Rolene Strauss gekroon as Mej. Wêreld 2014

Rolene Strauss gekroon as Mej. Wêreld 2014

Rolene Strauss gekroon as Mej. Wêreld 2014

Rolene Strauss, Mej. Suid-Afrika 2014, is Sondag tydens ʼn glansgeleentheid in Londen, Engeland, gekroon as die nuwe Mej. Wêreld.

Mej. Hongarye is as die eerste prinses gekroon en Mej. Amerika is as die tweede prinses aangewys.

Rolene (22) is in Volksrust in Mpumalanga gebore. Sy is ʼn vierdejaar mediese student aan die Universiteit van die Vrystaat.

Sy het as agtjarige gesien hoe Jo-Ann Strauss as Mej. Suid-Afrika in 2000 gekroon is. Die twee skoonheidskoninginne is nie verwant aan mekaar nie.

Rolene is onder die top 5 aangewys saam met Hongarye, Australië, Amerika en Engeland. Altesaam 120 vroue het aan die kompetisie deelgeneem.

Rolene neem die kroon oor by Megan Young van Filippyne.

Mej. Thailand is as die kykersgunsteling aangewys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Marthie ·

Uitstekend, so trots op haar! Die laaste antwoord wat sy gegee het, was n wenner!

Willie ·

Baie geluk Rolene, dis ‘n groot prestasie! Nie enigeen word ‘n wêreldkampioen nie. Dis voorwaar ‘n titel om op trots te wees. Dra dit met vreugde.
Dit is darem ‘n lekker gevoel om so oorstelp te voel. Ek ken daardie onbeskryfbare gevoel.

Saamprater ·

Nog ‘n Suid Afrikaner wat die hoogste sport in sy/haar veld bereik het
Baie geluk, ons is saam bly en trots op haar
Hou ons naam hoog

phyllis lock ·

Rolene jy is n ster. Baie geluk en mag die toekoms vol vreugde en geluk wees
Jy is so n voorbeeld vir die jong geslag en dankie vir jou voorloop in nederigheid.wysheid en n mooi opgevoede geaardheid. Geniet dit baie xxxx

Shannon ·

Uistekend ! Nog `n laansie gebreek vir gelyke regte vir vrouens – skonnheids kompetisies ?

Kellies ·

Mooi Rolene, mooi. Wonder nou net? Dis seker ook nog apartheid se skuld dat ‘n witte gewen het, of hoe so ou Zoems.

Rita Venter ·

Rolene, jou prestasie maak ons as Suid-Afrikaners baie trots! Hou ons naam hoog! Sterkte en seen vir die jaar wat voorle!

Eugene Podges ·

Baie geluk met jou pragtige prestasie as Mej Wereld 2014. Ek weet dat jy Suid Afrika se naam hoog sal hou want ons woon in die mooiste land ter wereld.

SUSANNE JORDAAN ·

En sy praat Afrikaans Baie geluk my vingers was seer van die duim vashou dat sy moes

Steve ·

Baie geluk Rolene en dankie aan Werner Wessels wat gesorg het vir die stilering. Werner het hom uitstekend van sy taak gekwyt om al die uitrustings by mekaar te sit. Dit was ‘n taak goed gedoen 80 uitrustings is gepak en gelys. ROLENE het met elke geleentheid geskitter.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.