Rommelstatus is mosie van wantroue in land se bestuur

rommelstatus-afrisake-en-dawie-roodt

Grafika: AfriSake.

Die kredietgraderingsagentskap Standard & Poor Global Ratings (S&P) se besluit Maandagaand om staatskuld in buitelandse geldeenhede af te gradeer na rommelstatus is ʼn bevestiging van die politieke onstabiliteit wat tans aan die orde van die dag in Suid-Afrika is.

Die ekonome Dawie Roodt en Adam Jacobs meen die kredietgraderingsagentskappe was tot dusver eintlik geduldig met Suid-Afrika en het die land baie lank kans gegee om sy politieke en ekonomiese huise in orde te kry om ʼn afgradering te vermy.

Pres. Jacob Zuma se middernagtelike kabinetskommeling waar die minister van finansies, Pravin Gordhan, met Malusi Gigaba (voorheen minister van buitelandse sake) vervang is, blyk egter die laaste strooihalm te wees wat die kameel se rug gebreek het.

Gigaba het Dinsdag tydens ʼn mediakonferensie by die tesourie in Pretoria gesê S&P het hom op sy eerste dag as die nuwe minister van finansies in kennis gestel van die beplande kredietafgradering.

Die ander twee kredietgraderingsagentskappe, Fitch en Moody’s, moet nog hulle besluit neem oor Suid-Afrika se kredietgradering, maar ekonome meen die kans is goed dat hulle S&P sal volg met ʼn afgradering. Fitch sal waarskynlik eerskomende Vrydag oor sy gradering besluit, terwyl Moody’s Dinsdag aangekondig het hy is besig met ʼn hersieningsproses wat 30 tot 90 dae sal duur.

Kredietgraderingsagentskappe doen navorsing oor regerings en maatskappye om te bepaal hoe waarskynlik dit is dat hulle hul skuld sal kan terugbetaal. Die agentskappe kyk na ekonomiese groei, staatskuld, staatswaarborge aan staatsondernemings en die mate waarin regeringsbeleid stabiliteit en sakevertroue bevorder. Hoe laer ʼn kredietgradering, hoe skraler is die kans dat die maatskappy of land sy skuld kan terugbetaal. Dit maak dit natuurlik minder aantreklik vir versigtige beleggers, maar spekulante sal nie skroom om te belê nie, want hulle kan aandring op ʼn hoër opbrengskoers omdat die risiko hoër is.

“Die implikasies van die afgradering is dat S&P sê ‘ons sal steeds vir jou geld leen, maar die staat sal nou meer vir die geld moet betaal’. Die kostestrukture gaan dus op en die rentelas op die staat verhoog. Daar was ’n aanvanklike vooruitsig dat die Reserwebank die repokoers in die laaste gedeelte van die jaar kan verlaag, maar die kanse bestaan nou nie meer nie en hulle sal in alle waarskynlikheid nou gedwing word om dit verhoog, aangesien Amerika ook besig is om hulle rentekoerse te verhoog,” het Jacobs gesê.

Suid-Afrikaners met skuld gaan ongelukkig waarskynlik meer moet betaal en nie vinnig verligting kry nie, maar gelukkig sal die spaarders darem meer rente op hulle beleggings kan verdien, reken Jacobs.

“ʼn Kredietafgradering is ʼn mosie van wantroue in die land se bestuur. Ons sal nie buitelandse beleggings kan lok nie en die moontlikheid bestaan dat plaaslike beleggers sal verkies om hulle geld elders te vat. Dit het ʼn direkte impak op Suid-Afrika se ekonomiese groeipotensiaal – iets wat ons tans broodnodig het om armoede en werkloosheid aan te spreek,” het Jacobs gesê.

Jacobs meen vir ekonomiese groei om gestimuleer te word moet daar vinnig duidelikheid oor Suid-Afrika se ekonomiese beleid kom. “Ek kan tot vandag toe nie bepaal wat presies pres. Zuma bedoel as hy praat oor ‘radikale ekonomiese transformasie’ nie. Ek reken hy bedoel daarmee ʼn groter dosis sosialisme en groter herverdeling van geld, maar die plan vir dié soort transformasie word nêrens uiteengesit nie. Ek kan ook nie verstaan dat die regering dink sosialisme sal ekonomiese groei stimuleer nie – dit het nie gewerk in Noord-Korea, Griekeland of Oos-Duitsland nie en dit werk ook nie vir ons bure by Robert Mugabe nie. Dan poog die president om stemme met grondeise te koop wat die vraag laat ontstaan wat met landbouproduksie gaan gebeur, om nie eens daarvan te praat dat dit net verkeerd is vir die staat om iemand se bates te vat nie.

“Bates wat moontlik sommer net deur die regering weggeneem kan word, gaan buitelandse belegging summier afskrik en ons het juis hierdie buitelandse geld en kundigheid nodig om ekonomiese groei te verseker.”

Roodt meen die gedempte reaksie van die finansiële markte is ʼn bewys daarvan dat Suid-Afrika al ʼn geruime tyd die prys betaal vir die vernietigende tendense in die regering onder leiding van Zuma.

“Indien daar nie vinnig baie verander op die politieke front nie, gaan die rand, effektebeurse, ekonomie, werkloosheid en armoede onder druk bly. Dit beteken die slegte ekonomiese tye gaan langer met ons wees.

“Die goeie nuus is ons het reeds die prys vir ons vreesaanjaende politieke leierskap betaal. Dinge kan seker erger word, maar Zuma het heel waarskynlik sy laaste troefkaart gespeel en hy kan homself net meer isoleer van die res van sy ondersteuningsbasis.

“Ons het ʼn grootskaalse ondergewaardeerde geldeenheid, aantreklike opbrengste op ons effektebeurs en fantastiese maatskappye om in te belê. Tans skree Suid-Afrika ‘koop!’ vir beleggers. Tog, ten spyte hiervan, gaan dit waarskynlik minstens twee jaar neem om ons beleggingstatus te herwin, waarskynlik vyf.”

Roodt meen al wat die land nou nodig het, is die verandering van politieke leierskap – en dít lê in die hande van ten minste 50 ANC-parlementslede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Scalla ·

Suid Afrika moes reeds n paar jaar gelede al die status gekry het, elke keer is daar met mooi praatjies gekom by S&P, kan net beloftes maak en dit nie nakom nie.

pieter ·

AS EK ROMMELSTATES BEKYK AS N LEEK, LYK DIT VIR MY OF DIT DIE RYK MENSE RYKER MAAK EN DIE ARMES ARMER.DAAROM STEUR ZUMA HOM NIE AAN ONS NIE.

botterblommetjie ·

Oëverblindery…. sielkundige oorlogvoering…. hulle werk met ‘n plan… mense sien wat hulle voorgesê word om te sien.. die regering doen sy ding soos kulkunstenaars.. nie eers die kundiges sien die (on)voorspelbare toekoms nie… Skrikwekkend en angsbevangend… Mag God ons red…

Hannelie ·

En wie moet ons bedank? Weereens Zuma!!! Ons almal moet nou betaal vir sy swak besluite. Eish!

Johann Marx ·

Gaan lees wat skryf Melanie Verwoerd. Ons kan nie van Nammwan ontslae raak nie, want dit gaan groter ellende veroorsaak? Dus moet almal maar net stilsit en kyk hoe die land, en my aftrede, verwoes word? Demokrasie werk nie in Afrika nie…..en ons het dit geweet!! Nou sit ons met onhoudbare situasie, wat ons almal gaan vernietig, en NIKS kan daaraan gedoen word nie? My Pa het altyd gesê “Ontnugtering, is die wreedste leermeester!!”

lw ·

Sy is n ANC liberalis. Dalk is sy haar jobbie kwyt as hy waai.

Boerseun ·

O kriesis Johann, Melanie lewe in n ander dimensie en word net deur netwerk 24 enige status gegee.

Dan hierdie hele storie gaan oor n mags geveg tussen die westerse globaliste wat wil keer dat Rusland and China die kern stasies kom bou, en verdere houvas op afrika kry. Die agentskappe is niks anders as westerse globaliste instellings nie. Dit het niks met die ekonomie of onsekerheid te doen nie, julle almal gil lekker soos skapies agter die globaliste en hulle media instellings aan.

jaco ·

Ek praat nie ons regering Dr manewales met kabinetskommelings en wanbestuur van die ekonomie goed nie. Ek wonder maar net: dink ryk wit organisasies soos Standard & Poor en ook regerings van ryk wit lande in Europa en Noord-Amerika ooit aan die gevolge vir gewone mense as hulle so vinnig afgradeer en die Rand laat waarde verloor teen die Euro en die dollar? Hulle is almal wit en dan “straf” hulle nie-wit lande met allerhande afgraderings en ‘n sleg wisselkoers. Dit lyk maar baie na wit op swart rassisme. Amper asof hulle dink: “black people simply cannot do it”. Waarom is die wit Spanje en wit Griekeland dan nie ook na rommelstatus afgegradeer nie. En het Standard & Poor al gedink hoe “poor” hulle afgradering meeste swart Suid-Afrikaners gaan maak?

AL ·

Jaco – waar kom jy daaraan dat dit alweer n holruggeryde raskaart is wat jy rondgooi terwyl jy weet dit is nie S&P se gradering wat maak dat die land in sy kanon is nie – maar Zuma en sy maters.
Dis Zuma & Kie wie verantwoordelik is vir miljoene werklose en honger mense.
Is die 9miljoen werloses óók S&P se skuld?!!!

jaco ·

Waarom word die wit Spanje en die wit Griekeland dan nie ook tot rommelstatus afgegradeer nie??? Daardie lande het ook reusagtige ekonomiese probleme en 30% werkloosheid.

Esté Meyer Jansen ·

Dagsê Jaco

Dankie vir jou navraag.
S&P het Griekeland reeds in 2010 ‘n kredietgradering van rommelstatus gegee en tans in Spanje net een kerf bo rommelstatus. Brasilië se ekonomie het ook rommelstatus bereik.
Australië, Kanada en Denemarke het tans die beste kredietgraderings in die wêreld.

Groetnis
Esté Meyer Jansen nms Maroela Media

t ·

My vyfsent, Die twee Europese lande het regerings wat nie net uit is op selfverryking nie. Hulle planne voorgelê en hulle probeer by dit hou. Hulle staan nie net bakhand en die Blanke verwyt nie. Ek weet nie eers of ras enigsins as enige faktor met hulle probleme verbind was nie.

HEVW ·

Gedurigdeur word die onsettende groot moontlikhede besing wanneer daar druk op die regering geplaas is. Hierdie moontlikhede bestaan wel maar die feit dat dit nie sinvol bestuur en ontgun word nie bevestig telkens die waarheid dat ons opgeskeep sit met n onbevoegde, korrupte regering Uiteindelik het S& P dit vir die land dit maklik gemaak deur die mosie van wantroue uit te spreek.

adriana ·

De Klerk klop homself en sy meeloper Roelf seker op die skouer.

CR ·

Almal in kabinet het hul hande in die staatskas gedruk,vol geprop en nou kan daai hande nie uit! So jammer ander moet nou daaronder lei. Hoop regtig die ANC ondersteuners se oe gaan oop!

Justice ·

Beide ekonome Dawie Roodt en Adam Jacobs se kommentaar is heel logies en korrek maar is beslis bo-oor die koppe van sekere politisie en veels te Westers na hulle sin. Soos Ramaphosa ook al in sy prag en praal nie so lank terug die kommentaar gelewer het dat die ANC opkyk na Mugabe en Zimbabwe vir leiding – dit blyk in `n mate korrek te wees maar daar is ook die Gupta lekkergoed blik om mee rekenskap te hou. Die huidige ANC leierskap het met eie toedoen hulself tot onomkeerbare rommel status verlaag.

AL ·

Dis waarom die Weste eersteklas lande is met rykdom en voorspoed. En dis waarom SA met sy Afrika mentaliteit nog altyd n derderangse burger sal bly.
Ironies wil SA voorspoed en rykdom en werk hê – maar hul wil soos Mugabe dink.

Jordaan ·

Wel, Mugabe lewe in weelde, so uit hulle oogpunt is dit beslis iets om na te streef.

Leendert ·

Hierdie pas Zuma soos ‘n handskoen, hoe swaarder die swart en arm mense kry, hoe meer gaan hy oor wit mense, wat kwansuis die ekonomie van die land beheer, tekere gaan, en als in sy mag doen om swart mense teen hulle op te sweep en so gaan hy die wit mense verder in die grond in trap.

JC ·

PRESIES. En “probeer” in die grond in …is die aangewese woord, ne.

Kosie ·

Hierdie rommelstatus is heeltemal overrated. Egipte en Nigerie is al jare rommelstatus en Brasilie en Indie was ook al daar. Daar’s tientalle lande wat ook maar op die randjie van “rommelstatus” is. Gaan google maar. Die Rand het in elk geval alreeds weer versterk. ‘n Ander positiewe punt is dat plaasmoorde sedert die begin van Maart drasties afgeneem het. Lyk my die sogenaaamde ” wit volksmoord” het ‘n ernstige knou weg.

Renier ·

Zuma en sy Cadres leer net soos die NP van ouds wie werklik aan die stuur van sake staan. Die gewone Afrikaner verlekker hom in die nederlaag van die ANC “regering”, min wetend dat hy vooropgestel word deur die geldmag as die oorsaak van daardie nederlaag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.