Rompslomp hou privaat verpleegkolleges in wurggreep

Foto: DarkoStojanovic/Pixabay.com

Foto: DarkoStojanovic/Pixabay.com

Geakkrediteerde privaat verpleegkolleges beleef ’n krisis weens die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging (SARV) wat reeds in Junie 2015 kursusse by dié kolleges gestaak het en sloer om twee nuwe kwalifikasies in te faseer.

Die SARV het reeds in 2012 met die akkreditasieproses vir die nuwe verpleegkwalifikasies begin, maar vier jaar later is geen verpleegskool nog geakkrediteer nie – dit sluit die privaat hospitaalgroepe in.

Thomas van Dalen, AfriForum se provinsiale koördineerder vir die Wes-Kaap, beskryf die situasie as ’n ramp vir die land se gesondheidsektor.

“Die gesloer by die SARV, wat die kwalifikasies moet akkrediteer, en by die departement van hoër onderwys, wat privaat instellings moet registreer, gaan meebring dat daar in die afsienbare toekoms geen nuwe verpleegkundiges opgelei gaan word nie. Suid-Afrika het reeds ’n ernstige tekort aan opgeleide verpleegkundiges en talle verlaat boonop die land.”

Volgens Van Dalen is verskeie privaat verpleegkolleges reeds geakkrediteer by die Raad op Hoër Onderwys (RHO) en geregistreer by die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid (Sako), maar die departement weier om die instellings en die leemte wat hulle in die opleiding van verpleegkundiges kan vul, te erken.

Van Dalen sê voorts dat privaat verpleegkolleges tot 60% van die land se verpleegkundiges oplei.

“As dié instellings nie met opleiding kan voortgaan nie, sal dit meebring dat hul personeel ook hul werk kan verloor en die kolleges dalk moet sluit.”

Van Dalen sê ’n ernstige probleem is dat die departement die aanbieding van vorige kwalifikasies by privaat instellings afgeskaf het, maar toelaat dat verpleegkolleges van die staat daarmee voortgaan.

Van Dalen het ’n brief aan dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, en dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, gestuur en gewys op die gevolge van die dilemma. Dit lei daartoe dat:
– die tekort aan verpleegpersoneel in hospitale met rasse skrede toeneem, wat die sektor in ’n verdere onhoudbare situasie dompel;
– duisende potensiële werksgeleenthede in die gesondheidsorgsektor onbenut is;
– heelwat van die privaat verpleegkolleges hul deure sal moet sluit, wat tot gevolg sal hê dat van die uiters bekwame en ervare dosente ’n ander heenkome sal moet vind en sodoende verlore sal wees vir die industrie; en
– verpleegkunde as ’n studierigting vir skoolverlaters sedert Junie 2015 grotendeels nie beskikbaar is nie.

Dit het drastiese langtermynimplikasies vir verpleegsorg in die land, meen Van Dalen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

D ·

Hulle wil sekerlik plek maak vir hulle Kubaanse vriende met geen kwalifikasies ni.

Erika ·

Wat gaan word van ons mediese sorg. Ons het daardie verpleegster nodig om naweek ons om te sien as ons nie self kan nie…..komaan word wakker

charlene ·

Erika ek stem volkome saam jou. Onshet agv omstandighede nie meer medies nie, so rukkie terug het my dogtertjie haar kop oop geval —- so steke was nodig. Ek was Pta Wes toe waar daar baie mense was maar omdat die `n 3 jarige dogterjie was, wat se kop oop is, is ek dadelik gehelp. Dis wat `n nie blanke suster wat ons gehelp het en `n nie blanke man. Maar die diens was ongelooflik. Hulle het my uitgejaag omdat ek heeltyd huil… maar binne minder as `n uur was ons gehelp, leer oop gemaak steke in en alles. Ons moes verduidelik wat gebeur het het en hulle het haar ook gevra en wonder bo wonder haar verstaan. Maar my punit is eintlik die susters en drs in ons eie land het ons nodig, daar is baie van hulle wat ongelooflik is, en nie net eek kleur wat goeie diens gee nie, daar is baie wat damm goeie diens gee wat nog omgee oor die mense. die land probeer dit onmoontlik maak vir die regte mense om verder te gaan leer in medies.

Jean ·

Skokkend, probeer seker weer die minderheidsgroepe daarvan weerhou om nie in die beroep in te gaan nie, want pvt instellings lei mos almal op. Soos dit is is daar te min verpleegkundiges. Sal maar internasionale kursusse en akkreditasie moet bekom as SA dit nie wil gee nie. Akademia sal maar moet oorneem daar. Moet nie dan huil as dit net vir Afrikaanse mense beskikbaar is nie.

Connie ·

Die pensionarisse se pensioen is so klein hy het dit seker probeer aanvul. Ek het al van baie oumense gehoor wat dit doen. Tragies.

Pietman ·

Ook net in Suid-Afrika waar die regering sy eie industriëe wil saboteer.

bakoor ·

As die Prezi niks doen hoe kan jullr verwag die rrs van sy makers moey iets doen. Kyk wat se grap het onderwys geword vanaf die laagste vlak tot graad vang

JoeV ·

Hoekom nie aansoek doen in Kanada of Europese lande vir akreditasie nie?
Skuif aan, hou standaarde hoog

L ·

Ongelukkig is meeste van die privaat skole in die land al baie naby aan bankrot en moes al baie personeel afdank – hulle kan dit net nie bekostig nie. Die SARV vra meer as R100 000 vir ‘n inspeksie – ‘n fooi wat nou uit personeel se salarisse kom. En daar is buitendien te veel “red tape” geskep deur ons geliefde regering.

Anoniem ·

dan gaan ek ook maar moet gaan staak en alles afbrand sodat mediese sorg verniet is. ons betaal oor die R5000 n maand vir 3 mense op ons fonds! en nou gaan die hospitale nog meer agteruit gaan.

A3 ·

My dogter is tans in matriek en wil graag gaan verpleeg, maar ons is by 19 plekke op waglys agv die gesloer met akkreditasie.
Enige raad???

Rozane paul ·

Hai…ek het my bcur graad by die puk gedoen en van jaar klaar gemaak…ek sal probèer help waar ek kan….my epos is [email protected]….ek voel net dat n kind wat n passie het vir verpleging moet nie afgeskeep word nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.