Rokers teen regering in hof

(Argieffoto: Nam Y. Huh)

Die Fair Trade Independent Tobacco Association (Fita SA) voer in hofstukke aan die verbod op die verkoop van tabakprodukte was nooit regmatig om mee te begin nie en vra nou vir ʼn dringende bevel dat die besluit daaroor omgekeer word.

Fita SA se voorsitter, Sinenhlanhla Mnguni, sê die vereniging beskou die verbod wat saam met die staat van landwye afsondering op 26 Maart in werking getree het as onregmatig omdat die verbod op die verkoop van sigarette nooit uitdruklik só in die aanvanklike afkondiging gestipuleer was nie.  Mnguni sê die vereniging betwis dus nie net die regering se skielike ommekeer verlede week oor die verkoop van sigarette nie.

Die vereniging se hofsaak om die besluit ter syde te stel het Maandag in die hooggeregshof begin.

Pres. Cyril Ramaphosa het op 23 April gesê die verbod gaan op 1 Mei, toe die afsonderingsregulasies na vlak 4 afgeskaal is, opgehef word. Ses dae later het sy minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, egter uit die bloute aangekondig dat die verbod volgehou word.

In sy hofstukke eis Fita dat Ramaphosa en Dlamini-Zuma teen Woensdag aandui of hulle die aansoek gaan teenstaan.

Die vereniging vra ook dat Ramaphosa en Dlamini-Zuma teen 26 Mei redes voorsien oor hoekom ʼn bevel nie toegestaan word dat sigarette ingevolge die aanvanklike rampregulasies ʼn noodsaaklike item is nie. Fita SA vra verder dat sekere bepalings wat op 29 April afgekondig is, geskrap word.

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Hy eis ook toegang tot die notules van drie vergaderings van die nasionale bevelraad oor die Covid-19-pandemie. Die eerste is die vergadering waar daar op die aanvanklike verbod besluit is, die tweede waar daar besluit is dat die verbod opgehef gaan word, asook die notule van die vergadering waar dié besluit weer herroep is.

Fita soek dié rekords teen 19 Mei.

Die vereniging verteenwoordig mediumgrootte tabakprodusente en vra dat sigarette ingesluit word in die lys van toegelate verwerkte landbouprodukte.

Hy voer voorts aan dat die ministers wat by die besluit oor die verbod betrokke was hul magte oorskry het en sê daar is onvoldoende bewyse dat ʼn verbod op sigarette doeltreffend is om die verspreiding van Covid-19 te stuit.

Mnguni het ook die beduidende verlies aan inkomste aan die staat en die minister van finansies, Tito Mboweni, se teenkanting van die voortgesette verbod benadruk. Mboweni het gesê die staat het tot dusver R1,7 miljard weens die verbod op die verkoop van sigarette en alkohol verloor.

British American Tobacco South Africa (Batsa) het die regering ook tot 10:00 Maandag gegee om die verbod op te hef.

Die waarnemende minister van kommunikasie, Jackson Mthembu, hou egter voet by stuk dat die regering hom nie van stryk gaan laat bring oor die kwessie nie.

Ramaphosa het gister boonop bewerings dat daar spanning in die regering oor die verbod is, verwerp.

Volgens die president is daar gesamentlik besluit dat die verbod volgehou gaan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Anel ·

Ek kan net lag. Hoe langer die verbod hoe meer maak hulle uit onwettige handel. Maar lyk my nie hulle verstaan dat die belasting wat op tabak betaal word nie deel uitmaak van hul salarisse nie. En ek het gedink CR is ‘n besigheidsman.

Pieter ·

CR is duidelik nie ‘n besigheidsman nie. Gekwalifiseer as regsgeleerde, daarom is hy seker lief vir regsgedinge. Sy fortuin uit BEE (Mondi, Shanduka Coal nou deel van Glencore, Lonmin, swaer van Patrice Motsepe, Bosasa, Phakiso car hire waar al die staatsdepartemente hul huurkarre kry, ens.). BEE en konneksies gee ‘n mens nie besigheidskennis nie. Easy come, easy go.

Jurg ·

Hoekom soveel tyd gee om te reageer hul gaan weer bewyse konkel om mee weg te kom in tussentyd raak hul beursies al hoe dikker met onwettige handel

Pieter ·

Soos die regering onwillig is om R35 Miljoen per dag in te samel op tabakbelasting, kan ons daaruit aflei dat my persoonlike belasting ook nou onnodig is? Basiese rekenkunde wys my dat hierdie regering en land groot probleme het en slegs opgelos word met ‘n verandering in regering deur bekwame, eerlike persone en ‘n verandering in kiesersgedrag.

Fedup ·

Why wait till the 26th of may? Take them to court now. Do not give them time to think of excuses. Anyhoo, sumsa and her people will make sure that the sigarette ban stay in place. If it’s lifted, she and her band of cronies will lose all of their illegal sigarette sales and money.

Elméne ·

Rooikoos, ek dink daar is ‘n PAAR rotte betrokke by hierdie storis!

JohanR ·

In Engels se mens “you can swing in which whatever way you want to”. Ek kan nog miskien dit insien dat jy nie drank mag koop nie, maar nie sigarette koop nie bogels the mind. Toe my Pa nog geleef het, het ek gesien hoe hy een aand amper die plaas huis uitmekaar geskeur het op soek na ‘n sigaret. Op die ou einde het ek in dorp toe gery om vir hom ‘n paar pakkies te gaan koop. Hoe lank moet ‘n roker sonder sigarette nou eintlik gaan onder Covid-19…twee maande, drie maande, vier maande? By daai tyd het die roker onwettige handel gedryf met Adriano Mazzotti, Dlamini-Zuma, Edward Zuma, en Duduzani Zuma net om hy/sy se fix te kry! Hoop rerig Fita SA wen hierdie saak. Ek kry soe lekker as stof in die gesigte van hierdie ANC goverment geskop word!

Renee ·

Stem 100% saam net jammer dit gaan so laat gebeur dat hulle reeds genoeg geld gemaak het.

katerinadiekat ·

Nee wat 26 Mei gaan niks help nie. Hoeveel mense het by daai tyd al selfmoord gepleeg van stress? Die black market siggarette is vreeslik duur nie almal sal dit heeltyd kan bekostig nie.

Janc ·

Die verbod op sigarette veroorsaak dat mense in elk geval “onwettig” sigarette koop! Die gesondheids risiko is soveel meer want dit wat tans beskikbaar is op die “swart mark” sal jou verseker in die hospitaal laat beland. Dis erg genoeg dat hierdie ding die hele wereld tot stilstand gebring het en almal in hulle huise in forseer het, laat die mense net hulle sigaret en ‘n drankie geniet terwyl hulle gehoorsaam is om tuis te bly? Wat is fout daarmee? Die inperking is reeds erg genoeg vir ons Suid-Afrikaners wat baie sosiaal is, nou is ons gehoorsaam, maar word verbied om dit te geniet by die huis gedurende die inperkings tydperk ook? As die regering nou wil beweer dat die drank gaan veroorsaak dat mense social, waarheen gaan hulle gaan as al die kuierplekke toe is, maak glad nie sin nie!

Erica ·

Hulle doen net wat hulle wil. Teen die 26st is ons hooplik al in stage 3. Dan moet hulle dit oop maak. Maar soos ons weet die ANC gaan die lockdown rek om hulle te pas.

Toy ·

Dit is belaglik om te dink, Covid 19 en rook hou verband met mekaar. Dit gaan absoluut oor mag, as iemand wil rook sal hy rook of die persoon dit wettig doen of onwettig.

Gilla ·

Dis heeltemal te lank om te wag. Teen daai tyd het ek iemand al aangerand. Ek wou ophou, maar nie so nie.

Lourens CFG ·

Ek is baie naby aan iemand aanrand en uitmekaar ruk. Rook al 54jr.

Herman ·

Klink nie vir my die regering is gepla oor die biljoene wat verloor word nie. My opinie, hulle maak goed geld uit onwettige handel en na die “lockdown” gaan die belasting betalers(die wat nog werk het bygese) al die “verlore” geld dubbeld en dwars terugbetaal. Hulle sal sorg dat hulle nie aan die verloor kant is nie. FITA maak net n groot geraas aan die ander kant is dit meeste van hulle “brands” wat op die sluikhandel mark verkoop word. Baie mense dink CR en sy span is dom, hulle almal skep. Ons is die narre in die verhaal

katerinadiekat ·

Ek dink dis tyd om die VN te nader oor hierdie sadistiese verbod op tabak verkope. Al die tabakmaatskappye moet n alliansie vorm en binne die volgende week dringend die VN nader. Ook moet elke familie waar n lid selfmoord gepleeg het of n beroerte, hartaanval of senuwee instorting gekry het weens die stres van gedwonge staking van rook, die regering dagvaar. Vir Dlamini Zuma in haar persoonlike kapasiteit.

Chris ·

Mag diegene wat nou benadeel of verontreg voel, hetsy dit oor rook, drank, gebrek aan hulp en onbillikke praktyke en so meer gaan, dit onthou wanneer daar weer gestem word.

Maria ·

wie is hierdie sogenaamde nuwe Bevelsraad nou eintlik? dit klink soos n regime se nuwe skepping

Francois ·

Ek is nie n roker maar DZ redineer soos n graad 1. As hulle se die virus word versprei onder rokers wat sigarette deel wat van die miljoene mense wat geld deel. Hoeveel geld verwissel nie hande vandag. Gaan hulle nou n verbod op geld ook plaas?

Alida ·

Hulle moet ontslae raak van die kopdoek tannie sy is duidelik onbevoeg vir die pos maar bevoeg genoeg om onwettige sigarette te smokkel.

koos10 ·

Daar is nog ‘n groter prentjie wat die regering ook heeltemal mis kyk.
Rokers kry nou onwettige sigarette, wat hulle nou agter kom is glad nie sleg nie, en sowat 75% goedkoper is as wettige sigarette (in normale omstandighede R10 vs R40 per pakkie).
Nou ek voorsien dat die rokers nie sommer, as die lockdown verby is, weer na hulle wettige sigarette terug keer nie. So die verlies aan belasting gaan aan hou tot jare na dat COVID 19 al lank vergete is.

PieterP ·

NDZ is dan deel van Golden leaf tobacco verstaan ek, so sy en ander klein Zuma skep lekker want wat kry jy oral op straat nou? Jip net die “brands” van hulle af. Sal seker vreeslik geskok wees en wil ondersoek hou eaar het die goed uitgekom. Skelm gebore.

Heather ·

Ek sien dat dat petisie gedoen is vir die, staan. Van die verbod 19800 sogenaamde handtekeninge teenoor die meer as 300 000 getekende petisies vir die lig van die verbod, en hulle verloor eerder 35miljoen aan inkomste te danke aan dieselfde mense wat diecstaat nou so straf!!!????

Petrus Johannes ·

Dis lagwekkend hoe die ministers sake hanteer weerspreek en weerspreek dink hul ons het nie breins nie.Hul moet wakker skrik ons hang nie aan toutjies nie

Laura ·

Die verbod is dood eenvoudig n mags en kommunistiese trip. Rokers het geen impak op ander mense nie. Dood eenvoudig n persoonlike keude wat niks met enige iemand te doen het nie

Jan ·

Als is net smoke en mirrors. Wat steek hulle weg. Van die staats basse.maak geld op die kand .

Wiehan ·

Die enige mense wat nou geld maak uit rook is die onwettige Pakistanis met hulle kafees. Ek hoor vandag hulle vra nou R45 per pakkie cheap sigarette. En die beste is, die regering en die Polisie doen asoluut niks daarin

Chris ·

Gehoor party vra nou al R110 ‘n pakkie vir normale cheap sigarette.

Wonder ·

Hulle het kamma ook n probleem met die wat mens se hand na jou mond toe gaan met sigarette, my hande is meet in my gesig met die masker op omdat die ding my irrieteer, dan is ek nog nie eers gesanitize wanneer ek by winkel uit gaan nie, in tern deel is ek gesanitize voor my hand met sigarette na my mond toe gaan, ek sien op straat van mense wat kos deel, hulle verskonings maak glad nie sin nie!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.