Rohde-uitspraak: ‘Susan wou ʼn beeld vir die wêreld voorhou’

Susan en Jason Rohde. Foto: Facebook

Regter Gayaat Salie-Hlophe het Donderdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof haar uitspraak in die moordsaak teen die sakeman Jason Rohde begin deur ʼn prentjie te skets van die gebeure die aand van 23 Julie 2016 in kamer 221 van die hotel op die Spier-wynlandgoed, ure voordat Susan Rohde dood in die badkamer van dié kamer aangetref is.

Die Rohde-egpaar het die naweek van 22 tot 24 Julie 2016 Sotheby’s International Realty se jaarlikse geselligheid op dié wynlandgoed buite Stellenbosch bygewoon.

Salie-Hlophe het om 10:00 begin om ʼn 38 bladsy lange opsomming voor te lees van haar uitspraak wat in sy volledige vorm 258 bladsye lank is.

Sy het eers vertel van Jason Rohde se buite-egtelike verhouding met Jolene Alterskye, die rede vir die gebeure wat glo tot Susan se dood gelei het. Salie-Hlophe het gesê die hotelkamer op die wynlandgoed het die toneel geword van die laaste oomblikke van Susan se lewe, “’n lewe wat beslis kortgeknip is in haar fleur in die ouderdom van 47 jaar”.

Salie-Hlophe het in haar uitspraak gesê Rohde het in sy pleitverduideliking erken dat hy ʼn buite-egtelike verhouding met Alterskye gehad het, dat sy huwelik hieronder gely het en dat hy belowe het om die verhouding te beëindig, maar dit nie gedoen het nie. Die regter het gesê dit is duidelik dat Susan hieroor emosioneel baie swaargekry het.

“Susan het in stilte gesukkel en wou ʼn beeld vir die wêreld voorhou van ʼn perfekte, prentjiemooi egpaar.” Sy het gesê Susan het lank voor die konferensie op die landgoed al begin beplan aan die uitrustings wat sy sou aantrek en het selfs botoks gekry om seker te maak dat sy op haar beste lyk en Alterskye, wat ook by die konferensie sou wees, sou oorskadu.

Jason Rohde (Foto: Henk Kruger/ANA/African News Agency)

Salie-Hlophe het in haar uitspraak teksboodskappe voorgelees wat Jason die aand voor Susan se dood aan Alterskye gestuur het: “Ek is gefrustreerd. Ek kan nie by jou, die een wat ek wil hê, wees nie. Is jy nog lief vir my? Al wat ek kan doen, is dink aan jou. Ek wil skree van frustrasie. Ek wil niks anders in my lewe hê behalwe vir jou nie.”

Die oggend van 24 Julie 2016 is Susan se liggaam in die badkamer van die hotelkamer gevind waar dit met ʼn elektriese koord om haar nek aan ʼn haak van die badkamerdeur gehang het. ʼn Geregtelike doodsondersoek is aanvanklik gedoen aangesien dit geblyk het dat Susan haar eie lewe geneem het. Die saak is later na moord verander nadat ʼn nadoodse ondersoek deur die staat daarop gedui het dat die oorledene vermoor is.

Rohde is later in hegtenis geneem en aangekla van moord en regsverydeling. Hy het onskuldig gepleit op die aanklagte teen hom.

Salie-Hlophe het in haar uitspraak deur die getuienis gegaan van verskeie getuies wat tydens die verhoor getuig het, insluitend hotelpersoneel, werknemers van Sotheby’s, die ondersoekbeampte en forensiese spesialiste.

Die uitspraak duur voort. Hou Maroela Media dop vir meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

My 2c ·

Hoop nie hy gebruik die agente van Sotheby’s se kommissie om sy regskoste te betaal nie. Of die fondse in sy trust rekening nie. Se maar net. Soos ek se MY 2c.

Susan ·

Ek was in die selfde situasie en die madam vlug toe NZ land toe maar los ‘n gelukkige huwelik wat sy eers prober verbrokkel het net so waar oor ek ook nie kan kom nie. Want sy wou my man saam haar NZ toe geneem het maar nooit gedink hy het kinders hier wat vir hom lief is nie. Jeanine jy sal nooit kan geluk vind nie vir die hartseer wat jy aan ander gedoen en en aan nog ander families ook waar jy betrokke was met hulle mans wat jy dieselfde gedoen het. Die Here sal jou straf op sy tyd dan wil jy jou self ‘n Christen noem wens sy kan dit lees in NZ en weet hoe voel ons vrouens hier oor sulke vrouens wat getroude mans prober afrokkel van hulle gesinne af. Dit is klip Christene wat op hul FB plaaas hoe groot Christene hulle is. SKANDE. en dit dit wanneer vrouens ingee oor ander ongevoellose vrouens wat niks voel nie net huwelike wil opbreek soveel as wat hulle kan. Geld duiwels dit is waaroor dit gaan geld wat op hulle gespandeer word…………

Sonskyn ·

Sjoe, wat ‘n toeval… jou naam is Susan en jou man se eks minnaar se naam is Jeanine (anders gespel).

nadia ·

@maroela… asb sit ‘n update op HY IS SKULDIG !!!! WHOOP… hy sal seker appeleer

Hannelie ·

Ek van die begin geweet hy is so skuldig as wat kom. Want net die feit dat die “ander” vrou ook oral is en daar was en sy sms boodskappe…..wys duidelik sy pragtige vrou is ‘n las of was ‘n las vir hom. Hy het haar in sy frustrasie vermoor en nog om die moord te “stage” ook, hel die ou is gevaarlik. Hy moet lewenslank sit.

Mimi ·

Die arme Susan het n baie pynlike dood gesterf. Dit moes hel vir haar gewees het …. Rhode sal wel daai orentjie van sy hande om haar nek nooit vergeet nie….mag dit hom teister. Dis so jammer dat vrouens aan n verhouding wil vashou as dit reeds deur n buite-egtelike verhouding EN n man wat GEEN BEROU het nie, in twee gebreek is. My eie familielid is so deur haar man vertrap oor en oor. Eindelik het sy nou losgebreek uit daardie emosionele/ sielkundige mishandeling. Rhode glo sy eie leuens en het n uitdagende arrogante houding! Als behalwe n onskuldige mak persoon.

nico k ·

Ek verstaan nie hoekom het hy nie maar net geskei nie. Omdat hy die helfte van sy geld vir sy vrou moet gee? Hy het dan so baie.

Jen ·

Ek is so bly hy is skuldig bevind. Susan was ‘n pragtige vrou, ek kan my net voorstel waardeur sy moes gaan toe sy uitvind van die verhouding. Arme kinders wat nou ma-loos agterbly.

Absoluut ·

Absoluut- hy moes nou alles vir sy regsspanne gee en hy is nogsteeds nie vry nie.

Anoniem ·

Nou het Hy net Sy gewete, hoe kon ‘n Pa dit aan Sy pragtige kinders doen ! Ja LUST dryf Jou daarheen ! Dit is soos ‘n DWELM Gaan vra vergifnis by G O D !!!!!

Oordeel ·

Dis net jammer sy kon nie haar kant van die storie vertel nie, want jy hoor net sy kant van die storie. ‘n Storie het altyd 2 kante. Mens moet nooit oordeel nie, wantjy weet nooit wanneer gebeur dit met jou nie.

My 2c ·

Hoop nie hy gebruik die agente van Sotheby’s se kommissie om sy regskoste te betaal nie. Of die fondse in sy trust rekening nie. Se maar net. Soos ek se MY 2c.

Jax ·

Sjoe! Ja getroude mans wat verhoudings het vernietig almal…arme kinders wat agterbly! Maar so vernietig hy toe homself ook!

Peter Holmes ·

Op Crime Channel se hulle. Three reasons for murder. Money, sex or revenge !!!!

Cherokee ·

Jolene Alterskye – pasop vir jou karma. Jy het geweet hy is getroud.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.