Rolprent oor Griekwastad-moorde gemaak

Deon Meyer het die regte van die boek, 'Die Griekwastad-moorde – Die misdaad wat Suid-Afrika geruk het' deur Jacques Steenkamp vir die rolprent bekom.

Deon Meyer het die regte van die boek, ‘Die Griekwastad-moorde – Die misdaad wat Suid-Afrika geruk het’ deur Jacques Steenkamp vir die rolprent bekom.

In April 2012 word Suid-Afrika en die wêreld tot stilstand geruk met die skokkende nuus van die moorde op Griekwastad in die Noord-Kaap.

Deon (44), Christel (43) en hul dogter, Marthella (14), Steenkamp is wreed op hul plaas, Naauwhoek, vermoor. Marthella is ook verkrag. Don Steenkamp, hul seun wat ten tyde van die moorde 15 jaar oud is, word in 2014 in die hof aan dié gruweldade skuldig bevind.

Dié skokverhaal word vanjaar op die silwerdoek verewig deur die produksiehuis SCENE23. Die wêreldberoemde Suid-Afrikaanse akteur, Arnold Vosloo, sal die hoofrol van kolonel Dick de Waal vertolk. Dit is Vosloo, wat in internasionale flieks soos The Mummy, The Mummy Returns en Blood Diamond teenoor Leonardo DiCaprio gespeel het, se eerste Afrikaanse rolprent in meer as 30 jaar.

Tertius Kapp en Jozua Malherbe, albei Safta-wenners, is onderskeidelik verantwoordelik vir die teks en regie. Die fliek se verfilming neem in Mei ʼn aanvang.

“Om feitelike gegewens in ʼn speelfilm te verpak is ʼn uitdaging waarna ek baie uitsien,” vertel Malherbe, wat die regie van dié rolprent behartig.

“Die Griekwastad-moorde het ons land geskud en ek hoop om die oorsake en karakters te ondersoek — asook die omvang van die impak op al die betrokkenes,” sê hy.

Die ontwikkeling van die rolprent was een van SCENE23 se eerste projekte. Deon Meyer, Tim Theron, Cobus van den Berg en Tracey Lange is die vervaardigers aan die stuur van dié produksiehuis en die Griekwastad-moorde-projek.

Die idee vir die fliek was aanvanklik dié van Meyer, bekende Suid-Afrikaanse skrywer van boeke soos Orion en Jagveld, wat ook vir die kassie en silwerdoek verwerk is. Hy het die regte van die boek, Die Griekwastad-moorde – Die misdaad wat Suid-Afrika geruk het deur Jacques Steenkamp bekom.

“As misdaadskrywer was ek uiteraard – soos die res van Suid-Afrika – heeltemal geboei deur die Griekwastad-moorde, en het van meet af aan geglo dit kan ʼn meesleurende fliek maak. Jacques Steenkamp se briljante boek het my uiteindelik oortuig om hom oor dié moontlikheid te nader,” sê Meyer.

“Die gebeure van die Griekwastad-moorde het die hele land vasgenael gehou en tot vandag word daar steeds geworstel met vrae soos ‘Hoekom? Hoe kan ʼn kind so iets doen? Kan so iets in my familie gebeur?’”

Don Steenkamp wat sy ouers en sussie op 6 April 2012 op hul plaas Naauwhoek in Griekwastad doodgeskiet het.

Don Steenkamp wat sy ouers en sussie op 6 April 2012 op hul plaas Naauwhoek in Griekwastad doodgeskiet het.

“Ons kan nie wag om ʼn storie aan te pak wat só drasties ons land se verbeelding aangegryp het nie. Die Suid-Afrikaanse gehoor kan verseker wees dat die fliek nie net weer die feite rondom die saak gaan weergee nie, maar die drama en menslikheid gaan wys wat gepaard gaan met die unieke omstandighede van, en die mense betrokke by die ondersoek na die moorde,” sê Tim Theron.

Cobus van den Berg, ook vervaardiger, beaam dit. “Die fliek sal die kyker laat regop sit in die besef hoe uiters belangrik dit is om by die volle waarheid uit te kom. Ons samelewing kan nie gesond wees, vrede maak of vergewe daarsonder nie.”

“Lees was nog altyd ʼn groot ding vir my en as dit kom my moordsake en die verslaggewing daarvan, het dit my altyd gepla dat ek nie heeltemal ʼn prentjie kon vorm oor wat presies die reaksie van die persoon was toe hulle ‘gevang’ was nie; die gevoel van die speurders aan die stuur van die saak; hoe hulle nog daagliks aangegaan het met hulle lewe,” sê Tracey Lange, ook vervaardiger.

“Dit was een van die deurslaggewende faktore wat my laat besluit het om deel te word van die span as vervaardiger.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

68 Kommentare

Heksie ·

ek gaan dit beslis nie misloop nie! Arnold Vosloo en Deon Meyer … dit gaan beslis ‘n fliek wees om te sien!

Theresa ·

Dis heeltemal simpel om flieks te maak van sulke hartverskeurende gebeure. Diè spul in die tronk smile natuurlik oor die aandag.

Karin ·

@Theresa, en wat van wereld oorlog movies, titanic? 9/11 ? die holocaust?

Lizelda ·

Ek stem 100% saam met jou. Ek meen wie ken werklik wat daar gebeur het? Net die moordenaar wat nou in die tronk is en hy gaan beslis nie die ware gebeurtenisse gee nie. Nee, ek dink nie dit is goeie smaak om geld te wil maak uit so hartverskeurende tragedie nie. Niemand in SA sal ooit die Griekwastad moorde/slqagting vergeet nie, ons hoef nie n fliek te kyk om die slagoffers te onthou nie.

XOX ·

Ek stem volkome saam. Geld maak is beslis die enigste logika rede hier …

Realis ·

@Theresa – ‘n Groot klomp van die flieks wat jy al gekyk het is ook op ware gebeurtenisse gebaseer. Dis hoe die lewe werk. Die filmmaker vertel die storie soos hy dit interpreteer en hy maak ‘n paar rand daaruit. Jy gaan kyk die fliek en bepeins wat jy gesien het. Almal gelukkig. As dit jou pla, moenie die fliek gaan kyk nie, jou keuse.

Elke ·

Ek stem met jou saam. Ek het die sage nie eers in die media gevolg nie. Na my mening, is die seun se skuld nie bo alle twyfel bewys nie, wat as hy werklik soos hy nog heeltyd gesê het, onskuldig is? Eerste berigte het buitendien “geen bewyse van verkragting” bvind en toe skielik (nes in die ET moordsaak,) was daar weer verkragting.

Herman van Tonder ·

Watse vreugde put n mens daaruit om so n fliek te maak met soveel hartseer en ou wonde oop te krap ,is daar nie al genoeg hartseer in die wereld nie

Ronel ·

Elke, ek dog jy het nie die “sage” in die media gevolg nie, hoe weet jy dan so baie van die saak?
Ek is ten gunste van die fliek, baie keer word daar details nie vir die publiek vrygestel as die saak besig is nie, maar kom tot lig in ‘n fliek, dan kan jy, soos ‘n vorige skrywer bo, bepeins oor wat jy gesien het teenoor dit wat jy gelees of gehoor het in 2012.

Neels ·

Dit is n hartseer storie, maar miskien bring dit net die man sover om oop te maak en om afsluiting te kry. Daar is baie bespiegelinge en vrae , Ouers moet kyk hoe hulle hulle kinders behandel as moet nie die een meer aandag gee as die ander en ook nie afkraak nie. Nie dat ek se dit was hier die geval nie

Janet ·

Ek wonder altyd of wanneer iemand besluit om so film te maak dink aan die familie wat agterbly, die ou wonde wat oopgekrap word en niemand behalwe ‘n “kind” weet werklik wat daar gebeur het en wat in sy hart aangegaan het nie. Ek dink dat bietjie “drama” ook bygevoeg word sodat dit ‘n groter gehoor trek – en word daar dan aan die familie gedink nee sekerlik nie !! Sterkte aan die familie

Lizelda ·

Ek stem 100% saam met jou. Ek meen wie ken werklik wat daar gebeur het? Net die moordenaar wat nou in die tronk is en hy gaan beslis nie die ware gebeurtenisse gee nie. Nee, ek dink nie dit is goeie smaak om geld te wil maak uit so hartverskeurende tragedie nie. Niemand in SA sal ooit die Griekwastad moorde/slqagting vergeet nie, ons hoef nie n fliek te kyk om die slagoffers te onthou nie.

Waarheid ·

Vir die filmmakers gaan dit net oor hulself en beroemdheid. Dis al.Nog n veer in die hoed.
Dit gaan nie oor wat werklik gebeur het en waarom dit gebeur het nie.

GM ·

Neels, daar is beslis iets meer verkeerd met ‘n persoon wat sy hele gesin so wreedaardig kan vermoor en sy suster verkrag as net: ‘my ma het my sussie meer aandag gegee as vir my’.
Jonger kinders kry gewoonlik meer aandag (of die ouers is meer ontspanne) terwyl die ouer kinders dikwels strenger grootgemaak is, maar almal gaan vermoor nie mekaar nie. Daar is baie wat hul ouers haat, en net wegstap in plaas van moord pleeg.

honourable member ·

Hierdie fliek gaan baie wonde weer oopmaak vir die familie wat moet probeer verstaan wat hier gebeur het en hoekom. Daai kind swyg tot vandag soos die graf oor wat gebeur het en dis net hartseer om te weet dat oor 20+ jaar hy uit die tronk gaan kom en sy lewe gaan aangaan terwyl sy hele familie in hulle grafte is.

Johann ·

Dis SO onvanpas! SHAME ON YOU!!!!!!! Om agter geldmaak aan te hardloop onder die dekmantel van kreatiwiteit? SIEK!!!!!

Adriana ·

Wys net hoe vervalle die moraliteit van SA burgers is.
Mal oor sensasie moord en doodslag.
Lekker gesels en film kyk met akteurs waaroor dit net oor roem en rykdom gaan.
100% vir julle.

JouHandjie ·

@Johann, en wereld oorlog flieks? Titanic? Jul iets niks gese toe steve sy plaasmoord fliek gemaak het nie? wat van daai slagoffers se families? Ek sien uit vir die movie!

LHS ·

As sielkundiges en psigiaters teen die tyd nog nie by iets kon uitkom sal niemand ooit regtig weet nie. Ek dink nie daardie kind weet regtig self nie, dink ook nie hy onthou werklik die detail van gebeure uit sy eie nie. Geen normale persoon sal so iets sommer net kan doen nie.

Joe ·

Hoekom? Omdat dit n fliek oor n Saffa is? Jul het ook niks gese oor Titanic nie? Jul love die movie, maar die is verkeerd?

Ander-kant-van-die-saak ·

Hoe voel die familie hieroor? Word dit met hulle goedkeuring gedoen of tel dit nie? Sien die vervaardiger net die (bloed)geld inrol?

En wat is die “feitlike verpakking” werklik. Niemand weet wat die werklike feite en verloop van gebeure was nie want Don Steenkamp het tot nou toe daaroor geswyg – en net hy kan dit feitlik vertel. Hy het nooit eers by sy Oupa, Ouma of familie gebieg nie.
So waarop word die “feite” dan gebasseer? Aannames?
Ten koste van naasbestaandes en familie?

Josef ·

Hoe voel die mense na al die Holocaust movies, na al die Titanic goed, na al die WW1 en 2 movies? Die irak en afgan oorloë ? Die is niks nuuts of spesiaal nie. Mense gooi hul toys want dis n saffa, nes met die oscar ding, dan is dit “swak smaak” en en en.

Deon ·

Absoluut noodsaaklik om so-iets te verfilm. Hoekom is mense so verkramp. Ons wil hê die buiteland moet bewus wees van plaasmoorde, waar ons families opgekap is . Dink julle nie wonde word dan oopgegrou nie!! So hou asb op om altyd te kla en gaan kyk die film of gaan trek die kombers oor julle koppe en probeer vergeet dat ons in ‘n siek samelewing bly!!

Erika du Toit ·

Dit is geensins, maar geensins noodsaaklik nie. ‘n Uiterste, uiterste droewige gesinstragedie (wat steeds vir geliefdes bitter moeilik is om te verwerk), kry in die openbaar die bitter oppervlakkige status van vermaak, sensasie en geldmakery. Kuns sal dit beslis nie wees nie, al sê wie ook wat. Dit sal wreed en tot oneer wees van die kosbare drie mense, ja, ‘n lieflike gesin wat vermoor is; om van die verkragting nie eens te praat nie. Hierdie is nie die “normale” Suid-Afrikaanse plaasmoord-situasie wat ten alle koste aan die lig moet kom nie. Dit weet almal. Inteendeel. So ‘n film kan as gruwelike voorbeeld dien vir vele ander jongmense om dit in dwase detail na te volg. Is dit wat die filmmakers beoog? Miskien nie, maar wat as dit wel gebeur? Soos die massaskieters wat aangehits word deur video’s en mediaberigte op internet… Gaan jy jou aandeel dan erken? Ons het ‘n reusagtige verantwoordelikheid teenoor die samelewing, veral teenoor ons jongmense en kinders. Nie om die aaklige, afstootlike bose te herskep en te beklemtoon of te romantiseer nie, maar om dit verag, te verafsku en te verwerp met alle mag. Besin mooi, want jy word dalk medewerker van nog ‘n tragedie, iets waarop jy nooit gereken het of voor beplan het nie. Dit kan uiteindelik voorkom asof jy misdaad propageer.

Rita Parys ·

Goed gestel, Erika. Hoop dit misluk totaal by die loket, maar van die kommentaar hierbo bewys net weer hoe siek ons samelewing is so dit sal seker ‘n reusetreffer wees en die vervaardigers al die pad bank toe breed laat glimlag. Ons het nie juis veel gevorder sedert die dae toe die Romeine mense vir die leeus gevoer het nie.

Karl ·

Sjo maar Saffas kan hul toys gooi as dit oor iemand in SA gaan, maar nie n woord te sê as dit van n ander misdaad in n ander land gemaak word nie. Tiepies.

Els van der Bijl ·

Dis siek om ‘n rolprent van Die gebeure te maak. Ek wil nie eers iets daarvan sien nie!!!! Arme Don!! Julle Kyk dinge mis in Die jongman se lewe!!!

Joe ·

@Els, soos wat? Dat hy n koelbloedige moordenaar is wat sy eie sussie verkrag en toe vermoor het? Hys n monster wat nooit die lig van dag moet sien nie.

GC ·

Wonder of Klein Don ook die fliek gaan kyk? eendag as hy uitkom……

JJS ·

Hulle sal dit in die tronk ook wys…. hy sal of ‘n celeb wees na die, OF hy sal moet wakker slaap…

Annie ·

Gaan kyk die fliek of los dit. Jy het altyd n keuse. Ek stem saam met Deon.

Gert van Wierdapark ·

Blah-blah-blah! Wie gee om, dis ou nuus wat net wol gaan omkry!

Blaarman ·

Ek sal dit gaan kyk – ek dink dit is ‘n goeie ding dat daar met ‘n kritiese oog en na baie nadenke die onderwerp aangepak word. Ek glo nie dit is in swak smaak nie – dit het gebeur en die film probeer belangrike vrae aanspreek.

Ek glo ook die persone hierby betrokke het die projek met die nodige erns en respek vir die gravitas van die gebeure aangepak.

Johanné Steyn ·

Miskien sal dit ‘n goeie ding wees as Don die fliek kan sien, want as daar enigsins verdraaiings is, sal hy dalk oopmaak om dit reg te stel

Carien ·

@ Johanné, dit is waar eat jy sê, ek stem volkome saam met jou.

Steve ·

Dis “common” en siek van Deon Meyer om te wil geld maak deur ‘n fliek hiervan te wil maak.
Dit klink my daar is nie meer goeie draaiboek skrywers en oorspronklikheid oor in die Suid-Afrikaner nie.

Zombie ·

Ten spyte van die skuldigbevinding van Don Steenkamp, wonder ek steeds of daar nie ń ander storie is nie. Hopelik gee die rolprent ander sieninge weer en is dit nie net ń blote herhaling van die “feite” nie.

Carien ·

Geen fliek oor enige ware verhaal word geskiet sonder die toestemming van die betrokke partye nie.
Wees gerus, al die nodige toestemming is bekom en word op papier deur al die betrokke rolspelers se regsverteenwoordigers hanteer.
Dit is ‘n hartseer verhaal wat reeds in die verlede in ‘n dokumentêr op TV uitgesaai is.
Sterkte aan almal hierby betrokke.

Rika ·

Ja en die volgende rolprent sal seker oor Henri Van Brede gemaak word wat ook sy hele familie uitgewis het behalwe sy suster.

Zombie ·

Zombie, ek voel ook so. Ek stem nie saam oor die maak van die fliek nie. Dink ook aan die familie en hulle gevoelens en is beslis nie verkramp nie, maar dink daar is iets wat mis gekyk is met hierdie saak.

Alida ·

Mens kan nie die Titanic hiermee vergelyk nie. Daar word nie flieks gemaak oor motorongelukke nie. Hierdie is n werklike bloedige moord en nie fiksie nie. Die huidige situasie in SA is nie gunstig nie. Daar familie en vriende wat probeer afsluiting kry. Swak swak smaaj.

Joe ·

@Alida, en WW2, die holocaust, die wat gesuffer het in Nazi duitsland ens? Jy kan die ook nie met n motorongeluk vergelyk nie. Dis nie in swak smaak nie, daar sal ALTYD flieks gemaak word oor monsters. Saffa of te not.

anton ·

Mense wat n probleem het met die film, hoef dit nie te gaan kyk nie, familie ingesluit!
Daagliks sien ons film uit ander lande van soortgelyke gevalle en baie is op die waarheid gebaseer maar niemand kerm daaroor.
As hy dan so onskuldig is soos hy beweer, waarom nie uitkom met n storie wat sin maak en sy onskuld kan bewys nie? Wie wil/sal onskuldig in tronk wil gaan sit?
As mense maar weet hoeveel mense in die tronk vertel jou hulle is onskuldig daar, sal julle op jul rug val.
Baie mense wil glo dat as jy n Leun lank genoeg glo en verkondig, sal dit in die waarheid verander!!!

SAboy ·

Wonder wat is volgende, n fliek oor Oscar P en sy gebeure???

Peet ·

Daar is al baie lank n fliek uit oor dit. Ons moet die twee in n kruit sit en laat baklei tot die dood toe.

anton ·

Kyk as ek darm beskuldig word van iets wat ek nie gedoen of aandeel in gehad het nie en ek moet onskuldig in n tronk gaan sit……….sal ek alles in my vermoee doen om my onskuld te bewys! Al word n Poligraaf nie in ons howe aanvaar nie, sou ek aandring daarop al is dit net om die ondersoekers/aanklaers en my prokureers te dwing om nog na ander bewyse te soek ens.
Niemand gaan te hard baklei vir jou onskuld as jy nie self inklim en veg en volle samewerking gee nie.
Net maar my 2 sent bydrae.

joeF ·

Jou prokureur gaan nooit ander bewyse gaan “soek” nie. Ons werk met wat gegee word aan ons, veral in defense. As prokureurs betrokke raak met bewys stukke soek, word dit te maklik verdraai.

George in Bloem ·

Mammon is ‘n magtige afgod. Daar is bitter min wat sommige mense nie sal doen vir geld nie. Ek hoop daai ding in die tronk kry nie ‘n pennie as vergoeding vir sy aaklige handewerk nie. Dis skuim soos hy wat baie mense laat terug verlang na die dae van die galg in hierdie land. Hy moes eintlik 6 voet onder die kluite gewees het as daar enige geregtigheid in hierdie gebroke land oor was.

Jan Publiek ·

Die Titanic was ‘n ramp van die natuur.
Jy kan dit nie vergelyk nie.
Daar is baie vrae oor Don Steenkamp en daar is baie dinge wat nooit geklop het nie.
Hierdie saak was nooit oordentlik ondersoek nie – baie mense was nie ondervra nie.

Joe ·

en die holocaust en ww1/2 irak oorlog, vietnam? soviet union? Jy hoef nie te kyk nie.

Wonder net ·

Wié was nie ondervra nie? Wát was nie ondersoek nie? Jy is of familie of vriende van die seun of van sy pleegouers – dan verstaan ek dis moeilik om objektief te wees .. OF jy sit die pot heeltemal mis. Die seun in skuldig bevind op grond van bewyse soos die feit dat hy tussen die eerste en tweede rondte skote ‘n skoon hemp gaan aantrek het en dat daardie ou hemp kruit van die geweer en impak bloedspatsels gehad het, sy weergawe van die gebeure is bewys of leuens te wees deur eenvoudige proeflopies te doen, hy het verskillende weergawes vertel van wat gebeur het vir verskillende dorpsmense en familielede, daar was van sy bloed op sy sussie – wat hy nie kon verduidelik nie… en dis net ‘n kort lysie daars soveel meer. Almal wat daai dag naby die plaas was is ondervra – so vertel ons wié is nie ondervra nie? Die seun het dit gedoen en klaar, dit help hom glad nie as mense aanhou verskonings vir hom maak en hom verdedig nie – hy moet sy fout erken sodat hy kan vrede vind en die familie vrede kan hê.

Louw ·

Mense wat kla oor die film en sê ‘wie weet regtig wat het gebeur?’… Het jy al die boek gelees? Of die hofuitspraak in die saak? Ja dis waar ons weet nie presies in detail wat gebeur het nie maar jy sal verbaas wees – ons weet oor as genoeg. Daar was verskriklik baie bewysstukke en getuienisse gewees wat ‘n duidelike prent skep. Ek werk in die regsveld en as sulks is ek gewoonlik skepties oor bewyse teen mense – ek wil oortuig word. In hierdie saak het die bewyse my, en die hof, bo alle redelike twyfel oortuig wat hier gebeur het. Mense moet aanvaar dat selfs so jongman ‘n donker kant kan hê.

At Dippenaar ·

Sal interressant wees om die rolverdeling te sien. Miskien kan Leon van Nierop inset lewer.

At Dippenaar ·

Die aantal kommentare wat hierdie artikel sover hierbo ontlok het is klinkklare bewys die fliek sal ‘n lokettreffer wees. Die vervaardigers sal moet uithaal en wys!

Petro ·

Hierdie is glad nie die tipiese plaasaanval nie. Hierdie is ‘n gesinstragedie.
Dit is ongelooflike tragies.

Karin ·

@Petro, natuurlik is dit nie n “tiepiese plaasaanval” nie, Don het sy suster verkrag en toe sy hele familie koelbloedig vermoor, en haar gemartel en vermoor.

waarheid ·

Laat die moordlustiges daarna kyk.
Hulle weet wie hulle is.

Smartie ·

Hi daar. Ek gaan die film kyk en geniet. Moordlustig maak dit my sê jy? Jy seker jy weet wat die woord beteken? As ons moordlustig was, sou die hele storie nie so big deal gewees het om mee te begin nie – dan was dit mos normaal of hoe? Ek as Christen respekteer die reg tot lewe van mense en is glad nie moordlustig nie. Wat ek wel in belangstel is die menslike ervarings en die uitstekende polisie ondersoek agter die verhaal. Hoe speuders en forensies die puzzle stukkies bymekaar gesit het, hoe die res van die familie en speurders reageer het toe hulle besef wat daar gebeur het. Hoe dit die gemeenskap geruk het. Die sielkunde agter ‘n normale seun wat so daad pleeg. As al die dinge my moordlustig maak dan misverstaan jy beslis wat dit beteken.

Nie-Skepties ·

Almal kla oor die fliek gemaak word maar die boek is dan reeds geskryf EN deur ‘n familie lid. So enigeen kon reeds die boek gelees het en niemand was omgekrap omdat DIT die familie sou omkrap nie.
Ek sien uit na hierdie fliek – die storie het my van die begin af geboei al is dit ontstellend om te dink dat so ‘n jong kind so wreed kan wees teenoor sy EIE familie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.