Rolprentspan kry voedselvergiftiging in Pretoria

Paramedici is na die rolprentstel in Pretoria geroep. Foto: ER24

Paramedici is na die rolprentstel in Pretoria geroep. Foto: ER24

Minstens 26 mense moes Saterdag behandel word nadat hulle voedselvergiftiging opgedoen het op ʼn rolprentstel in Pretoria.

Pieter Rossouw, woordvoerder vir ER24, het gesê paramedici is na die stel in sentrale Pretoria geroep nadat van die akteurs en rolprentspan gekla het van maagkrampe en naarheid ná middagete. Tien mense moes na ’n hospitaal geneem word vir behandeling.

“Meer en meer mense het begin kla van dieselfde simptome, so die hoeveelheid geaffekteerde mense kan meer as 26 wees,” het hy gesê. “Die presiese oorsaak van die voorval is nie bekend nie, maar ons glo dit was voedselvergiftiging wat veroorsaak is deur ʼn hoenderdis wat voorgesit was,” het hy gesê.

Rossouw kon nie bevestig watter rolprent dit was wat verfilm word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peet Schabort ·

Die resep is om die hoenders eers op ‘n sementvloer skoon te spuit . . .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.