Rohde ‘voel verantwoordelik’ oor vrou se dood

Jason Rohde. Foto: Armand Hough/ANA

Die Wes-Kaapse hooggeregshof het Donderdag gehoor Jason Rohde voel verantwoordelik vir die dood van sy vrou.

“Hy voel verantwoordelik vir die dood van sy vrou weens die buite-egtelike verhouding en het diep berou oor wat hy aan sy familie gedoen het.”

Só het dr. Kevin Stoloff, Rohde se psigiater, Donderdag getuig nadat adv. Graham van der Spuy, Rohde se regsverteenwoordiger, hom as eerste getuie ter strafversagting van vonnis geroep het.

Rohde is op 8 November skuldig bevind aan die moord op sy vrou, Susan, op 24 Julie 2016.

Stoloff het getuig Rohde is sedert 8 September 2016 tot op hede sy pasiënt. Hy het hom op 13 November 2018 die laaste keer gesien in die hospitaalvleuel van die Pollsmoor-gevangenis. Volgens Stoloff was Rohde baie bekommerd oor sy dogters en hoe die hofsaak hulle beïnvloed. Hy was ook baie bekommerd oor sy ma.

Volgens Stoloff was Rohde se geestelike toestand tydens die ontmoeting in skrille kontras met sy toestand in Januarie vanjaar toe hy behandeling ontvang het vir erge depressie. Daar is toe bevind Rohde het selfmoordgedagtes en geen hoop vir die toekoms gehad het nie. Tydens verlede maand se ontmoeting het hy nie meer simptome van erge depressie of selfmoordgedagtes getoon nie. Hy het volgens Stoloff ook weer ʼn bietjie hoop vir die toekoms gehad.

Jason en Susan Rohde Foto: Facebook

Stoloff het hierna getuig oor Rohde se persoonlikheid. “Ek het hom oor die afgelope twee jaar leer ken. Hy is ietwat van ʼn private persoon. Hy het ambisie en is suksesvol. Voor 2016 se gebeure was sy selfbeeld meer as voldoende.” Volgens Stoloff is Rohde ʼn gelykmatige persoon en is daar nie ʼn geskiedenis wat aandui dat hy uitbarstings van woede kry nie.

Daar is ook getuig dat Rohde geen persoonlikheidsgebreke het wat aan geweld wat in intieme verhoudings voorkom gekoppel word nie. Volgens Stoloff pas Rohde nie in die kategorie van mans wat hul vroue vermoor nie. Hy was nie magsugtig nie en is ook nie ʼn jaloerse persoon nie, volgens Stoloff.

Stoloff het tydens sy getuienis sy kommer uitgespreek oor Rohde se huidige geestelike toestand. Hy het gesê sou Rohde weer depressief raak, wat volgens hom heel waarskynlik is, moet hy behandeling ontvang en in die tronk waar hy is se hospitaalvleuel opgeneem word.

Van der Spuy het Stoloff versoek om meer inligting te verskaf oor sy ontmoeting met Rohde in Januarie toe hy baie depressief was. Stoloff het getuig dat hy medikasie voorgeskryf en aanbeveel het dat Rohde opgeneem word vir behandeling. Hy het toe getuig oor die twee polisiebeamptes wat by sy deur opgedaag het in Februarie en daarop aangedring het dat Rohde hof toe gaan al was hy opgeneem.

Regter Gayaat Salie-Hlophe wou egter weet of hierdie inligting relevant is vir getuienis ter strafversagting. Salie-Hlophe en Van der Spuy het in ʼn woordewisseling hieroor betrokke geraak. Salie-Hlophe het die hof verdaag nadat Van der Spuy sy vinger na haar gewys het. Die saak duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Marcel ·

Ai tog. Het jy destyds maar net nie getrou nie.
Dan was jy nou ‘n sieltjie sonder sorge. Baie geld, baie vrye tyd.
En jy kon openlik met enige vrou ‘n verhouding aanknoop.

Lientjie ·

Almal stenig hom omdat hy ‘n buite egtelike verhouding gehad het, maar hoeveel mense daar buite het NIE ‘n buite egtelike verhouding nie. Daar is meer buite egtelike verhoudings as wat ons dink!

quo vadis ·

baie tragies maar ek dink ook sy het selfmoord gepleeg….probeer ‘n dooie gewig agter ‘n deur ophang…..

Helene Heyns ·

Nou vra ek jou Alida, waar kom al daardie beserings aan haar, vandaan? Ek het ook aanvanklik gehoop hy is onskuldig maar nadat ek gelees het van haar erge beserings, het ek nie meer hoop gehad nie.

Sê maar net ·

Ek stem saam met jou Alida. Ek is ook oortuig daarvan dat hy haar nie vermoor het nie.. Hy is nie daardie tipe mens nie

Hannelie ·

Rerig? Ek twyfel, hy is skuldig. Hom skuldig gemaak aan ontrouheid. Hom skuldig gemaak aan geweld en moord

AaiLientjie ·

Ja Lientjie, baie mense het buite egtelike verhoudings, maar maak nie hulle vrouens dood nie. Hy het seker gedink hy gaan te veel geld verloor as hy moet skei, nou het hy ALLES verloor. Hy is skuldig, daar is te veel bewyse teen hom. Hy het sy kinders se lewe opgeneuk. Dit is alles sy skuld.

Alki ·

Hy voel verantwoordelik want hy IS verantwoordelik, die skoen pas hom, hy moet dit dan maar aantrek en dra

Rooikop ·

Hoekom het hy maar nie net geskei en die helfte van sy rykdom vir sy vrou gegee nie ?
Sou dan minder probleme gehad het as nou …………… Nou gaan hy lewenslank sit en sy
dogters kan hom dalk vir ewig verwyt ……………

Lindtjies ·

Ek lees vroeër dat haar boedel R4 miljoen was. Uit daardie geld is sy regskostes betaal en nou bly daar net R80 000 vir die kinders oor. Hy moet sleg voel oor hy sy kinders sonder ‘n ma laat en ook sonder ‘n erfporsie

Boedel ·

Lindtjies, moenie alles glo wat jy lees nie. ‘n Boedel sal nie sommer net uitbetaal nie, veral nie aan ‘n persoon wat moontlik aan haar dood skuld het nie. En wat van die kinders? Hulle sou mos darem ook iets geërf het?

Sjoe ·

Sjoe Hendrik, maar jy weet baie, in sy getuienis was daar ander stories oor geld.

Santjie ·

Ja Hendrik, miskien is hy R70 miljoen sterk, maar dit gaan nie nou sy kinders help nie – dis in al hierdie soortgelyke gevalle waar ouers/vrou vermoor is hartseer dat mense so ver gaan.

christa ·

snaaks nou het hy berou. Hy wat n slimkop is het gedink hy sou loskom en toe het hy nie berou gehad nie. Hy moet maar sy tyd omsit net soos al die ander moordenaars

Geregtigheid ·

Hierdie ou het geen skuld beken nie. Ek glo ook nie dat hy haar vermoor het nie. Alleen kan niemand n dooie liggaam agter n deur ophang nie. Hoop die waarheid sal seevier.

Ekskuus ·

Natuurlik kon hy haar optel en hang… sy was ‘n klein, fyn vroutjie. Die waarheid het geseevier.

MARTIN ·

Waar staan dit dat hy haar agter die deur opgehang het? Sy het in die badkamer gelê, met die eletriese koord om haar nek vasgemaak aan ‘n haak aan die deur, met veelvuldige beserings….Onder andere skaafmerke aan beide kniee’. Sy is oor n afstand oor die mat in die kamer gesleep. Gebreekte ribbes, sy is op haar oog geslaan deur ‘n vuis met ‘n ring aan, Haar grimering was duidelik op haar kussin afgedruk, soos wanneer iemand versmoor word. .

VanAfrika ·

Haar ribbes is gebreek omdat hy haar met sy knieg vasgepen het en haar geslaan het. Sy het n aaklige dood gesterwe, deur iemand vir wie sy lief was.

Morne ·

Ek stem hy is skuldig aan die beserings wat op haar toe gedien is as ook die moord maar om nou sy kinders hierby te betrek is nie reg nie en ook om nog gelde te vat……ek dink ons oordeel dalk te vinnig tw maklik sal ons ooit regtig weet wat gebeur het nee ons lees en glo wat gebeur het

Magaretha van heerden ·

Klink vir my hy is jammer om versagting te kry in sy vonnis. Spyt kom altyd te laat. Ek wil hom nie veroordeel nie want hy sal vir die res van sy lewe spyt wees.

Johan ·

N Vier miljoen regspan kon hom nie vry kry nie,hys so skuldig soos kan kom.Dis oor naiwiteit en arogansie dat hy hom in wanhopige situasie bevind….baie soos n sekere Mnr Pretorius… .Hierdie persone hierbo en elders wat dink hys onskuldig,skrik wakker.

Janee ·

Barry Grootlawaai? Asof oscar toe losgekom het? Of is dit barry grootfooi?

Elizabeth ·

Die wet dat n vrou gedagvaar word vir huis opbreek moet weer ingestel word. Dit sal die loslappie mans en vrouens lat dink voor hulle huis op breek en kinders se lewens vir altyd skend… Ja ek dink hy is skuldig maar die “vrou” is net so skuldig en moet saam met hom tronk toe gaan.

Poppie ·

Daardie arme vrou was nooit opgehang nie. Verbeel jou jy wil selfmoord pleeg en jouself hang. Dan moet jy seker op die vloer sit met die tou aan die knop boontoe vasgemaak. Dan moet jy seker net omval sodat die tou jou kan wurg. En nou is hier mense wat naief (ingesluit familielede) om te glo sy het selfmoord gepleeg. Al die bewyse dui beslis daarop dat dit NIE selfmoord was nie. Dit is hoekom die regter hom skuldig bevind het.

Lindtjies ·

Boedel. die presiese woorde wat ek in vanoggend se Burger Koerant gelees het is as volg: David Anderson wat in beheer van Susan se boedel is het die finansiële uitgawes sedert haar dood uiteen gesit. Van ‘n boedel wat meer as R4 miljoen sterk was, is daar net tans R80 000 oor. Van die geld is aan die drie dogters se opvoeding en verblyf betaal. En sowat R2,9 miljoen was vir regsuitgawes van Jason Rhode.

toy ·

Bloedige hand erf geen geld, maar hy het seker darem van sy eie geld gebruik vir sy saak.

Ilise ·

Hy is ‘n vieslike mens. Daar is geen twyfel daaraan nie! Hy is ‘n moordenaar. En hy het gedink hy gaan gelukkig wees sonder haar. Maar die Woord se die oordeel kom jou nie toe nie. Ek glo en vertrou dat geregtigheid sal seevier. So jammer…..

sam ·

ek glo ook hy is onskuldig. bewyse teen hom nie feitlik genoeg nie. regter nie opgewasse nie. eintlik tragies!

Realis ·

Geen empatie nie!! Hy het sy tronkbedjie gemaak, so hy moet hom maar slaap…….

Nel ·

Omdat alle sonde teen God gepleeg word lei dit tot Goddelike veroordeling, ongeag van hoe klein dit is (Romeine 6:23). Dus jy wat so kwistig oordeel pleeg ook sonde!

Sê maar net ·

Ons sal almal graag in sy onskuld wil glo. Hy is egter skuldig bevind op grond van forensiese bewyse. Die feit dat hy openlik ‘n buite-egtelike verhouding gehad het – sê baie van sy karakter. Voel jammer vir kinders en familie wat agter bly.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.