Die goewerneur van Massachusetts beplan om ʼn wet te bekragtig wat ʼn verbod plaas op die verkope van gegeurde tabak en e-sigarette, insluitend mentolsigarette.
Die Amerikaanse Kankervereniging en die Veldtog vir Tabakvrye Kinders het gesê die Republikeinse goewerneur Charlie Baker se handtekening sal beteken Massachusetts is die eerste staat om ʼn permanente verbod op dié produkte te plaas.
Baker se kantoor het gesê hy sal Woensdag die wetgewing onderteken.
Die goewerneur het in September ʼn openbare noodgeval afgekondig en ʼn tydelike verbod op die verkope van alle e-sigarette (vaping-produkte) verklaar. Hy het Woensdag gesê dié verbod sal tot 11 Desember van krag bly totdat sy administrasie bykomende riglyne opgestel het.
Die nuwe wetgewing hou verband met toenemende kommer oor gesondheidsprobleme weens vaping-produkte.
Geen gegeurde vaping-produkte mag meer in Massachusetts verkoop word nie en verkope van mentolsigarette staak op 1 Junie 2020.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
24 Kommentare
Mooi!
rook moet sommer in totaliteit orals verbied verklaar te word
mense steur hulle in elk geval nie vir die wetgewing wat nou daar is, en moenie die persoon vra om op ‘n ander plek sy longe vuil te maak, dan is die hel los
Mooi ek sal daar gaan bly. Ek waa n rokee vir jare nou skoon al vir 6 jaar
cO2 gasse…..
Wees lief vir rokers, hul tyd is min!!!
Al wat gaan gebeur is die swart mark gaan nou daar floreer.
En wat van gewone sigarette? Dit is nog meer skadelik. Verban verkope daarvan ook.