Rolstoel-daggasmous vasgetrek

 

Foto: SAPD

ʼn Man in ʼn rolstoel in Welkom is uitgevang ná hy dagga en ander dwelms gesmous het.

Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, het gesê lede van die Thabong-intelligensiespan en Welkom se honde-eenheid het Saterdag inligting ontvang oor die man wat dwelms verkoop.

Hy is agter die Bedelia-winkelsentrum genader en gevra om deursoek te word.

“Daar is dagga en CAT by hom gekry – hy het letterlik bo-op hierdie dwelms gesit. Hy is net daar in hegtenis geneem,” het Thakeng laat hoor.

Die dwelms het ʼn beraamde straatwaarde van R1 500.

Die man (28) sal Maandag in die Welkom-landdroshof verskyn op aanklagte van handeldryf met dwelms.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Griet ·

Die dwelmhandelaars se vernuftigheid ken geen perke nie! Ek is net bly hy is uitgevang.

CAROL ·

Toemaar hy gaan niks oor kom – hy is dan mos in n rolstoel!!!!

vrikie ·

laat dit vir hom ‘n les wees ‘don’t smoke and wheel’

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.