Roland Schoeman geskors oor verbode middels

Roland Schoeman. Foto: Twitter.

Die voormalige Olimpiese swemkampioen Roland Schoeman is vir ʼn jaar geskors nadat hy positief getoets het vir ʼn verbode middel.

Die 39-jarige Schoeman het volgens die Internasionale Swemfederasie (Fina) in Mei verlede jaar positief getoets vir GW501516, wat nie meer kommersieel vervaardig word nie aangesien dit as ʼn kankerrisiko beskou word.

Schoeman was besig om te oefen om vir die Olimpiese Spele in Tokio in 2020 te kwalifiseer.

Hy het by die Olimpiese Spele in Athene in 2004 drie medaljes, waaronder goud in die 4×100 m-vryslag-aflos, verower.

Hy is ook ʼn driemalige wêreldkampioen wat ʼn wêreldrekord opgestel het toe hy die 50 m-vlinderslag-titel in 2005 in Montreal verower het.

Schoeman se skorsing verstryk op 17 Mei vanjaar.

Die middel GW501516 word deur die Wêreldagentskap teen die gebruik van verbode middels (Wada) verbied in die kategorie van ʼn hormoon- en metaboliese moduleerder.

Die middel is onttrek aan navorsing deur farmaseutiese maatskappye toe ernstige toksisiteite in die voorkliniese studies ontdek is, het Wada sewe jaar gelede gewaarsku.

Schoeman kan appèl aanteken teen die verbod by die arbitrasiehof vir sport.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

isabelle ·

dit is nou hartseer…ek like die mannetjie hy is my gunsteling na chad

Porseleintjie ·

Ongesonde begeerte na prestasie maak dat n mens struikel. So jammer Roland. Onthou dis nie die val wat saak maak nie, dis hoe jy opstaan wat tel.

Stefan ·

Ai ai, dus nou moet ons al sy vorige ‘prestasies’ in twyfel trek, once a cheat always a cheat.
Magtig man, hoe kan jy dit aan jouself doen met ‘n kanker verwekkende middel nogal.
Die straf wat gegee word is nie naby streng genoeg nie.

Namib ·

Dis nou wanneer iemand nie weet wanneer om op te hou nie. Hy raak nou te oud om met die jongetjies te kompeteer so wend hom nou na ongesonde hulpmiddele.

Chantel ·

Dalk moet die sportfederasies begin om skole rugbyspelers ook te toets, daar is honderde skole wat opkikkers gebruik om die seuns aan te “help”.

007 ·

Neewat kry maar vir jou. Jy is veronderstel om n voorbeeld te stel. Sies man.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.