Rohde: Vriend vra ‘regverdige’ vonnis

Jason Rohde (Foto: ANA)

ʼn Vriend van die sakeman Jason Rohde het die Wes-Kaapse hooggeregshof gevra dat Rohde met “regverdigheid en empatie” gevonnis word.

Rohde, wat verlede jaar skuldig bevind is aan die moord op sy vrou Susan, het Maandag in die hof verskyn waar vonnisverrigtinge hervat het nadat die saak op 6 Desember verlede jaar uitgestel is.

David Craig Livingstone, wat sedert 2015 met Rohde bevriend is, het ter strafversagting vir Rohde getuig.

Adv. Graham van der Spuy, Rohde se regsverteenwoordiger, het Livingstone Maandag gevra of hy iets ter versagting van sy vriend se vonnis wou byvoeg, waarop hy geantwoord het: “Ek wil net die hof vra dat Jason in die belang van regverdigheid en met empatie gevonnis word. ʼn Swaar vonnis sal uiters skadelik wees vir sy drie dogters wat hy baie liefhet,” het Livingstone gesê.

Susan se lyk is op 24 Julie 2016 is in ’n geslote badkamer in ’n kamer by die Spier Wynlandgoed Hotel in Stellenbosch aangetref. Sy het aan ’n elektriese koord om haar nek aan die agterkant van die badkamerdeur gehang.

Rohde, destyds die uitvoerende hoof van Lew Geffen Sotheby, het ná die moord aangevoer dat sy vrou selfmoord gepleeg het. Die hof het egter tydens die verhoor bevind sy weergawe van die gebeure kan nie waar wees nie.

Lees alle vorige berigte oor Jason Rohde op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

81 Kommentare

Hoeveel empatie verdien moordenaars? ·

Net so regverdig en met dieselfde empatie as wat hy die ma van sy kinders (wat hy baie lief het, maar nie lief genoeg om hulle ma te laat lewe nie) behandel het toe hy haar eers verneuk en toe vermoor het….

Marinda ·

Ongelooflik! Hoe lief is sy kinders vir hom nadat hy hul ma vermoor het.?

Santjie ·

Hy moes al aan sy 3 dogters gedink het toe hy begin rondkuier het.

Gollie ·

Geen simpatie met hom nie regtig hy moet tronk lewenslank.

René ·

Rhode gebruik sy dogters net as verskoning vir n ligter vonnis. Hy is n volwasse regdenkende man wat sy vrou en gesin 1ste moes stel, maar sy besluite wat hy geneem het om sy vrou se lewe te neem, moet hy verantwoordelikheid neem.

LMK ·

Werklike bewyse deur sydade en optrede, Eerstens is hy nie net moordenaar nie maar ook leunaar, deur openlik te lieg
“sy vrou het selfmoord gepleeg”
Nooit het hy een oomblik aan sy kinders gedink toe hy die Euwels Beplan het, want per toeval was dit Nie…
Mag ons Hemelse Vader Geregtigheid laat geskied en so ook die Regter Wysheid gee, nie soetsappige sagmaak leuns in ag te neem nie.

Sandra ·

Hulle ma het hulle ook baie lief gehad, maar die voorreg om hulle te sien groot word is haar wreed ontneem.

Nettie ·

@Sandra, ek weet nie of jy die hofsaak in alle erns gevolg het nie, maar die 3 Rohde-“dogters” is al almal mooi, groot, volwasse jong vroue.

Osie ·

Aan David Livingstone: jy vra vir reverdigheid en empatie? Waar was dit toe Rhode sy vrou verwurg het en haar familie en haar dogters van ‘n ma weggeruk het? Verby lagwekkend! Sluit hom toe en gooi die sleutel weg!

VanAfrika ·

Nee Boeta as hy sit moet hy sit. Hy het nie vir sy vrou n regverdige kans gegee nie. Sy gaan nie haar kinders sien matriek skryf nie, sy gaan hulle nie kan help om die materiaal vir hulle matriek afskeid rokke kies nie en sy gaan nie hulle in hul matriek afskeid rokke sien nog minder hulle 21ste verjaardae en hulle troues en hulle babas. Sy mis elke spesiale geleentheid om haar dogters te sien ontdooi. Hy het al daardie voorregte van sy vrou en haar dogters ontneem. Nee wat, laat hom sit.

Stephan Cronje ·

Mnr. Livingston… jy weet… rerig. Ek weet nie of jy ñ vrou het… maar watter vrou gaan enigsins jou vertrou of toe oë kan slaap wetende dat jy soveel empatie vra vir ñ man wat nie ñ kriesel daarvan gegee het toe hy die daad gepleeg het. Jou optrede wek kommer en jy sal verseker altyd onthou word as die man wat gevra het dat ñ veroordeelde moordenaar asb net mooi saggies behandel moet word. As ek jy is verander ek my naam en trek na ñ ander land. Ons veg elke dag in hierdie land om geregtigheid te laat wen… en jy vra dit?

Erica B ·

Arme Susan het geen genade ontvang, hy het haar diep verneder en is SKULDIG bevind aan haar moord. Waar was die regverdigheid toe sy en haar dogters dit toe nodig gehad het. Vat jou pak soos die man wat jy jou aan jou minnaarres uitgehou het Jason. Sy behoort ook haar kop in skaampte te hang, het geen genade vir sy vrou gehad nie.

Emma ·

Nie n verskoning om jou vrou te vermoor nie hy moes aan sy kinders gedink het voor die moord. Geen simpatie vir hom nie

Gawie ·

Nee wat hy moet maar die res van sy lewe agter tralies sit. Daar was geen genade vir Susan nie. Ek hoop hulle behandel jou in die tronk soos jy jou vrou behandel het.

Gert van Wierdapark ·

Livingstone ken hom skaars voor die moord – belaglik…. seker die enigste ou wat wou instaan as n vriend na sy droogmaak met sy vrou. Laat Rohde so lank as moontlik sit dan kan hy baie (lang) briewe aan sy minnares kryf. Gee hom boonop ‘n outydse vulpen wat jy in die ink moet druk….. dit sal sy tyd in die tronkpakkie darem bietjie vinniger laat verbygaan.

Susan Deyzel Els ·

Wonder ma net hier word gese sy baie goeie vriend, Maar net vir die laaste paar 5 /6 mde nou is dit goeie vriend, Soos wat Oscar moes sit moet HY ook sit

Lynette ·

Ek wonder net waar was die regverdigheid teenoor jou vrou gewees? Nee wat – tronk toe met jou

Shakira ·

lang stories kort?
as hy dieselfde ma wat daardie kinders in die lewe gebring het
met sy kaal hande kon dood maak…. wat keer hom om aan sy kinders te vat?
net ‘n gedagte…………???????????
ons lees elke dag hier van ouers wat van hulle kinders ontlsae raak en nadese kan niks die land meer skok nie

SjN ·

Hy kon mos van haar skei, het die maklikste opsie uitgevoer en toe boemerang dit, het seker gedink hy gaan nog die polisgeld ook eet, kry vir jou.

Anoniem ·

Nee jong, dis mos makliker om te moor, want om te skei beteken hy sou sy vrou Susan moontlik helfte van alles gee wat hy besit. En ek kan nie help om te dink dat dan sou hy ironies genoeg beter af gewees het nie. Want as hy geskei het, sou sy rykdom minder gewees het maar sy kinders sou darem nog ‘n mamma gehad het en hy sou nie nou in die tronk gesit het nie

Anoniem ·

Ek dink in die eerste plek dit is belaglik vir familie en vriende om ter strafversagting te getuig, dis ‘n mors van die howe se tyd en ‘n mors van die slagoffer se familie se tyd. Niks in die lewe is ‘n geldige verskoning om iemand se lewe te neem nie, geen empatie, of verskoning, gaan daardie lewe terug bring nie. Kinders sit nou sonder ‘n liefdevolle moeder, en ja, hulle gaan nou ook sonder ‘n Vader sit, juis as gevolg van die Vader se selfsugtige optrede, het hy gedink aan sy dogters se Welstand, Beste Belange of Versorging sou hy sy vrou vermoor? Nee hy het nie. Hierdie moord het vir hom nou ‘n slegte reputasie, sy werk kwyt, heel moontlik lewenslank in die tronk en ‘n kaartjie hel toe gekoop. Was hierdie affair nou regtig vir hom die moeite werd? Ek hoop ook sommer dat elke getroude man met ‘n dwalende oog, leer sommer een helse les hieruit. Die gras lyk dalk groener aan die ander kant, maar dis nie te se, jy moet dit gaan SNY NIE.

EP ·

Op daardie noot wil ek net byvoeg dat dit vir my lyk of die howe baie tyd het, want die saak sloer nou al van Julie 2016 .

Wilma ·

Hy moes gedink het aan die nagevolge voordat hy die daad gepleeg het. Lafaard vat jou straf. Sy was n weerlose vrou
Jou kinders se moeder.

christa ·

die derde person behoort ook gestraf te word. Hulle neuk met ander se mans rond en sit in die voorgestoeltes van die kerke. Deesdae is vroue nie eers skaam om te erken dat hulle buiteegtelike verhoudings nie. Hulle beklee hoe poste en slaap rond met enige man wat verbykom. Dit gebeur as maatskappye funksies reel net vir die werknemers.

corne ·

Hy het gelieg en gehoop om daarmee weg te kom.Geen genade nie straf hom hart hy verdien dit met opset n lewe geneem hy het dit nog heel moondlik n ruk lank beplan ook straf hom swaar

Andre ·

Waar is die wat laas jaar geglo het in sy “onskuld”? Forensiese getuienis lieg nie. Reverdig ja, gee hom 50 jaar en beskerm baie ander vrouens.

Elizabeth ·

Maak dit so regverdig soos sy vrou verwag het om regverdig behandel te word nie dood gemaak word nie. Siek mens hoop hulle sluit jou toe en gooi die sleutel weg.

regverdig ·

Ons almal hoop hy kry sy regverdige straf en sit lewenslank, hy het immers n ander van lewe ontneem en al die voorregte waarmee n lewe saamgaan. Boonop moet Susan se geliefdes ook nou saam vir sy gelag betaal. Hy het hul is ontneem van n geliefde familielid en vriendin!

Susan ·

Stem saam. Sit hom weg vir altyd! Hy het sy kinders van hulle ma ontneem. Geen simpatie vir sulke mans / moordenaars nie!!

Stella ·

Ja,Al wat hy daai oomblik gesien het toe hy sy vrou vermoor het was sy lekker tye saam met die skelmpie,keur sy dogters dit dan goed?hulle het tog sekerlik ook n ou maatjie op wie we skouers hulle kan”huil”as hy moet tronk toe gaan?m.a.w.lyk my hulle het klaar hul ma vergeet as hulle die “pa”wil vry he,of genade moet laat kry.

Lizelle ·

Selfs al het hy nie sy vrou letterlik vermoor nie, het hy vir haar gelieg en agter ‘n flerrie aangeloop. Hoe regverdig jy egbreuk en vernietig jou vrou emosioneel

Johanné Steyn ·

Kan daar nóg groter skade aan sy dogters gedoen word as wat hy reeds gedoen het??? Hierdie man en sy trawant leef in ‘n sprokies-oomblik! Asb!!!! Lewenslank!! Anders gaan al hoe meer mans hul vrouens vermoor vir wellus met daai skelmpie.

Darryl ·

Lees Heb 8:12…wie is ons om te oordeel… het ons as n nasie al so verbitter dat ons nou net soos die vyand raak….dit is n tragiese gebeurtenis..n man wat heel moontlik baie lank tronk toe gaan..dogters wat nie n ma meer het nie ..maar n kans het om n pa te vergewe as hulle nie reeds het nie..en n magdom mede burgers wat regstaan om te stenig in hulle eie glas paleise..die sadste is dat ek ook so begin raak het..en in die spieël een oggend gesien het iemand kyk terug na my ,en ek ken hom nie meer nie..dit was dieselfde dag wat ek bsie lank op my knieë deur gebring het..wel die stukkie was my 2 sent bydrae..Blessings

Nicks ·

Aag nee regtig @Darryl. As iemand jou vrou / kind / ouer dood maak??? Gaan jy maar net dadelik vergewe en aan gaan met jou lewe???

@Darryl ·

Om straf vir moord uit te dien, is nie onmenslik nie, dit is aardse straf vir aardse sonde. Die Hemelse Vader loop ‘n ander pad met hom, as hy berou sou hê, maar dit is ‘n hele ander saak. Maar op aarde, word moord gestraf, volgens die wet. Anders sou moordenaars net op Christelike meegevoel en empatie vrygespreek moet word. Dit werk nie so nie. Moenie persoonlike gevoelsgodsdiens verwar met wat reg en verkeerd is nie…..

Rinkhals ·

Darryl, lees weer die 10 gebooie. Daar erens staan geskryf ” jy mag nie doodslaan nie “. Wat van Rhode se kinders wat sonder ‘n ma is ? Rhode verdien, soos alle moordenaars die doodstraf. Hou op om met jou interpretasie van die bybel Rhode goed te praat. Hy is ‘n krimineel – moordenaar.

Elize ·

Regverdige/Empatie = nie Jason Rhode beskore nie. Hy het geen regverdigheid/empatie met sy vrou gehad wat hy vermoor het nie. Hy het haar verneder tot na haar dood. Hy verdien nie een van die bogenoemde wat gevra word nie. Ek hoop die hof het regverdigheid en empatie met die vermoorde Me. Susan Rhode.

Agie ·

Ek stem.
Hy sit nou ‘n erg, bejammeringswaardige, patetiese gesig op
Te laat
Jammer vir sy kinders dat hul ‘pa’ hul ma verneuk en vermoor het.
Laat daai blikskottel SIT
Hy moet sommer baie nagte met sy eie nagmerrie wakker lê

Mariaan ·

Wat n skande…genade vir die man..
Hy het GEEN genade vir sy vrou en ma v sy kinders gehad nie…jou soort moet WEG….en dis nie oordeel nie…dis FEITE…

Neels ·

Sien Mnr Rhode het op daardie staduim nie met sy verstand en met emoatie gedink nie. Sy verstand was onder sy naeltjie en agterna het sy brein oortyd begin werk. So die regter gaan defenetief met n nugter verstand en met die nodige gesag hom vonnis ongeag wat sy “goeie vriend” se. Hoop hy word apel geweier f indien hy appeleer dat die apel hof hom nog n swaarder straf gee.

Saartjie ·

Hy het sy vrou vermoor…. Hy moet lewenslank kry…. HY VERDIEN GEEN GENADE NIE!!!!!!!

Lindtjies ·

Susan Rhode is nie gegun om te leef nie. Haar lewe is wreed kort geknip. Haar man en sy minnares se wellustigheid was die oorsaak daarvan.

Erika ·

Dan mors hy nog ons belastinggeld ook om te sê hy het dit nie gedoen nie.
Wys waste lafaard hy is..en dan lieg hy nog vir sy dogters dat dit nie hy is nie.
Sit boeta, Oscar kom amper uit!

christa ·

wat het die arme vrou deur gemaak die laaste oomblikke? Hoe leef hy saam met sy gewete? David hierdie maatjie moet beslis ‘n regverdig beoordeel word. Hy het brutale moord gepleeg en nie toe aan sy kinders gedink nie, net aan sy lekker tyd saam met die sleeping partner. Gelukkig is die kinders al groot

Jannie ·

“Regverdig” teenoor wie? Teenoor die moordenaar wat voort lewe, of teenoor die vrou wie se lewe op aarde vir altyd beëindig is?

George van Boshof ·

Nee wat. Geen simpatie met hom nie. ‘n Oog vir ‘n oog en ‘n tand vir ‘n tand. Hoe skrikwekkend en gruwelik moes daai arme vroutjie se laaste oomblikke bie gewees het nie? If you can’t do the time then don’t do the crime

Bamsie ·

Dit was n baie persoonlike moord. Hy moes in haar oe gekyk het toe hy haar gewurg het. Hy het baie haat in hom gehad. Hy moet BAIE lank sit om sy dade te oordink. Ek sou nie vir enige vriend getuig wat so daad gepleeg het.

Phil ·

Hoop van harte dat die arme kinders en vrou van die vriend; Livingstone nie weet hy het gevra vir empatie vir ‘n moordenaar van ‘n weerlose vrou. Klink my die 2 se ‘mindset’ is/was dieselfde….

Linda ·

Ek stem saam met almal hier !!! Jason Rhode behoort lewenslank te kry. Wonder waar is die Jolene Altersky nou ? Het sy hom net gejag vir geld ? Hoe sal ons ooit weet.

Gert J ·

Dis nie net Bybel versies nie. Dit is inderdaad die Woord van die Almagtige God voor wie elkeen eendag gaan staan. Of jy daarvan hou of nie, hierdie Woord is deur en deur bewys dat dit die waarheid is. Elkeen wat sy sonde bely en dit laat staan sal volkome vergewe word. Al is dit n moordenaar. Jesus het die prys betaal. Die reg om te oordeel behoort aan die Almagtige Vader. Onthou die Woord se ook die oordeel waarmee julle oordeel sal julee geoordeel word.

@Gert J ·

Jesus het die prys betaal sodat ons die Ewige Lewe kan hê. Dit beteken NIE, dat alle kriminele, moordenaars en verkragters ongestraf kan bly nie. Hier ter plaatse, is daar ‘n wet wat oordeel, en vonnisse wat uitgedien word, dit is die gevolge van jou dade. Niks met oordeel te doen nie!

Se maar ·

Mens moet die Jolene sommer boikot en glad nie van haar dienste gebruik maak nie.

Adam ·

Vanuit ‘n regsoogpunt gesien sal enige gevangenisstraf van tussen 15 en 20 jaar as billik beskou kan word, gegewe die feite tot ons beskikking.

Linda ·

Dankie Janine. Kan jy glo dat n mens so n dukvel kan he met geen gewete nie.

Se Maar Net ·

Nou wil hy empatie en simpatie vra? Wonderlik!! Hy gaan dit kry, of nog erger hy kry dit tans. Hy haal asem. Hy kan steeds met sy kinders praat. En, o ja, sy een vriend. Watse gevoel het hy getoon toe hy besluit het om sy vrou te vermoor? En toe te gaan en met empatie, die moordtoneel te wil laat lyk soos selfmoord? Hy het nou genoeg tyd om hom self te bejammer. Hy sal oor vyf jaar n vry man wees. Hy moet net voortgaan en aanhou pateties optree. En nou het hy genoeg tyd om die ander te beindruk. Dan gee hulle hom parool. En hy kan sy lewe voort sit. Baie meer simpatie as wat hy sy vrou gegee het. Hy het en Sal altyd net aan Homself dink soos nou.

Tammy ·

As ek daardie patetiese gesig sien wil ek lag!!! Eers kaatjie van die baan onder die henne toe word hy die HAAN!!! Toe Leuenaar, moordenaar en misdadiger. jy moet laf wees om genade vir die vrouemoordenaar te he. As jy die spel van die lewe skoon speel en reg doen aan ander verdien jy die genade waarvan die kerkmense so graag praat, maar as jy n valse oneerlike egbreuker is verdien jy die doodstraf niks minder nie. As jy n lewe geneem het hoekom mag jyself dan leef?
Ek smeek vir die langste moonlike tronkstraf vir sy afgryslike vieslike lewe wat hy geleef het. Iemand in sy top posisie het baie meer verstand en daarom verdien hy n swaarder straf. Ek mis daardie uitspraak vir niks!!!!!!

Petra ·

Ja wel dis nie asof hy sy vrou regverdig behandel het nie nê?

Steph ·

Regtig, as hy nie meer sy vrou wou he nie, hoekom het hy dan nie geskei nie, moenie kinders in so saak bring nie,as jy jou kinders waarlik lief het sal jy nie hul ma vermoor nie! En dan nog se sy selfmoord gepleeg om jpu gewete te probeer sus nie! Dit is walglik! Sluit hom op en gooi die sleutel weg!

D ·

@Rinkhals…10 gebooie is in die Ou Testament…Jesus se verlossings daad is Nuwe Testament..Sy Kruisdood het ons vry gemaak..sien Gert se bydrae..nie een van ons praat sy daad goed nie,maar die oordeel kom ons nie toe nie..ek moet elke dag saam leef met my herinneringe wat ons in die 80’s op die grens gedoen het ..hoe maak dit van my as n oud soldaat anders as Jason Rhode…moord is moord..maak nie saak hoe ons dit verbloem nie..maar ek staan nie meer onder die wet nie..Jesus het vir my gesterf sonder om te skroom..die minste wat ek kan doen is om Sy liefdes daad te vat en te sê dankie ..dit maak my veroordeling van myself ligter en ek kan om my kyk en sê ek gaan probeer om hierdie donker ou lewe om ons ligter te maak met Sy lig en liefde..Life is about choices..and I choose to live a live of freedom..

@D ·

Jesus was ook die enigste wat die wet ten volle kon onderhou. Dat Hy vir ons intree deur Sy kruisdood gee ons nie die reg om te moor en dan aanspraak te maak op kwytskelding van ‘n vonnis vir moord nie. Die Wet bestaan steeds, daaraan meet ek my eie tekortkominge, ek staan egter nie meer onder die oordeel van die wet nie, maar word vergewe op grondvan Sy offer. As ek hier op aarde moord pleeg, gaan ek hier op aarde ‘n vonnis uitdien. Liefde vir jou naaste, beteken nie kwytskelding van aanklag op moord nie. Jason Rhode se kwytskelding hang van sy persoonlike verhouding met God af en sy berou oor sy daad, selfs terwyl hy sy vonnis vir moord uitdien.

fanie ·

Ja ek hoop hy kry n baie regverdige en gepaste vonnis die doodstraf sou gepas gewees het maar tweede beste is lewenslange tronkstraf sonder enige geriewe in die tronk en los sommer vir hom n tou ook in sy sel

EvW ·

Stuur hom na een van die twee plekke:
1 eBongweni C-Max Prison- KwaZulu Natal
2 Pollsmoor Prison- Cape Town
…enjoy!

AH ·

‘n Regverdige straf vir hom sou doodstraf wees. Hy het ‘n lewe geneem, dus is enige straf wat hy ontvang klaar ‘n versagting. Sy vriende wat so van sy goeie hoedanighede getuig stem dus seker saam met hom oor die manier wat hy sy Kinders se Ma van hulle af weggeruk het. Ook oor sy affair en leuens! Hy gaan baie soortgelyke vriende in die tronk kry – voëls van eenderse vere! So laat hom sit vir 40 jaar sodat hy hul vriendskappe kan geniet…

Annatjie ·

Jolene werk @ Sotheby’s in Seepunt saam my suster. verkoop aan die ‘rich&famous” in Clifton….

Koos Roos ·

@christa, ek stem 100% saam met jou! En daai 3de partye reverdig gewoonlik hulle dade met “jy weet nie hoe ongelukkig hy saam met sy vrou was nie” of “as jy nog nie in my skoene geloop het nie…” of “moenie oordeel as jy nie die hele storie ken nie…”
Nee wat, sy kan vir my part ook maar gaan sit saam met haar liefste.

Lee van Randburg ·

Susan Rohde sou ook bittergraag haar 3 dogters groot en getroud wou sien met kleinkinders. Jason jy het dogters hul ma ontneem! Dis baie hartseer. Spyt kom te laat. Vat maar jou pak soos n man.

gerhard ·

Mnr Rhode, Daddy wag reeds vir jou by C-Max…..jy gaan brul ou maat…

Elmarie Badenhorst ·

Watse jammer en wonderlike persoon?? Wie worry. Dis die probleem, almal wil alles doen en geen verantwoordelikheid neem nie. Skande

Lee van Randburg ·

Kan nie help om te dink hoe Susan gevoel het..die vrees om verwurg te word deur haar eie man, die pa van haar dogters! Suksesvolle man met mooi vrou en mooi dogters was nie goed genoeg vir hom. Nee wat gee hom die regverdige verhoor. Hy moet sit.

Rinkhals ·

@D: Ek was ook in Angola met militere diens in die 80’s. Ek is trots op wat ek daar gedoen het. Dit was my plig. In elk geval hoe kan jy ‘n doodskoot in ‘n oorlogsituasie gelyk stel aan ‘n man wat sy krag gebruik om sy vrou te vermoor? Of dalk was jy nog nooit in ‘n oorlogsituasie nie. Die 10 gebooie is in die ou testament. Beteken dit nou vir jou dit geld nie meer nie en die kruisdood is ‘n vrypas om te maak wat jy wil want jy is vergewe ? Dink nie die bloed wat aan die kruis gestort is is so goedkoop nie.

Andries ·

My vraag is eenvoudig: Het hy sy vrou net effentjies vermoor of is sy morsdood? Dit was mos voorbedag, of hoe?
Die hof behoort niks meer as dit in berekening te bring wanneer sy vonnis oorweeg word nie.

Cornette ·

Hy’t GEEN empatie teenoor die kinders getoon toe hy hulle ma vermoor het nie!
En watse regverdigheid het hy getoon toe hy haar verneuk het??
Nee wat hy moet maar sy straf gaan uitdien…want ongeag wat, daai kinders se ma is reeds deur hom vermoor toe hy begin het met sy kaskenades…hulle hartjies is ook gebreek daardeur soos hare toe sy uitgevind vd jong poppie…en daai is ñ seerkry wat altyd ñ oop wond sal wees vir hulle 3 omdat hulle mamma vermoor is deur ñ pa wat nie sy gesin se belange kon respekteer nie maar slegs aan sy eie drange aandag gegee het.
Ek stem vir GEEN versagtende omstandighede nie – net soos met Oscar – want ipv ñ verhouding/huwelik beeindig was moord eerder hulle uitweg!
Nee nee nee!!!

A Mac ·

So, almal wat nou so pleit om versagting vir die man, julle stem dan seker heelhartig saam met geweld en moord op vroue? Hoekom nie die man los dat hy boet vir sy daad en dan hom ophemel en omarm as hy uit die tronk kom. Dit blyk dat die skuldige altyd in die graf is maar die onskuldige op die beskuldigde bank.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.