Rolene Strauss: ‘Ek is steeds die kaalvoetmeisie wat boom klim’

Rolene Strauss, Mej. Wêreld 2014 Foto: www.doisongphapluat.com

Rolene Strauss, Mej. Wêreld 2014 Foto: www.doisongphapluat.com

Rolene Strauss, Mej. Wêreld 2014, hou vol sy is steeds die kaalvoetmeisie wat een keer in ʼn boom in die Krugerwildtuin vir haar ouers gesit en wag het nadat sy verdwaal het.

Dit is wie ek is, ek is die meisie wat kaalvoet loop en bome klim.

Strauss (22), van Volksrust in Mpumalanga, is verlede Sondag as Suid-Afrika se derde Mej. Wêreld gekroon. Sy het Saterdag na Suid-Afrika teruggekeer en het helde-ontvangs by die OR Tambo Internasionale-lughawe gekry.
Volgens Strauss wil sy graag ʼn nalatenskap agterlaat in plaas daarvan om net op die uiterlike te fokus. Die vierdejaar mediese student het egter ook ʼn grapperige kant.

Indien jy enige drie mense vir ete kon nooi, wie sou dit wees?

“President Jacob Zuma, Melinda Gates, vrou van Bill Gates, en Aishwarya Rai, 1994 se Mej. Wêreld.”

Jou gunstelingboek?

“Ek het onlangs The Monk Who Sold His Ferrari gelees en dit het my lewe verander. Dit het my uitkyk op die lewe verander en weer laat besef dat jy die mag het om te bepaal waar jy wil wees.”

Hoe bly jy fiks?

“Ek is baie sportief en hou daarvan om aktief te wees. Ek hou daarvan om dinge saam my pa te doen wanneer ek tyd het. Ek probeer soveel as moontlik by die gimnasium uitkom maar dit is nie maklik nie. Ek het besef mens kan enige plek oefen. Wanneer daar nie ʼn gimnasium is nie spring ek sommer tou.”

Ergste dag van haar lewe

“Toe ek 16 jaar oud was, het ek alleen oorsee gereis. Ek was baie alleen en het gevoel modelwerk is nie vir my nie. Ek het vir iets gesoek om my te dwing om na Suid-Afrika terug te keer waarna ʼn spinnekop my gebyt het. Ek was alleen in Duitsland in daardie stadium en moes ʼn operasie ondergaan. Dit was die ergste dag van my lewe. Ek was alleen in ʼn vreemde land, ʼn spinnekop het my gebyt en ek het niemand gehad op my te help nie.”

Volgens Strauss sal sy daarvan gehou het om ʼn superheld te wees.

Superhelde kan enigiets doen en enigiemand help. Ek glo as vrouens het ons klaar die magic. My naam sou Prinses Vryheid gewees het. Vryheid is so pragtige woord, dit beteken so baie. In Suid-Afrika het ons vryheid van spraak, onderwys en geloof.

Strauss gaan die feesseisoen saam met haar familie deurbring. Wanneer haar jaar as Mej. Wêreld verby is, wil sy graag haar studies voltooi en ʼn dokter word, soos haar pa.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Henk Celliers ·

Wat n pragtigge vars briesie in Kerstyd,van die vroegste tye het die wyse manne(en mooi)uit die ooste gekom(Volkrust)gaan en maak n verskil,baie geluk Rolene!!!

Hanno Visagie ·

So lank sy ons asb spaar van die antichristelike antivolkige globalistiese humanistiese Nuwe Wereldorde VN-propaganda van ‘n reenboognasie en -wereld.

Danie ·

Hanno, jy ruik net die mis in die roostuin! Kom by en vergeet vir ‘n oomblik jou samesweringsteorieë! Dis met sulke opmerkings wat julle nou al jare die meerderheid Afrikaners van hul Afrikanerskap vervreem!

CT Botha ·

Ag Danie, ons is nie almal stupid nie! Die eerste ding wat sy gesê het is dat sy graag saam met die ou Zuma wil uiteet! En dat die kommunis en ateïs Nelson Mandela haar rolmodel is soos op Kyknet se nuus berig is. Nou noem my asseblief een rede hoe dit versoenbaar is met ‘n gelowige se lewens en wêreldbeskouining!

kerneels v schalkwyk ·

Hoekom moet party mense ander altyd afkraak. Ons bly in n pragtige lanb met mooi mense. Wees meer verdraagsaam en jy sal die lewe geniet. Kyk net hoe mooi is Nolene. Baie geluk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.