Rolene Strauss verloof: Só lyk die ring en die gelukkige man

Mej. Suid-Afrika Rolene Strauss gekroon as Mej. Wêreld 2014 Foto: @haseebofficial, Twitter

Mej. Suid-Afrika Rolene Strauss gekroon as Mej. Wêreld 2014 Foto: @haseebofficial, Twitter

Trouklokkies wink vir Rolene Strauss.

Strauss, wat tans met die Mej. Wêreld-titel pronk, het dié opwindende nuus Vrydag op sosiale media gedeel.

Laurie Botha, eienaar van Model Management-agentskap wat haar op 16-jarige ouderdom ontdek het en haar in die modelwêreld gelei het tot waar sy vandag is, het aan Maroela Media bevestig dat haar vriend van die afgelope drie jaar, D’Niel Strauss, ʼn sakeman, haar om die jawoord gevra het.

Strauss se ring.

Strauss se ring. Foto: Facebook

“Ons weet nog nie presies wanneer, waar en hoe dit gebeur het nie. Sy was twee dae gelede nog in Mexiko om haar verpligtinge as Mej. Wêreld na te kom,” het Botha gesê.

Botha het gesê die paartjie gaan volgende jaar trou nadat Strauss haar verpligtinge as Mej. Wêreld afgehandel het.

D'Niel Strauss. Foto: Facebook

D’Niel Strauss. Foto: Facebook

“Sy is steeds ʼn baie tradisionele vrou en die troue is deel van haar toekomsplanne ná Mej. Wêreld. Sy gaan ook haar mediese studie voltooi. Tans geniet sy elke oomblik van haar reis. Sy is mal oor mense en om verskillende lande te besoek.”

Haar ring is deur Jack Friedman Juweliers ontwerp en gemaak. Die Bloemfonteinse ontwerper, Capser Bosman, gaan haar trourok maak. “Hy is dieselfde ontwerper wat die pienk aandrok ontwerp het wat Rolene gedra het toe sy as Mej. Wêreld gekroon is.”

Strauss, van Volksrust in Mpumalanga, is in November as Suid-Afrika se derde Mej. Wêreld gekroon. Volgens Strauss wil sy graag ʼn nalatenskap agterlaat in plaas daarvan om net op die uiterlike te fokus.

“Ons is baie bly en opgewonde en gaan om 16:00 ʼn glasie sjampanje op haar klink. Hy kry die ongelooflikste, lojaalste, oulikste en natuurlik die mooiste vrou denkbaar,” het Botha bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

ladybug ·

Kan sommer sien hierdie is n oulike man! Geluk julle twee!

JoeV ·

Klink amper soos nuus wat hulle families moet hoor? Iemand hulle laat weet?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.