Rohde weer agter tralies

Argieffoto van Jason Rohde. (Foto: Armand Hough/ANA)

Die veroordeelde moordenaar Jason Rohde is weer agter tralies nadat hy hom Saterdag by die polisiestasie in Stellenbosch oorgegee het.

Dit volg nadat die Wes-Kaapse hooggeregshof Donderdag sy aansoek om ’n verlenging van sy borgtog handende sy appèlaansoek in die Konstitusionele Hof van die hand gewys het.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste (DKD), het Sondag aan Maroela Media gesê Rohde is tans by die Drakenstein- korrektiewe sentrum in aanhouding.

Rohde sal hiér in aanhouding bly totdat sy appèlaansoek aangehoor word.

Rohde moet tans 15 jaar tronkstraf uitdien vir die moord op sy vrou, Susan, nadat sy appèl teen sy vonnis van 20 jaar tronkstraf verlede maand geslaag het.

Rohde is in 2018 skuldig bevind aan die moord op Susan asook regsverydeling nadat hy destyds die moordtoneel soos dié van ʼn selfmoord opgestel het.

Susan se liggaam is aangetref in ʼn toegesluite badkamer van die kamer wat sy in Julie 2016 met haar man by die luukse Spier-wynlandgoed in Stellenbosch gedeel het. ʼn Elektriese koord was om haar nek gedraai en aan ʼn haak agter die badkamerdeur vasgemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Excalibur ·

Hierdie moordverhaal lees klinies soos die van die “Pofadder Hotel Moordsaak”, “Griekwastad Moord” & “Wes-Kaap “Bylmoord” en laat ‘n galbitter smaak in die opvoedkundige samelwening. Alhoewel daar ‘n meriete aan elk van hierdie tragiese gebeurtenisse gekoppel word bleik die sogenaamde “lewenslank” tronkstraf vir moord; GEEN / WYNIG inpak te maak om ander potensiele soortgelyke agtergrondverhale van dieselfde uiteinde te weerhou en het absoluut GEEN afskrikwaarde om die potensiele moordenaar/es na ander insigte te lei soos bv “skeiding”. Jaloese, Nyd, Geldgierigheid, Erge Besitlikheid, Fisiese Aggressie is aan toeneem en lei almal na lewensverlies wyl “lewenslange tronkstrawwe” teenstaande wissel van 10j, 15, 20j en dan is daar nog remissie vir goeie gedrag nog nie eens ingewerk nie; selfs 25j is nie waarlik 25j nie. Die paradoks is dat die gemiddelde SA Burger leef ongeveer 63j – 69j . Moet “lewenslank” nie liefs prorata hierteenoor uitgewerk word sonder voordeel nie?

JohanR ·

Seker nie nog R200000 gehad om aan die beamptes te betaal nie?

Jeepie ·

15 jaar is te min. Maak lewens lank tot die dag wat jy sterf. Nie ‘n paar jaar nie.

Samuel ·

In demokratiese Suid-Afrika sal Jalusz Wanus seker die enigste persoon wees wat sy lewenslange tronkstraf uitdien.

Mariaan ·

NET 15 jaar??? Vir n moord waaraan jy skuldig is…ag nee wat…dan kom hy uit en het nog n jol van n lewe…swak regstelsel!

Irene ·

Beteken lewenslank nie tot jy jou laaste asem uitblaas nie……vra maar net.

AH ·

Dit is jammer dat welgestelde en vooraanstaande mense vir hulself ligter vonnisse en beter parool kan “koop” i.p.v. boet vir hul oortredinge….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.