Rolene Strauss gereed om kroon te oorhandig

Rolene Strauss is gereed om die kroon te oorhandig. Foto: Verskaf

Rolene Strauss is gereed om die kroon te oorhandig. Foto: Verskaf

Rolene Strauss gaan 19 Desember amptelik haar kroon as Mejuffrou Wêreld aan haar opvolger oorhandig wanneer die nuwe Mejuffrou Wêreld tydens die 65ste Mejuffrou Wêreld-skoonheidskompetisie in Sanya, China, aangekondig word.

Rolene was ʼn vierdejaar mediese student by die Universiteit van die Vrystaat toe sy as Mejuffrou Wêreld gekroon is. Hoewel dié gesogte titel verskeie verantwoordelikhede en ʼn  vol program meegebring het, beplan sy om ʼn selfs beter jaar in 2016 te hê.

Die skoonheid het ook in Julie vanjaar verloof geraak en beplan om in Februarie die knoop met die sakeman D’Niel Strauss deur te haak .

Alhoewel haar trouplanne haar taamlik besig hou, het Rolene gesê dat sy beplan om na Bloemfontein terug te keer om haar mediese graad te voltooi.

“Ek wil persepsies verander en ook iets bydra tot die gesondheid van vroue in Suid-Afrika. My mediese graad is vir my belangrik en dit sal altyd my passie bly.”

Rolene het gesê dat die ervaring as Mejuffrou Wêreld tot nuwe en lewenslange vriendskappe gelei het en dat dit slegs ’n eer is om Suid-Afrika internasionaal te verteenwoordig.

“Die grootste les wat ek geleer het gedurende my jaar as Mejuffrou Wêreld, is dat ons almal besig is om geskiedenis te maak, ongeag van wat ons doen of waar ons is,” het die skoonheid bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Joey Combrinck ·

Rolene is darem beeldskoon – was ‘n wonderlike ambassadeur vir SA . As ek lees dat sy ongeag haar aktiwiteite , troue ens. steeds haar passie en behoefte om haar studies te voltooi behou het besef ek dit is mos watter gehalte mediese personeel ons land nodig het. Iemand met passie vir die mediese beroep. Baie sterkte vir die toekoms Rolene. Mag jou lig helder skyn op jou pad vorentoe.

marianne ·

ROELIEN JY IS MOOIER AS ‘n MENS EN DIT IS NIE UITERLIK NIE. Jou wereld jaar is verby – veels te gou. JOU NUWE LEWE JOU NUWE JAAR LE VOOR. Ek dank God dat jy so ‘n prag voorbeeld was en sal wees. Jou ouers moet onvoorwaardelik trots wees op jou. ALLES VAN DIE BESTE.

Peet Schabort ·

My oupa was al 87 jaar oud toe hy in Middelburg Tvl. my as 19 jarige se aandag gevestig het op die “mooi fris jong nooi” wat by ons verby gestap het. Dit kan ek ook sê van Rolene en ‘aantreklik’ byvoeg. Beslis is sy nie ‘n ‘wandelende verfadvertensie”. Jy is beslis ‘n ambassadeur vir ons in ‘n tyd waar dit met ons land nie goed gaan. Wil jy nie ons president ook word? Jou gesig op ons Randnote kan ons red van rommelstatus.
Heil en seën vorentoe vir jou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.