Rohde se ma pleit om versagting van vonnis

Jason Rohde (Foto: Henk Kruger/ANA/African News Agency)

Die ma van die veroordeelde moordenaar Jason Rohde het die Wes-Kaapse hooggeregshof Maandag versoek om toegeeflik te wees ter wille van sy kinders, wanneer sy vonnis bepaal word.

Brenda Rohde het ter versagting van vonnisoplegging getuig. “Hy het ʼn hart van goud. Ek is baie lief vir hom, net soos sy pa, sy susters, sy tannies, ooms en neef en niggies. Hulle het hom deurgaans ondersteun. My kleinkinders is baie lief vir hul pa en ek vra die hof om toegeeflik te wees, al is dit net vir sy kinders.”

Vonnisverrigtinge het Maandag hervat ná die hof op 6 Desember verdaag het.

Rohde is in November verlede jaar skuldig bevind op aanklag dat hy sy vrou, Susan Rohde, in Julie 2016 vermoor het. Hy het Kersfees agter tralies deurgebring by Pollsmoor-gevangenis ná sy aansoek om borgtog, hangende vonnisoplegging, deur regter Gayaat Salie-Hlophe afgekeur is.

Brenda het aan die hof gesê haar seun “was nog altyd baie goedhartig en vriendelik”. “Ek weet dit is wat baie ma’s sou sê, maar Jason is ʼn goeie, lojale en sagmoedige mens. Hy is baie stil. Hy kan soms kwaad word, maar dan is hy stil en loop weg. As ʼn seun was hy baie goed vir ons. Hy was nog altyd daar vir ons.”

Twee van Rohde se vriende het vroeër oor sy karakter in die hof getuig. David Craig Livingstone, wat Rohde sedert 2015 ken, het die hof versoek om Jason in die belang van regverdigheid en empatie te vonnis.

ʼn Tweede getuie, Craig Fleischer, ook ʼn vriend van Rohde, het gesê: “Ek bid dat die regte besluit gemaak en die regte vonnis vir Jason opgelê sal word.” Hy het aan die hof gesê Rohde se vriende is besorg oor hom en het hom “deur hierdie emosionele fase ondersteun”. “Daar is baie ondersteuning vir hom. Daar is vriende van Engeland wat gekom het om hom te ondersteun. Hulle sal ook graag hier wil wees vir die vonnisoplegging.”

Fleischer het gesê hy is al 20 jaar lank vriende met Rohde. “Ek voel ons het nog nooit baklei nie. Ek het hom nog nooit met iemand sien baklei nie. Ek het nooit gehoor dat hy sy stem verhef nie. Hy het my nog altyd gehelp. Hy is ʼn ongelooflike vriend. Hy word deur al sy vriende gerespekteer. Ek verteenwoordig omtrent 30 of 40 van sy goeie vriende in Johannesburg.”

Rohde, die voormalige uitvoerende hoof van Lew Geffen Sotheby’s International, is skuldig bevind op aanklag van Susan se moord en dwarsboming van die gereg dat hy dit soos ʼn selfmoord wou laat lyk. Susan se liggaam is in ʼn geslote badkamer gevind in ʼn kamer by die Spier-wynlandgoed buite Stellenbosch wat sy op 24 Julie 2016 met Rohde gedeel het. Sy het ʼn elektriese koord om haar nek gehad. Die koord was vasgemaak aan ʼn haak agter die badkamerdeur.

Die saak duur Woensdag voort.

Lees alle vorige berigte oor Jason Rohde op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Reynete ·

Met bloed aan sy hande kan hy nie so sagmoedig wees nie….

Y Fourie ·

Interessant hoe ‘n “goeie, lojale, sagmoedige mens” wat “nooit kwaad word” en “gerespekteer” word deur sy vriende, sy eie vrou koudbloedig kan vermoor, EN dit probeer verbloem as selfmoord..
Of dalk verstaan ek nie die logiese kant van dinge?

Snowball ·

Wie pleit namens Susan Rhode? Wie vra vir versagting vir haar? Wie pleit dat sy nie verneuk, verneder en vermoor sou word nie, want sy het ‘n sagte hart gehad, want was ‘n goeie ma vir haar kinders en ‘n getroue huweliksmaat vir haar man? Wie sal intree namens Susan Rhode?

Delnese ·

Die hof moet toegeeflik wees met sy vonnis, wat maak hom beter as vir Susan, kon hy nie toegeeflik teenoor haar wees nie

Gert van Wierdapark ·

Elke ma reken mos maar hul seun(tjie) het harte van goud! Rohde se ogies het gedwaal soos Dawid van ouds, en nou moet hy sy moord se straf soos ‘n man vat, voete van klei en al. “Finish en Klaar” soos wyle Jackie Selebe se gesegde was.

DS ·

Oop oge wat is fout met jou? Trou maak jou nie iemand se EIENDOM nie! Maar om trou te beloof beteken wel om getrou aan die EEN persoon te wees. Ek is NIEMAND se eiendom nie maar ek is wel my man se vrou en wederhelfte.

ANNA ·

HEMELSE VADER…WEES NET ASB. MÝ TWEE SEUNS GENADIG EN BEHOED EN BEWAAR U, HÚLLE…OM NOOIT, IN SOORTGELYKE SLAGYSTERS VAN SATAN,OOIT TE TRAP…MAAK HULLE TOE MET U,SEUN SE KOSBARE BLOED IN LIGGAAM, SIEL EN GEES…EN PLAAS Ú BESKERMINGSENGELE OM HULLE…

en…Vader,Vertroos ook asb,Jason Rohde, en Susan Rohde se kosbarekosbakinders arme kinders,familie+geliefdes se gebroke harte en gee hulle Krag…hulle het nié gevra,om aan die anderkant te staan nie…en mag hyself,terugkeer na U.

Ennn…Vader,laat ék eerder voor U neerbuig in aanbidding en swyg voor U

ANNA ·

JAMMER…my gebed moet eintlik lees…arme kosbarekosbare kinders

Agie ·

Daar is geen ander norm wat beter van toepassing is as :

Jesus is tussen 2 moordenaars gekruisig
Een het tot inkeer gekom en gevra ‘ dink aan my’
Daardie moordenaar het onmiddellik vryspraak ontvang en aan die kruis gesterf

Sy siel is vrygespreek en sy liggaam het gesterf

Jason het ‘n lang pad van huweliksontrou geloop en volhard én moord gepleeg én in die hof onder eed gelieg

Laat hom lank genoeg SIT?

Sanet ·

ONGEAG…WÁTOOKAL…dié hele verhaal is onbeskryflik tragies, vir my, van voor tot agter…
MY HART BLOEI VIR BEIDE FAMILIES ??? BAIE STERKTE AAN ALMAL?

Ben ·

Hoekom sê sy vrou, Susan se familie niks nie? Hulle bly doodstil!

Carina ·

Die patetiese wrede moordenaar is jou seun Mev Rhode. Niemand kry hom jammer nie. Hy kan nou nuwe pelle in die tronk mask.

BlinkStephaans ·

Julle wat hom soooo goed ken… en so verseker weet van sy hart en sy goedheid en al sy mooi deugde… dan het julle seker ook geweet van sy ander verhouding? Wie van julle het toe jul monde oopgemaak vir die kinders se onthalwe of om dit wat goed en mooi was van die oorledene te beskerm? Julle het hier tedoen met ñ karakter wat julle van geen kant af sal herken as julle hom agter toe deure moes raakloop… en daar loop nog vele sulkes tussen ons. Julle is gebreinspoel en blind.

MC ·

Ek stem Agie! Laat hom laaank sit, maak nie saak wat die omstandighede was nie
Hy het geen reg gehad om aan haar te doen wat hy gedoen het nie, laat hy nou kry wat hom toe kom..

LÍEWE GENADE,TOG! ·

“EN JESUS ANTWOORD HULLE…LAAT ENIGE PERSOON…WAT GÉÉN SONDE HET,DÍE EERSTE KLIP GOOÍ…”

LÍEWE GENADE,TOG! ·

“LET HIM…WHO IS WITHOUT SIN, AMONG YOU…BE THE FIRST…TO THROW A STONE…” john 8:7

Arno ·

VERSAGTING?
Het Susan enige versagting gekry? Nee, sy het die doodstraf, onregverdig, gekry. Ma en vriende van Jason……DIT is wat hy verdien.

lulu ·

As hul so pleit vit hom kom die gesegte by my op
Stille waters
diepe grond
onder draai die duiwel rond

Natascha ·

Hy is soo skuldig. laat hy boet vir die onskuldige lewe wat hy geneem het.
Niemand het die reg om ander se lewens te neem.
As jy moeg is vir iemand skei eerder, waarom moor?
Jammer vir die kinders, maar as mens een maal weg kom met moord sal jy dit weer doen.

AH ·

Ek voel jammer vir sy Kinders. Hy het hulle Ma koelbloedig van hulle weggeruk. Waar was die versagtende omstandighede toe? Dit is duidelik dat hy nie sy Kinders se belange op die sogenaamde “sagte” hart gedra het toe hy sy vrou geslaan en verwurg het nie. Ook nie toe hy dit na selfmoord wou laat lyk nie….As ‘n Ma kan ek nie indink hoe sy Ma voel nie, maar haar kosbare, saggeaarde seun hét die ondenkbare gedoen en moes eintlik met sy lewe geboet het. Helaas is dit nie ‘n opsie nie, so hy moet vir die res van sy lewe nie weer die buitekant van die tronk sien nie.

corne ·

Tannie ek hoop jy lees die berig en komentaar.Wonder of jy ook sou pleit vir n ligter straf as dit jou seun was wat vermoor was????

jakes ·

Die getuienis ter versagting sal ongelukkig vir hom niks tel wanneer Rhode gevonnis word nie. Vir moord en verkragting moet daar buitengewone feite ter Tafel gele word om n regter so te beinvloed dat hy n mindere vonnis ople. Hy is wel n eerste oortreder en mag dalk wegkom met n 20 jaar vonnis ipv lewenslank. Om groener weivelde te soek terwyl jy getroud is bring net spyt en hartseer terwyl Rhode se hele lewe nou verwoes is en hy ook sonder sy skelmpie sit.

Suanette Ludick ·

Hou van jou antwoord Jakes, voel dieselfde as jy.

Domvraag ·

Hy het geen genade vir sy vrou gehad nie. Dit neem ongeveer 4 minute om iemand te versmoor. Saggeaard ? Ekskuus ? Nie net n moordenaar nie, maar ook n leunaar, verneuker, agterbaks ens. Omdat hy gepeuter het met die misdaad toneel, moet dit verswarende omstandighede wees.

Meisiemens ·

Almal wat my man ken sal ook getuig watse goeie mens hy is. Voor ‘n gehoor is hy vreeslik lief vir my en kids en is die beste man en pa.

Sodra die gehoor weg is, en dit net ons is…. Verander die hele prentjie.

MW ·

‘n Saak het gewoonlik drie kante, myne, joue en die waarheid. Het hy dalk gevaar geloop om die helfte van sy boedel te verloor in geval van bv ‘n egskeiding? Jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie dood slaan nie… Vir ‘n normale man op die straat moet iets darem verskriklik verkeerd loop om oor te gaan tot moord, veral op sy gade. As hy haar dalk per ongeluk gestamp en sy geval en hy onmiddellik oorgegaan het om mediese hulp te verkry sou mens kon verstaan maar die hele storie ruik na muishond. Te fyn beplan. Van die koord tot die sleutel en weg van die huis. Ek dink maar net hardop. En soveel lewens nou opgevoeter agv

Suanette Ludick ·

Net jammer hy was nie die saggeaarde man toe hy sy vrou vermoor het uit lust vir sy minnares nie. As ‘n regter hom ‘n versagtende vonnis gee oor sy familie wat pleit, is dit bitter onregverdig. Wat van Susan se familie, moet hulle net suffer.

Elsie ·

My goodness… So he is a very good man to everyone around him but the person you suppose to love and protect you murder!! That’s ok with society? No I am sorry… I don’t agree… Let him rot in hell!

Wie weet ·

liewe genade tog Ek stem 100% saam met jou Ek kan nie glo mense oordeel so nie dis God se werk Die man is mos nou skuldig bevind en die wet sal sy gaan gaan Nie almal in tronke is slegte mense nie hulle het foute gemaak Onthou net ons is ook mense met voute

Susan de Klerk ·

As hy so wonderlike mens is hoekom die affair – kon haar geskei het en sy wonderlike mens by die ander vrou uitgelewe het – wonderlike mens? sy vrou vermoor aan wie ewig liefde beloof het. Nee wat!!!!!!!!!!!!!!

jj ·

Die ergste is Susan het uitgevind van die affair en Jason (wat toe al begin lieg het) het haar gese hy het sy affair beeindig. Maar toe het hy nie. En daardie naweek het sy uitgevind hy het nie, en haar lewe is beeindig. Toe lieg hy ook nog verder vir die hof. Ag nee ek hoop hy sit regtig lank. Sy kon ‘n beter man as hy gekry het en aangegaan het met haar lewe.

A Mac ·

Partykeer is daar goed wat gebeur wat net mens se verstand te bowe gaan. Dis net jammer dat daar niemand is wat vir Susan kan praat nie. Soos mense die man se goeie deugde en wat ook al besing is weereens ‘n teken van ons tyd. Maak soos jy wil, jy het nie nodig om verantwoordlikheid te aanvaar nie want daar is mense wat sal glo dat jy dit nie gedoen het nie en jou sal verdedig. As hy so goed was soos almal sê, hoekom hoegenaamd ‘n buite-egtelike verhouding, moord en dan lieg daaroor?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.