Rojale betaling vir oudpresidente (en gades)

Oudpres. Thabo Mbeki. (Foto: Simphiwe Mbokazi/ANA)

Nagenoeg R60 miljoen is sedert 2016 op die leefstyle van oudpresidente, oud-adjunkpresidente én hul gades bestee.

Die DA het danksy ʼn versoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) toegang gekry tot ʼn dokument wat in Maart 2009 gepubliseer is en wat uiteensit hoe die staat “die miljoenêrleefstyle van oudpresidente, hul adjunkte, asook hul families lewenslank onderhou”.

“Die dokument was in geheimhouding gehul en uit die openbare oog gehou en dit is hoog tyd dat Suid-Afrika weet hoe hul belastinggeld bestee word,” het dr. Leon Schreiber, DA-woordvoerder oor staatsdiens en administrasie, gesê.

Ingevolge die beleid dok belastingbetalers op vir oudpres. FW de Klerk en sy gade, Thabo Mbeki en sy gade, Kgalema Motlanthe en sy gade, Jacob Zuma en sy gades, Phumzile Mlambo-Ngcuka en haar gade, asook Baleka Mbete en haar gade.

Die DA sê die ANC deel mildelik uit op byna enige denkbare manier: van gratis opgraderingswerk aan huise, tot gratis sekuriteit, gratis voertuie, onbeperkte eersteklas-vliegkaartjies en gratis gesondheidsorg. Dan is daar die kantoorspasie van tot 200 m² waarvoor belastingbetalers hoes. Dié spasie kom ten volle gemeubileerd en sluit binnehuisversiering, skoonmaakdienste en eetgerei in.

Oudpres. FW de Klerk. (Foto: ANA)

“Suid-Afrikaners betaal selfs vir hul internetverbindings, selfone, faksmasjiene, rekenaars, drukkers en fotostaatmasjiene. Belastingbetalers se geld word ook gebruik om die ses personeellede vir elke begunstigde te betaal – ʼn persoonlike assistent, twee uitvoerende assistente, een bestuurder en twee professionele assistente.

“Om elk van dié oudpolitici te onderhou, kos Suid-Afrikaners dieselfde as die jaarlikse omset van ʼn klein sakeonderneming. Ons bestee nagenoeg R3,5 miljoen per jaar op elke oudpresident en amper R2 miljoen per jaar op elke adjunk. Dit het opgetel tot net minder as R60 miljoen sedert 2016,” het Schreiber gesê.

Die voordele is benewens die vrygewige pensioenvoordele én die R3 miljoen-salaris wat elke oudpresident vir die res van hul lewens ontvang.

“Terwyl Zuma vanaand aansit met die goue eetgerei wat met hardwerkende belastingbetalers se geld vir hom gekoop is, gaan tien miljoen Suid-Afrikaners werkloos en desperaat bed toe.

“ʼn Regering wat Suid-Afrika se ekonomiese inploffing werklik wil regruk, sal dadelik die verkwisting in die beleid en in die ministeriële handboek uitsny en die staatsdiens se salarisrekening verminder,” het hy gesê.

Die DA sê pleks daarvan om miljoene rande op voormalige en huidige ANC-kaders te blaas, moet die geld aangewend word om ʼn vaardige staatsdiens en ekonomie te skep wat geleenthede vir Suid-Afrikaners gaan skep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Madz ·

Goeie otter!! Maar nou ja – niks verras mens eintlik meer as dit by ons regering en geldsake kom nie….. dis regtig TYD dat beslastingbetalers begin tande wys.

Johann Erwee ·

Feit is dat meeste belastingbetalers hierdie regering ingestem het . . .

Pieter ·

Is maar ons eie skuld want ons bly die klomp narre geld gee om te mors plek neem ons standpunt in en doen iets kla gaan nie die probleem op los nie

Mossie ·

Ek se dit baie vir mense wat so kla oor die regering. Ons eie skuld omdat ons nie standpunt neem.

Magda ·

Stop paying Personal TAX – our only defense – STOP PAYING PERSONAL TAX.

andrep ·

Magda, Please inform the rest of us how you propose we do that? Tax gets deducted by an employer from an employees salary, they are forced by law to do it, not you nor I have any say in the matter.

Pieter ·

Dan moet ons dan maar maak soos hulle STAAK maar so kan dit nie aan gaan nie daar gaan geen einde aan die ANC se geplundery wees nie ons gaan dit slelf moet stop

ekke ·

andrep, die werkgewer trek die belasting van die salaris af en moet dit dan oorbetaal aan SARS. Dis dus baie eenvoudig om net ‘n aparte rekening oop te maak en die belastinggeld daarin te betaal en eers na die belastingboikot aan SARS oor te betaal. Verder is daar ook ander vorme van belasting wat teruggehou kan word tydens ‘n boikot bv btw wat maatskappye maandeliks moet betaal, UIF, belasting op rente en dividende ens

Jimmy ·

@Ekke, wat jy voorstel is teen die wet. Maatskappye direkteure sal tronk toe gaan indien hulle belastinggeld terughou. Betaal maar jou belasting op rente en dividende. SARS weet wat dit is en gaan jou stewig beboet. Al wat jy kan doen is om minder te koop en dus minder BTW te betaal. Kweek jou eie groente. Verder kan jy vrywillig minder werk en jou salarisinkomste verminder. Dan betaal jy minder belasting. Plaas jou rente in nie-rentedraende rekenings. Sodoende sal jy ‘n punt maak.

Ja nee ·

Madz. – Die belastingbetalers het nie tande nie, net gums. Al wat blankes goed is voor in die land is hul geld.

wilma ·

Die tien miljoen gani so desperaat bedtoe nie hul stem weer vir die selle lot.

Pottie ·

Betaal julle belasting getrou die ANC weet hoe om dit te mors was pres van die land maar hy kannie eers tel nie wat n grap dit is hoekom ons is waar ons is

Dries ·

Die belasting betalers gaan nou in op stand moet kom genoeg is nou genoeg mense hier die klomp narre mors met ons en ons belasting geld wie dink hulle is hulle

Sarel ·

Ja dit kom nie uit een of ander pensioen fonds nie, en hulle ‘pakkette’ word aangepas om met inflasie tred te hou! SA werk vir hulle.

Hannetjie ·

Skande! Skande!! Hulle verdien ook geld van hul verskeie praatjies wat hul lewer en hul stigtings. Wie gaan iets doen omtrent hierdie onnodige uitgawes.

Ore ·

Lekker man,lekker! In SA hoef jy ie te presteer om vergoed te word nie.Hoe swakker jou prestasie,hoe beter jou vergoeding.Waarvoor moet hulle opgepas word?

Winnie ·

Hulle moet die vrouens beperk tot 1. Hoekom moet belasting gebruik word vir die”kultjer” van jy weet wie met sy baie vroue

Regs! ·

Hierdie ouens verdien elkeen ‘n sel van 2m x 2m. Oranje oorpak en ‘n bordjie pap een keer per dag.

heila ·

hoe veragtelik ek het geen respek vir enige politikus. SA lê verwoes geplunder van alle publieke geld en morsig vuil en nie water of elektrisiteit is in werkende toestand nie, en daarom lê SA in die afgrond.
Heila

ana ·

Wonder wat het van Marieke de Klerk moordenaar geword? My punt alles het n wortel niks groei Sonder dit nie.

Gaitsigubib ·

En die een wat hom gestuur het, hy rol in sy geld, komplimente van die belastingbetaler.

KrokodilBotha ·

Da kan ook uitbrei op hulle party se geldjies, en leefstyl.

Johan ·

Dit is duidelik vir enige mens dat hierdie klomp in die eerste plek ‘n fantastiese pensioen kry. Hulle kan mos dan sélf betaal vir al hierdie byvoordele. En die byvoordele word nou kwistig vermors….. Pateties

Lollie ·

Tweede Zimbabwe! Regering leef in weelde terwyl die nasie krepeer. Met Eskom en ander instansies wat vou moet die belastingbetalers opdok. Wat betaal ons nie als nie. Stygende petrol pryse, vrek duur water en elektrisiteit, erf belasting, medies ens ens ens. Klein handjie vol sorg vir hulle self en leef in weelde.
Wit en swart moet hier teen baklei!

marous ·

zimbabwe is ‘n kleuter partytjie teenoor wat hier gaan gebeur .

Bakga twee nege ·

Gebeur dit nie in ander lande ook so nie?
Dus normaal,om president te wees van n land is nie grappies nie. Die DA stel nie dinge in perspektief nie, in hierdie artikel nie. So graag wou he hulle moet ons vergelyk met ander lande.
Dit steek darem dwars in die keel as ek sien wat JZ kry…..

Kallie ·

En ek en jy betaal vir Zuma se kinders se skool, transport en medies todat hulle 18 is.

Antjie ·

G’n wonder hulle stel nie belang om die land se gesondheidstelsel te red of die misdaadsyfers te bekamp nie! Dit sal hulle toekoms nooit raak nie! Miskien moet alles ingeperk word tot die vlak van ʼn sg midvlak bestuurder, en elkeen moet sy eie elektrisiteit en behuising daaruit betaal soos ons plebiete noodgedwonge moet doen, totdat ons land weer welvarender is vir beter. Hulle kan ook hul eie vliegtuigkaartjies koop tussen gewone mense, en veral hul eie regskostes bevonds. Morsjorse!!!

Willa ·

Sekere mense wat ons land verniet weggegee het maar steeds voordeel trek van die mense wat so hard vir die land gewerk het.Dit is n skande

Gertjie ·

Willa, hoe weet jy “verniet weggegee”?
Ons dink hy het BAIE gekry vir sy moeite!

Maljan ·

Praat nou onder korreksie, maar…… Is Baleka Mbete, Kgalema Motlanthe en Phumzile Mlambo Ngcuka nie nog in dien van die ANC nie? Hulle was waarnemende presidente en toe terug na hulle ou poste wat dus die voordele grootskaalse bedrog en vervolgbaar maak?

Jimmy ·

Sodra staatsamptenare in hul duisende afgelê word om kostes te besnoei sal die gemor begin.

Kallie ·

En sodra 17.4 miljoen se staatstoelaes ingekort word dan sal die groot gemor begin.

Db ·

En so steek Judas elke maand ‘n vet tjekkie in sy gatsak en vergeet dat hy ons verrraai het! Sy grynslag is om te wys “dit is hoe dit gedoen word en wie gaan iets aan my kan doen” – sal dit weer doen as ek net die geleentheid kry want die geklingel van geld is vir my meer belangriker as die lewens van die duisende witmense wat al vermoor is en alles verloor het

Elvira ·

Ek het heeltyd gewonder wat DEMOCRACY beteken, nou weet ek.

James ·

Ja en nou het hulle niks meer om oor te strugle nie nou weet hulle nie waaroor om verder te strugle nie.
Maar struggle wil hulle struggle! !!
Dit is n leefstyl.
Sal nooit uit hulle uitkom nie.

Eddie ·

Moenie glo nie –hulle struggle vir nog meer voer in die voerkrip !!

Pieter ·

Die plaag wat die land getref het is erg en word net erger

Realis ·

Nie geweet Judas leef nog nie??!! Seker omdat hy so grafstil is, deesdae……..

aj ·

Elkeen in die land moet verplig word om sy eie pensioenfonds op te bou …. oor sy/haar werkleeftyd.

Geen belasting mag aangewend word vir politici se pensioen nie! Stop dit!!

Jannie ·

Julle is darem afgunstig, hierdie mense het hard gewerk gun hulle die bietjie luuksheid vir jare se opoffering.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.