Rohde wil appèlhof direk nader

Jason Rohde (Foto: ANA)

Jason Rohde, die sakeman wat 20 jaar direkte tronkstraf opgelê is vir die moord op sy vrou, sal hom direk na die appèlhof wend in ʼn poging om sy skuldigbevinding en vonnis omgeswaai te kry.

EWN berig Rohde se aansoek om verlof tot appèl is Dinsdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof van die hand gewys. Regter Gayaat Salie-Hlophe het bevind ʼn appèlsaak het geen redelike vooruitsig op sukses nie en ʼn ander hof sal net tot dieselfde bevinding kom.

Rohde se regspan meen egter daar was fundamentele foute in die staatspatoloog se bevindings en die manier waarop die nadoodse ondersoek op Susan Rohde uitgevoer is. Die verdediging het gesê hulle sal direk by die appèlhof om verlof tot appèl aansoek doen.

Rohde is in November verlede jaar skuldig bevind dat hy Susan op 24 Julie 2016 in ʼn hotelkamer by die Spier-wynlandgoed buite Stellenbosch vermoor en haar liggaam in die badkamer toegesluit het. Die hof het bevind Rohde het ná die moord met die misdaadtoneel gepeuter in ʼn poging om die voorval soos selfmoord te laat lyk.

Die hof het gehoor dat Rohde in ʼn buite-egtelike verhouding was ten tyde van Susan se dood.

Selfs nadat Rohde vir die misdade gevonnis is, hou hy steeds vol dat hy onskuldig is en dat Susan selfmoord gepleeg het. Salie-Hlophe het egter in haar uitspraak beslis dié weergawe van gebeure kan nie moontlik waar wees nie.

Lees alle vorige berigte oor Jason Rohde op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Netso ·

Niemand kon dit beter se nie!
Die ou moet nou oor homself kom en sy straf uitdien want hy is skuldig

GM ·

Of hy nou sy vrou fisies vermoor het of nie, hy het haar siel vermoor deur met ‘n ander vrou deurmekaar te raak terwyl hul nog getroud was. Hy kon van sy vrou geskei het, maar hy wou sy brood aan albei kante gebotter hê.

Illze ·

So waar. My siel is ook gebreek deur ‘n affair, my man wat na 20 jr se wonderlike huwelik net uitstap sonder om iets te se en homself nou soos’ n tiener gedra. Ons het ‘n 5 jarige seuntjie. Ek was’ n emosionele lyk. Maar wonder bo wonder oorleef mens sulke hartseer, ons is almal aanpasbare wesens.

jessica ·

Ja nee, kan mos nie jou brood aan al twee kante gebotter he nie, so sit stroop soet nou in die tjoekie, en smeet jou brood al twee kante an stoop in die middel, jy het haar vermoor niemand anders nie, you play with fire you get burned. Dien jou 20 jaar tronk straf. hulle moet jou lewens lank laat sit, 20 jaar is temin.

Sê maar net ·

Toe nou nie. Rhode is onskuldig en hy wou van Susan geskei nog lank voor hy ‘n verhouding gehad het. Susan was gedurig op antidepresante want sy het aan depresie gelei. Sy het ook gedurig gedreig om selfmoord te pleeg as hy sou voortgaan om van haar te skei. Sy was leterlik ‘n druppende kraan. Rohde het genoeg gehad daarvan en sy voet neergesit om finaal te skei. Sy het ‘n vloermoer gegooi en haarself gehang… sorry om julle batterye nat te maak.

Spook ·

@se maar net: wil vir my voor kom almal ver lekker hulself aan die feit dat hier n buite egtilike verhouding was eerder as die moord

LADY ·

Ag man hy is skuldig bevind en klaar.Hoe sal jy weet? Was jy dan daar?

Alida ·

Presies wat dit is. Om n verhouding te he beteken nie jy is n moordenaar nie. Hy is onskuldig.

R ·

Ja, rondloop is lekker, maar sodra die bates gedeel moet word, sing almal ‘n ander deuntjie.
Sè maar net……..is jy naaste familie/beste vriend dat jy so ingelig is. En sommer net vir die wis en en onwis……..spelling : letterlik en depressie.

lisa ·

jy gaan nie uitkom nie!! aanvaar dit tog nou net jou madam op die sideline soek jou seker ook nie meer nie, klink meer of hy ‘n obsessie het.

marous ·

Dalk moet hy maar sommer vrywilliglik ‘n poligraaf toets in die openbaar afle , al is dit nie toelaatbaar as getuienis in strafsake nie .

Anoniem ·

Geregtigheid het jou ingehaal Rhode. Vat wat na jou toe kom en sien jou oor tien jaar as jy dalk uitkom vir goeie gedrag.

Sê net ·

Sê net, ek ken glad nie een van die twee nie, maar het nogal presies dit gedink toe ek die eerste keer van die storie gelees het.

Ek sê nie ons polisie het nie die saak deeglik ondersoek nie, maar wonder tog of die Amerikaanse CSI span ( en ek praat nie van die tv span nie, maar die ware Jakob) die saak ondersoek het of hulle nie tot ander insigte sou kom nie? Wonder dieselfde oor ñ hele paar ander sake ook.

Oujongvrou ·

Julle wat nou sy arme vrou so wil slegmaak, staan seker almal self aan die verkeerde kant van huwelikstrou. En jy Meneer Rodhe, wil wraggies nie eers een dag berou toon nie. Nee wat, jys verrot tot op die been.

lien ·

As hy loskom moet Oscar ook. Wonder wat sê”Dolla” nou? sy geniet seker die nalatenskap? en “boetie” eet ryswater. Om iemand se lewe onder jou hande te voel uit haar liggaam vloei, hoe slaap jy?

Lindtjies ·

Sê maar net jy is nogal redelik op hoogte van die hele besigheid. Jy is nie dalk die “mistress” wat onder ‘n skuilnaam skryf nie nie. Het jy jouself dalk afgevra hoekom was sy depressief en hoekom het sy anti depressante gebruik? Sy was gebreek deur sy ontrouheid. Sy het hom in alles bygestaan en die minares skep die room. Baie erg vir ‘n vrou of man as sy lewensmaat groener weivelde soek.

Jean ·

@Lindjies ..watse twak raak jy kwyt!!! Ek verstaan regtig nie jou reaksie nie !

VanAfrika ·

@Jean waar val jy nou uit die boom uit. Lees behoorlik wat Lindtjies sê. Sê maar net is baie gou op verdediging. Hoe weet hy/sy? Dalk is dit sy minnares wat hier stir.

Sê maar net ·

Nee ek is nie die mistress nie, en dit is my reg om onder ‘n skuilnaam te mag skryf. Ingelig is ek wel. En Rohde se buite egtelike verhouding het nie aanleiding gegee vir haar depressie nie. Sy het depressie ontwikkel agv jaloesie. Rohde moes baie met kliente deel waarvan daar wel vrouens betrokke was. Let wel nie net mans kan kliente wees nie. Vandaar haar jaloesie.
Ek keur nie sy buite egtelike verhouding goed nie, maar ek kan ook nie ‘n neulende vrou hanteer nie….

LADY ·

Ek is verbaas dat iemand wat ek ken so agter al wat moord saak is waar man n verhouding het en dan word die vrou doodgemaak. Vir elke een se hy..ag hy is onskuldig..wat het die vrou gedoen om hom weg te dryf. Niks dis sy eie wellus en duiwel streke wat uitgekom het. Kan geen vrou uitlos nie..maak nie saak hoe jonk nie..Geen mens verdien om doodgemaak te word vir jou eie wellus nie. Geen mens behoort n buite eglike verhouding te he nie dis een van die GROOTSTE SONDES. Ek se ook maar net

TN ·

Dit maak hom nie ‘n moordenaar nie __ die feit dat hy haar doodgemaak het maak hom ‘n moordenaar . Hulle HET baklei maar daar was duidelik genoeg tyd om op te hou maar hy kon die gulde gelentheid om van haar ontslae te raak EN sy geld te behou nie weerstaan nie .

@Lindtjies ·

Hoe weet jy dat sy hom in alles bygestaan het? Jy weet nie wat wel agter toe deure aangegaan het nie En ja ek glo ook hy is onskuldig……kyk bietjie na die rede hkm daar n minares is….Wat het sy vrou nie dalk veroorsaak nie. almal dink altyd sleg van die man! Kyk bietjie na die vrou…..n depresiewe mens ontrek hul uit die sosiale lewe en da is baie grooter dinge wat aangaan in n depresiewe mens se lewe wat meestal veroorsaak dat sy almal weg stoot

@ALMAL WAT JUDGE ·

Jy is depresief
Jy wil nerens gaan nie
Jy wil niks doen nie
Jy wil alleen wees ens ens
Wat gebeur…..BOOM Jou “Partner” begin liefde en aandag op n ander plek soek!
Die depressive het nie noodwendig iets te doen met haar man nie, dit kan enige iets wees. Mense met Biopolar raak depresief oor dinge wat vir my “kleinigheid” is maar vir hulle is dit so erg om hulle lewe te neem!!!!

Linda ·

Ek hoop regtig dat Rhode dan n langer vonnis direk by Appelhof sal kry. 20 jaar is hopeloos te min !!!

Wonder ·

Wanneer ‘n mens trou maak jy n belofte…..for better or worse…….nie as jy depressief raak dan los ek jou of kry n minnaar/es nie…. depressie/bi poler is ongelukkig in vandag se samelewing n baie ernstige probleem en soms verstaan die anderhelfte nie hoe om dit te hanteer nie…maar pasop maar want dit kan met enige persoon gebeur…hopelik word die bordjie nie verhang vir die mense wat so maklik vinger wys na depressie nie

Penelope ·

Net hyself ken die volle waarheid. Forensiese deskundiges het bepaal dat dit nie selfmoord was nie. Depressief of nie, beeindig dan die huwelik voordat so baie mense seerkry. Die “ander vrou” dra net soveel skuld hieraan, want sy het geweet dat hy getroud is. Hoekom dit voor haar neus hou deur in dieselfde hotel te bly. Het julle geen skaamte nie. Hy het presies geweet hoe sy sal reageer met die skelmpie so naby. Dink aan die arme kinders en die familie wat agterbly… Hulle sal verantwoording moet doen vir hul dade.

Mariaan ·

SKULDIG oor en oor bewys…sies vir jul wat nog sy kant kies…hy kon haar geskei het…nie so wreed vermoor het nie…JAMMER DIE DOODSTRAF IS AF…sou gepas gewees het…nogal arrogant ook die man…tronk sal jou aarde toe bring!

Mariaan ·

Net nog iets…hy verdien nie die pragtige dogters wat sy vir hom in die wereld gebring het nie…net daarvoor kon hy haar waardeer het…lafaard!!

Lindtjies ·

Julle almal wat Susan Rhode se naam nou so met modder gooi. Sy is dood. Sy kan haar nie self verdedig nie. Baie gerieflik nê?

Johan ·

As jy geld het kom jy weg met moord. . Kyk maar na oscar . Eks n arm man. As ek my vrou moor sit ek vir altyd.

PJC ·

Ongeag wat of wie sy vrou was die dag toe hy haar getrou het het hyself due keuse gemaak en as hy haar nie meer wou hê nie moes hy dinge op die regte manier gedoen het. Moord was beslis nie ń opsie nie. ń Mens moet pa staan vir die besluite wat jy in jou lewe neem.

AH ·

Die Regter is nie ‘n pampoen nie. Sy het nie die skuldigbevinding uit haar duim gesuig nie. Sy het na die bewyse gekyk. Ek het die hofverigtinge gevolg en twyfel glad nie dat hy skuldig is nie. Hy wou regtig sy brood aan beide kante gebotter hê. Die van julle wat die Bybel lees sal vind dat ” jy mag nie doodslaan nie” sowel as “jy mag nie egbreuk pleeg nie” deel van die Tien Gebooie uitmaak. Sy straf is te lig. Hy moes lewenslank gekry het. Hy kan maar solank ‘n plekkie hou vir Rob Packham……….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.