Rommelstatus: ‘SA kan Zuma nie langer bekostig’

Argieffoto (Foto: stevepb, Pixabay)

Standard & Poor’s se kredietafgradering van Suid-Afrika na rommelstatus is te wyte aan pres. Jacob Zuma wat weer eens bewys het dat hy sy eie belange bo dié van Suid-Afrika stel.

Die is die mening van dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, kort nadat dié aankondiging laat Maandagmiddag gemaak is.

“Standard & Poor’s wat aanvoer dat die vervroegde besluit om Suid-Afrika af te gradeer en dit direk te koppel aan die kabinetskommeling, bewys dat Zuma en die nuwe minister van finansies, Malusi Gigaba, geen vertroue of geloofwaardigheid in die finansiële wêreld kon vestig nie. Die goeie werk van Pravin Gordhan is met ʼn enkele optrede van Zuma vernietig,” het Groenewald in ʼn verklaring gesê.

Groenewald het gesê dit is die verbruikers wat die prys hiervoor gaan betaal deurdat daar ʼn gevaar is dat rentekoerse aansienlik kan groei in die toekoms, dat die ekonomiese groeikoers meer beperk gaan wees en dat belastingbetalers sal moet opdok vir verhoogde rente op staatskuld.

“Gigaba se onbevoegdheid word geïllustreer deurdat hy Maandag sou gesê het dat die staat meer skuld sal aangaan om projekte te finansier. Verdere gerugte dat hy vandag aan die media gesê het dat die land nie afgegradeer sal word nie, wys dat hy totaal uit voeling is met die werklike ekonomiese vereistes wat deur die wêreld gestel word aan lande wat geld wil leen.”

Volgens Groenewald gaan die mense van Suid-Afrika reeds gebuk onder finansiële druk en gaan hulle nou swaarder kry. “Dit is alles veroorsaak deur pres. Zuma. Die land kan hom nie langer bekostig nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Rynhardt ·

Groenewald dit is nie net die president wat die probleem is nie, maar die hele Anc! SA gaan sy skuld van R2triljoen vinnig verbysteek! Anc-ondersteuners gaan nou die pyn in hul sakke voel.SA het nog nooit n ekonomiese raamwerk gehad nie!Ek sal graag wil weet, hoeveel goud en diamante agter die skerms SA gaan verlaat! Groenewald, u dink nie daaraan nie.

Claudette ·

Ons het n jaar en half terug ons huis gekoop, rentekoers al 3 keer opgegaan, dit is belaglik wat gebeur met harderkende mense, ons geld word verkwansel vir besluite deur onbevoegde mense in hoe poste :(

Erick ·

23 jaar se verwoesting, verminking, verkragting en moord. 23 jaar se korrupsie, diefstal en anargie kon nie rommelstatus teweeg bring. ‘n Kabinet skommeling en die omruil van die Finansiële Minister wel. Wat is dan belangrik in die lewe? Is ons landsburgers se lewens dan so min werd?

m ·

Wel stel dit so hierdie rommelstatus is nou 100% deur die ANC veroorsaak en gelukkig kan apartheid nou nie meer hier geblameer word nie…… Zuma sal nooit gaan nie daarvoor is hy te dukvellig. Hy sal sit en kyk tot hierdie land finaal in die drein af is. Hoe hartseer…..

Apie ·

Apartheid was klaar blameer want die kader se mos hulle het n bankrot tessourie ontvang.

Nita ·

Die afgradering na rommelstatus is n goeie ding. Nou sal die regering nie die triljoene rande kan leen vir die bou van kernkragsentrales nie. Hulle kan skaars steenkoolkragstasies in stand hou. Madupi en khusile kom ook nie klaar nie.

Hendrik ·

Rommelstatus is nie goed nie. Dit neem ongeveer 7 jaar om uit rommelstatus te kom volgens die kundiges.

Marco ·

Ja nee, en die ANCYL, die ANC oorlog veterane en David MaPuza gee Zuma hulle volle ondersteuning… Laat mens wonder oor daai kleiner brein wat wetenskaplik bewys was want geen normale brein kan só onnosel wees nie. Mugabe het ‘n rolstoel gekry vir sy verjaarsdag, kan ons nie maar vir Zuma ‘n elektriese stoel gee vir sy verjaarsdag nie?

John ·

Die Guptas kan en wil hom bekostig. Bederf, lekker-lewe en ‘n ‘me-myself-and-I-‘ideologie dryf Afroka en veral die geloof dat ‘n groot traan wat oor die wang biggel beurses laat oopgaan. Deesdae veral kan 10 tjop-tjop verander in 1 000 000 000 000 as jou vinger net lang genoeg op die 0-sleutel rus. Rus is rus en wat is ‘n 0’etjie nou eintlik? Niks. So? ‘n Rekenaar is mos geduldig. Wat kan dan nou tog verkeerd loop/rus? (Eish!)

Chaparel ·

Nog meer belasting ja nog baie baie meer belasting gaan ons betaal he he he

jean ·

Elke land verdien die regering wat hy het…..waar staan ons in die opsig? Verdien ons dit nie ook vanweë ons dwalinge nie?

MB ·

My aftrede is n klipgooi ver, ek kan my mos net indink wat die dwaas se besluite vir ons gaan inhou. Mag die ANNANAKI kom en hom na n ander planeet neem.

wirrim ·

Ek wonder net, die dag as ons soos Zimbabwe is, waarnatoe gaan die spul weghol? Die Zimbabwiers en Mosambiekers het hiernatoe gehol. Maar verder aan is dit net die see….

snoefie ·

in die gesig van hierdie terugslag, beskerm die anc eerder die man as om teen hom op te tree.

Pauline ·

Die enigste wat kan werk is om te bid en te glo, daar is niks kragtiger as ‘n gebed nie, nie eers Zuma nie!!

BOLANDER ·

Pauline, dit is met skaamte wat ek vanoggend sê, ek en ons almal bid al vir so lank!!!! Maar ai, dinge word net slegter?????????????

Jeanette ·

Interesant dat Gordan word terug geroep uit Europa , omdat hy dalk die President se naam in oneer kan bring! Die president bring as gevolg hiervan homself in oneer, maar niemand kan hom terug roep dat hy bedank nie! Baie dubbelsinnige uitkyk wat Mnr President het!

Hannelie ·

En wie moet ons bedank? ZUMA. Kan ons ASSEBLIEF nie ‘n president kry wat met sy kop dink nie? Hy maak van ons land ‘n grap

Sonnie ·

Ja dit is vreeslik om te dink als wat Gordan opgebou en vermag het is eensklaps vernietig. Blykbaar pla geen van hierdie harde werke en deur ander lede ens vir JŹ nie
Dit is net me and i alone…..net jammer die hele land moet styer weens al die gemors

Wiltrud ·

Van mense hoog in die regering tot gewone mense op straat stem saam dat hy verkeerd is en gestop moet word, maar hy gaan net aan soos hy wil! Ek verstaan dit glad nie! Hoekom word hy dan nie gestop nie? Hy rig oneindige skade aan, maar niemand keer hom nie! Hoe is dit moontlik?

Mark ·

Ons bly in Afrika!!! Die land word regeer soos enige ander Afrika land. Die Koning is Baas en verander die wette om by hom aan te pas! Mugabe-Zuma-Malema!! Almal dieselfde! Hul vat als wat hul wil en bogger die res en het ondersteuners wat net die Afrika manier ken!

SkarrelKind ·

Mark – jy verduidelik dit die beste, dis hoe dit is. Ons pie-pie teen ‘n betonmuur met almal wat Vrydag gaan opruk in verset teen Zuma, om te dink die DA gaan die heersende regering word, om te dink SA sal op ‘n westerse manier regeer word. Verkeerd. Afrika is Afrika en dit word die “African way” genoem. Dit het net langer geneem vir SA, omdat dit ‘n jong Afrika-dekmokrasie is. Van hier af sal dit versnel en soos die res van Afrika word.

Cherokee ·

‘Demokrasie’ noem jy dit, Skarrel. Maar toegegee, Afrika-demokrasie is wat jy gesê het.

Johann ·

En die ander vyf van die ANC se top ses krap hul koppe en wonder hoe dit gebeur het. (Eie aan tradisie moet die seker eers gedebat word.)

SkarrelKind ·

Ek het klaar ons vlugkaartjies Ierland toe gekoop en twee weke se verblyf betaal – maar nog nie Euros’s gekoop nie – en kyk hoe hoe lyk die Rand. Ons vlieg die 10de Mei en ek gaan nie omkyk voordat ek ‘n ander paspoort het nie. Al eet ook ons brood en water vir die volgende 6 maande. Die man gaan hierdie landjie en al sy mense kelder, sonder om ooit verantwoording daarvoor te neem. En hy gaan dit vir die volgende 40 jaar soos sy eie koningkryk bestuur. My hart breek vir middelklas, hardwerkende mense in hierdie land … Almal wat kan (of nié kan nie) moet ALLES in hulle vermoë probeer om ‘n ander land te gaan soek – al probeer mens lande soos Botswana, Namibië. Moenie sit en wag nie – probeer ten minste, om te kan sê jy het probeer …

Dirk ·

My pensioen was voor Gordon se afdanking al rommel ,van die status het nie veel oorgebly

piper ·

kry rand verskansde beleggings en of neem jou 10 miljoen per jaar uit terwyl jy nog kan , vir die wat dit her. vir die wat nie het nie en op plaaslike pensioen moet steun is daar swarigheid vorentoe. in een week het my wins op my aandele in rand terme verdubbel.

Hans ·

Wat gaan Gordan se goue handdruk werd wees?Wie betaal daarvoor.?

SUSAN ·

Zuma het nie respek vir vrouens nie, hoe sal hy nog respek hê vir sy volgelinge wat in armoede leef. En die ergste van dit alles is dat die ANC vroueliga hom ondersteun.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.