‘Rommelstatus nou Suid-Afrika se voorland’

malusi-gigaba-ANA

Malusi Gigaba, minister van finansies van Suid-Afrika, het die Woensdag die 2017 Mediumtermyn-begrotingsbeleidverklaring (MTBPS) in die Parlement voorgelê. FOTO: ANA FOTO

Die minister van finansies, Malusi Gigaba, gee toe dat Suid-Afrika midde-in ʼn ekonomie krisis staan, maar hy het geen voorstel of plan om die krisis op te los nie. Só sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

“In die lig hiervan is dit moeilik om te sien hoe rommelstatus teen die einde van die jaar vermy kan word,” het Groenewald gesê.

Groenewald het in reaksie op die mediumtermynbegroting wat Gigaba Woensdag aangekondig het, gesê dat die minister die kritiese probleem, naamlik gebrekkige ekonomiese groei, vermeld, maar niks gesê het om vertroue te skep in die land se ekonomie en wat beleggers na die land sal lok nie.

“Dit is juis van die allergrootste belang om beleggers te lok om ekonomiese groei te kry. Werkloosheid in Suid-Afrika is tans 38 %. Dit plaas geweldige druk op bestaande belastingbetalers en die fiskus, want daar moet dienste gelewer word en daar is nie geld daarvoor nie.”

Volgens Groenewald beloop net die rente op Suid-Afrika se skuld tans R163,3 miljard. “Die voorspelling is dat dit teen 2022 R223,4 miljard gaan wees.

“Daarom twyfel die VF Plus nie daaroor dat belastings en persoonlike belastings in Februarie aanstaande jaar verhoog gaan word nie. Belastingbetalers moet hulle maar gereed maak vir aansienlike belastingverhogings. Die VF Plus sê dit is onbillik om die reeds swaar belaste belastingbetalers verder te melk net sodat hulle moet toesien hoe hul geld in ʼn bodemlose put van diefstal en korrupsie verdwyn. Die minister erken dat hy bekommerd is oor die groot voorkoms van belastingvermyding. Hy hoef egter nie te wonder waarom dit gebeur nie. Mense wat sien dat hul belastinggeld nie behoorlik aangewend word nie, gaan so min as moontlik probeer betaal.”

Groenewald het verder gesê die rand het reeds met 1,4% gedaal sedert Gigaba met sy toespraak begin het. “Ek sal nie verbaas wees as ons voor die einde van die jaar ʼn kredietafgradering gaan kry na rommelstatus nie, aangesien die minister niks aangekondig het wat vertroue skep nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Ig ·

Ek het gister op die pad meeste van die begroting geluister en tot die gevolgtrekking gekom dat Gigaba baie goed kan aflees wat een of ander spindokter vir hom voorberei het maar van Finansies weet hy minder as n 10 jarige.Die ironie is dat hy alles glo wat vir hom geskryf is.Ek as man het n beter kans om swanger te raak as hy wat oa die SAL ens om te draai tot winsgewendheid

Eish ·

Geldige afleiding. Geleerde op RSG vanoggend sê dat indien die land se toestand n eksamenvraag was vir studente in ekonomie, die begroting as antwoord, n druippunt sou behaal.
Mag die Hemelse Vader ons behoed van die vernietigingswerk van die ANC.

Skatymir ·

Moenie verbaas wees nie, dit is maar net deel van die wêreld rewolusie. Marx & Engels se Communist Manifesto spel dit so mooi uit in die 10 planks:1. Konfiskering van eiendom. 2. Ewig stygende belasting. ens. As ons nie die groot prentjie sien nie sal ons altyd masr net praat en wonder.

Johan ·

Ek het n teorie…….en daar was sprake en uitlatings hier oor gemaak……Die regering wil doelbewus die land op sy kniee dwing….dit dwing uiteidelik besighede wat in wit beheer en oorsee se beheer.. is om te verkoop en land uit te gaan……..die doel wat hulle dan het is om oor te neem en dink hulle gaan weer vanvoor af die land opbou en in swart beheer hê……Malema het in n toespraak eenkeer gesê alle wit mense sal gedwing voel om landuit te gaan…..” julle gaan julle werk bedank en oorsee gaan”…….dit klink na n veregaande teorie en dit sal die land verwoes word…..MAAR is dit nie soos wat dit lyk nie….dit regering is stelsel matig besig om die land te verwoes……Gigaba is n puppet vir zuma……..die vraag is nie gaan ons tot rommel status gewing word nie maar wanneer…..voorbeeld Anglo het al al hulle myne is SA verkoop…..

sarel ·

ek stem hy het gelees wat die skelm guptas vir hom geskryf het

Johan ·

Hoe hou jy op belasting betaal? Dit word direk van jou salaris afgetrek en oorbetaal. Jy het geen beheer daaroor nie?

Alida ·

Johan ek so bly jy beantwoord hierdie kommentaar. Mense se onkunde verstom my. Ons wil nie belasting betaal nie maar ons MOET. Daar is nie wegkomkans nie. Kry dit in julle koppe dat jou werkgewer verplig word om dit af te trek. Dit raad nou afgesaag net soos wat mense karring oor die doodstraf. DIT GAAN NIE GEBEUR NIE.

snoefie ·

alida gaan op jou kniee en dank God due doidstraf is afgeskaf. anders was dit die straf vir mense soos die doodskis duo, die coligni manne ens beslis die galg.

Cherokee ·

Snoefels, dit is tog nie meoilik om Alida se kommentaar te verstaan nie? Sy is bloot geirriteerd met die eindelose sinnelose herhalings.

Armgat ·

2005 was R6=1$
2017 is R14plus =1$
Oftewel R1 = 0,071 dollar
Elke land het die regering wat hy verdien.

Alida ·

Johan ek so bly jy beantwoord hierdie kommentaar. Mense se onkunde verstom my. Ons wil nie belasting betaal nie maar ons MOET. Daar is nie wegkomkans nie. Kry dit in julle koppe dat jou werkgewer verplig word om dit af te trek. Dit raad nou afgesaag net soos wat mense karring oor die doodstraf. DIT GAAN NIE GEBEUR NIE.

John ·

?.. meer nagmerries wag op ons. Terwyl skokgolwe ons een na die ander tref, lag die nuwe minister van energiesake oor die dag van more en droom kinderlik oor sy groot nuwe projek… korrekbedatoomkrag… wat glo nog net in teorie werk met giftige balle wat glo elke 3 mnde vervang moet word en iewers ten duurste begrawe sal moet word in die’ reeds oorbevolke landjie van ons… of gaan dit sommer ook in die see neffens gestort word soos rioel? Dan gedy pes onder die rotteplaag op Madagaskar waar talle mense reeds dood is… net ‘n hanetree van hier. Ons vullishope is reeds oortrek van rotte wat weens die droogte ook ons dorpe en stede binnegevaar het en saam met die troeteldiere eet en watersuip. Met die swartdood-pes onderlede het mense destyds tydens ‘n uitbraak skaars drie dae na besmetting nog geleef.

Chris Ws ·

Die’ Gigaba is die onbevoegste minister van finansies wat Suid Afrika in sy 365 jarige geskiedenis gehad het.Maar hy moet die ekonomie regruk?Hy’s ‘n clown.

Vermeende ·

Die VF+ se in die berig dat werkloosheid op 38% staan, Gigaba het gister met sy toespraak gese dat die grootste deel SAners hafhanklik is van die staat vir oorlewing.
Wie moet n mens nou glo?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.