Rolstoel in rooftog gebruik

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

Skote is Maandag in ʼn winkel in Bethlehem in die Vrystaat afgevuur toe drie mans die winkel van ʼn onbekende bedrag kontantgeld beroof het.

Thabo Litabe, woordvoerder van die polisie, het gesê die drie mans het die winkel binnegekom terwyl een van die verdagtes sy makker in ʼn rolstoel ingestoot het. Volgens Litabe was ʼn veiligheidswag besig om kontant by die winkel af te haal en het twee van die verdagtes op hom toegesak.

“Hulle het hom beveel om die kontant op die grond neer te sit en ʼn stoeiery het uitgebreek nadat hy geweier het. Twee skote is afgevuur waarna die verdagte in die rolstoel skielik opgestaan en die kontant by die veiligheidswag afgeneem het.”

Volgens Litabe is die veiligheidswag se vuurwapen ook afgeneem en nog ʼn skoot afgevuur voordat die verdagtes op die vlug geslaan het in ʼn wegkommotor sonder nommerplate wat buite die winkel op hulle gewag het.

Dit is onbekend hoeveel verdagtes in die motor was. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Popeye ·

Ek het sulke dinge al in goedkoop spaghetti westerns gesien, die werklikheid in die land is ‘n riller!

amelia ·

Ja die publiek van ons. Ek is van die geweste. Gister in die Poskantoor het ‘n sg mens eenvoudig van buite gekom en voor my ingedruk. Ek konnie glo wat ek sien. Hy het dinge gese waaroor ek eerder stil sal bly. ‘n Ander een agter my het net sy kop geskud. In Bethlehem stop die sg publiek ten aanskoue van enigeen op disabled parkerings. Klim gesonde 3-5 uitgevrete sg mense uit hul voertuig . (o ja, die bordjies is deur hul verwyder) Ek en ‘n ander person het voor Mug and Bean foto’s geneem op verskillende dae en tye. Die sogenaamde publiek maak ons ander opgevoede mense se lewens hel. Niemand tree op, want dit is ek dink teen die wet om teen so iets op te tree. Dit word rasisme genome.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.