenning van skuld sy vonnis kan versag? Maar kom ons kyk hoe speel dié drama uit.

Agie ·

Daai gemors is nie ‘n man nie. ‘n Man doen dit nie. Owerspel, moord, bedrog, dwarsboming van die gereg, LIEG. Die slet wat met hom gekarring het moet ook boet. Sy moet voort foeter en sy hel verdubbel. Stoei maar met jou eie nagmerrie

charmaine ·

Ek hou van Salie. Hy het dit so mooi gestel. Jy moes haar beskerm het maar jy het haar uitgestal en ontneem van haar geliefdes…..Mans dink mos maar met die klein brein as daar ander boobs en boude betrokke is. Hy gaan dit beslis nie in die tronk kry nie!

Jannie ·

Hoop dat geld hom nie sal vrykoop in hierdie korrupte sisteem nie!!!

Oujongvrou ·

Mev Salie Hlope, weier asb die apel, jy mag. Die owerspelige mans moet leer om liewer te skei, wat se gemoor is dit. Mens vat nie n ander se lewe vir n stukkie los ding nie. Ek kan nie sien dat n ander spul regters n ander uitspraak of vonnis kan gee nie.

Gatvol ·

Jason Rhode wou nie skei nie want hy was te lief vir sy geld en as hy sou skei moes hy sekerlik ruim voorsiening maak vir Susan en die dogters. Toe kies hy die ander uitweg…. Sit jou robbies!

Tammy ·

Hy probeer homself los lieg. . Pleks hy bly stil en vat sy pakslae wat nog op hom wag. Die samelewing het nie sulke gemors nodig . Hoop hy bly lewenslank in aanhouding. Dierbare Susan is verneder en verniel deur die rondloper gemors en tot die einde het sy n trotse dame gebly. Sy was n besonderse vrou en het beter verdien. Hoop die regter vra hom waar die kneusings en beserings aan Susan se liggaam vandaan gekom het….hulle was mos in een kamer voor sy dood is?????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.