Rokers nie hiér welkom nie

e-sigaret-vaping-rook

Argieffoto (Foto: Vaping360.com via Wikimedia Commons)

Die goewerneur van Massachusetts beplan om ʼn wet te bekragtig wat ʼn verbod plaas op die verkope van gegeurde tabak en e-sigarette, insluitend mentolsigarette.

Die Amerikaanse Kankervereniging en die Veldtog vir Tabakvrye Kinders het gesê die Republikeinse goewerneur Charlie Baker se handtekening sal beteken Massachusetts is die eerste staat om ʼn permanente verbod op dié produkte te plaas.

Baker se kantoor het gesê hy sal Woensdag die wetgewing onderteken.

Die goewerneur het in September ʼn openbare noodgeval afgekondig en ʼn tydelike verbod op die verkope van alle e-sigarette (vaping-produkte) verklaar. Hy het Woensdag gesê dié verbod sal tot 11 Desember van krag bly totdat sy administrasie bykomende riglyne opgestel het.

Die nuwe wetgewing hou verband met toenemende kommer oor gesondheidsprobleme weens vaping-produkte.

Geen gegeurde vaping-produkte mag meer in Massachusetts verkoop word nie en verkope van mentolsigarette staak op 1 Junie 2020.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

stem ·

rook moet sommer in totaliteit orals verbied verklaar te word
mense steur hulle in elk geval nie vir die wetgewing wat nou daar is, en moenie die persoon vra om op ‘n ander plek sy longe vuil te maak, dan is die hel los

tanya ·

Mooi ek sal daar gaan bly. Ek waa n rokee vir jare nou skoon al vir 6 jaar

Julie Jansen van Rensburg ·

Tanya, ek klop jou rekord – ek (nou in my tagtigers) het 49 jaar lank ge-STOOK – maar een Sondagoggend in Julie 2003 besluit ek genoeg is genoeg… my laaste een gerook, my aansteker aan die pakkie met so 12 of13 sigarette daarin geseël en daardie laaste een tot op die kleinste stompie denkbaar gerook. My oorlede man het ook straf gerook, maar geen rokery naby het my daarna enigsins gepla nie. Ek kannet meld dat hy in Mei 2010 oorlede is – diagnose – LONGKANKER…..

anton ·

Wees lief vir rokers, hul tyd is min!!!
Al wat gaan gebeur is die swart mark gaan nou daar floreer.
En wat van gewone sigarette? Dit is nog meer skadelik. Verban verkope daarvan ook.

EO ·

Ag die mense wat opgehou rook het, en nou ewe skielik so gal braak oor rookery!!!!!
Kry ‘n lewe, los ander mense uit, of begin liewer weer rook. Ek het ook opgehou, maar kerm nie as ander om my rook nie. Dis hulle besluit of hulle wil rook.

Alexz ·

Plaas ñ verbod op alkohol òòk. Dit verwoes immer mèèr onskuldige lewens as tabak.

Blikke ·

Ag ja julle kan maar enigiets doen maar solank julle tog net nie rook nie ……

emily ·

Het julle niks beter om oor te praat nie.
Dit is my geld, My longe en my lewe.
Kla eerder oor al die ”Crime” wat drank veroorsaak. Hoeveel ongelukke ens. word deur drank veroorsaak en hoeveel word veroorsaak deur n roker.
Ek het n groter kans om aan een of ander misdaad dood te gaan as aan my sigaret.
So hou tog op moun, ek is seker helfte van julle wat rokers so stenig het een of ander swakheid, Miskien drank, rondneuk en en en. So los ons asb uit.

Willebees ·

@Emily, dit is seker so, en ek verstaan rokers se dilemma maar ons nie rokers moet daai stank sit en opruik! As iemand 25m van my af staan in bv ‘n parkeer area en n twakkie maak en die wind waai net effens in my rigting, ruik ek dit, en dit vrot.

Werner ·

Emily nie al die drank in die wereld sal my laat rondneuk met n roker nie… Julle walg my

Kriek ·

Sigarette veroorsaak ook motorongelukke. My man het eendag sy brandende sigaret op sy skoot laat val; amper die kar omgegooi. Ek sien daagliks hoe mense albei hande van die stuurwiel afhaal om n sigaret op te steek.
Rook as dit dan so belangrik is, net nie naby my nie. Dit stink! En gooi die stompies in n asbak, nie by die venster uit of op die grond nie. Veral nie in die veld nie. Wees net bedagsaam en dis alles in die haak.

Presies. ·

Ek stem. Ek vape en as iemand ʼn probleem daarmee het dan moet venues ens ook nie meer roo kmasjiene gebruik nie want dit werk op dieselfde konsep.

As jy ʼn pronleem het gaan staan gou vir 2sek in die hoekie en kry jouself bitterlik jammer.

My geld my probleem nie joune.

hans ·

Ag hier gaan ons alweer. kom ons verban alle soetgoed, gaskoeldrank, drank, wapens(insluitend messe, vurke, klippe, brandstof van enige soort), voertuie, kyk net hoe lyk die lug van al die voertiug besodeling, oop vure. So jule wat so vinnig op die bandwagon klim wees versigtig. Om net eenvoudig te veel te oefen is dodelik en skadelik vir die liggaam. Net om gesond te eet is skadelik as julle wel besef waardeur sommige gesondsheids kosse gesit word of net geplant word is daar gifstowe betroke.

Elmer Swanepoel ·

Ek het in 1964 my laaste sigaret gerook. Ek is amper 83 en my longe werk nog 100%, dank die HEER. My suster is op 58 oorlede aan longversaking, sy het net menthol sigarette gerook.

Snuffels ·

Emily, kom ek staan in die publiek en drink en dan druk ek my drank asem heeltyd in jou gesig… Kyk of jy daarvan hou.

wilma ·

My man het ook die houding ingeneem van wie wil nou met gesonde longe doodgaan wanneer ons hom gesoebat het om op te hou rook. Ek kan aan niemand vertel deur watse lyding hy nou gaan a.g.v. daarvan nie en wie sit met die gebakte pere om hom te versorg – die mense wat hom blink gelek het. En dit is suiwer hel vir almal!

Anti Da ·

Gegeurde dagga se verkope sal seker nou optel. Dink net aan al daai giftige gasse van voertuie in die stad. Of lugbesoedeling by fabrieke. Ensv. Ensv. Stupid mense.

Hahaha ·

@Scalla ….. dit het nie gestink voor jy daar gekom het nie

Attie. ·

Ek het matig gerook tot 1998. Ek het mentolsigarette gerook. Op Republiekdag 1998 is ek gediagnoseer met die beginstadium van Emfiseem. Daardie dag het ek met die hulp van die Here dit gelos en nooit weer aan ‘n rookding geraak nie. Toe ek uit eie krag wou ophou die vorige 1000 keer toe kon ek nie. Ek loof en prys ‘n Lewende God.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.