Rondloper Sylvester uiteindelik vry

Sylvester (voor) kort nadat hy uit die kleiner kamp in die 15 000 ha-grootte Kuzuko in beweeg het, met die jonger leeumannetjie kort op sy hakke Foto: SANParke

Sylvester (voor) kort nadat hy uit die kleiner kamp in die 15 000 ha-grootte Kuzuko in beweeg het, met die jonger leeumannetjie kort op sy hakke Foto: SANParke

Suid-Afrika se bekendste leeu, Sylvester, is uiteindelik vry.

Sylvester en nog ʼn leeumannetjie is Saterdagmiddag vrygelaat. ʼn Karkas is ongeveer 50 m buite die heining geplaas, die heining is geknip en Sylvester het eerste uitgestap. Hy het direk na die karkas gestap en daaraan begin vreet. Die jonger leeumannetjie het hom kort daarna gevolg.

Sylvester het vir die eerste keer in Junie 2015 uit die Karoo Nasionale Park ontsnap, en was drie weke lank op vrye voet.

Nadat hy gevind is, is hy met ʼn halsband toegerus wat ʼn sein uitstuur, sodat hy maklik gevind kon word as hy weer sou ontsnap.

Tydens Maart verlede jaar het die halsband owerhede in kennis gestel dat hy weer die park se grens oorgesteek het. Sy spoor is gevolg en hy is drie dae later aangekeer.

Sylvester is in Mei 2016 uiteindelik na Kuzuko in die Addo Olifantpark geskuif.

SANParke het Dinsdag in ʼn verklaring gesê dit het Sylvester enkele minute geneem om uit die kleiner kamp, waar hy sedert November aangehou is, te beweeg na ʼn groter kamp van ongeveer 15 000 hektaar binne Kuzuko.

“Die twee leeumannetjies het hul eerste aand reeds ʼn koedoe gevang en die volgende oggend ʼn rooihartebees,” het John Adendorff, bewaringsbestuurder van die Addo Olifantpark, gesê. “Sylvester toon reeds tekens dat hy ʼn leier is en het Sondagaand reeds van die leeuwyfies weggejaag nadat hulle prooi gevang het.”

Sylvester het ook reeds bewys dat hy nie vergeet het hoe om prooi te vang nie, en het Maandagoggend ʼn swartwildebees gevang.

“Ons is vol vertroue dat Sylvester nie weer sal ontsnap nie, nou dat hy uiteindelik ʼn plek het waar hy behoort, sonder bedreiging kan leef en dat hy so goed maats gemaak het met die jonger leeumannetjie,” het Adendorff bygevoeg. “Sy halsband word gereeld gemonitor en gee vir ons ʼn akkurate aanduiding waar die twee is.”

Twee leeuwyfies is ook Vrydagmiddag vrygelaat en een is met ʼn halsband toegerus. Aangesien hulle altyd saam stap, is een halsband voldoende.

Lees alle vorige berigte oor Sylvester op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Nicolette ·

Fantastiese nuus…..Sylvester ek hlo jy sal gelukkig wees in jou nuwe tuiste❤?

Bettie ·

Sylvester, jy kan mar enige tyd jou pote op my werf kom sit!!! Dankie Maroela vir “lekker” stories

Carol ·

Sylvester is maar net n man. Hy is seker in sy storm en drang jare. Soek na vryheid omdat sy ou lewe nie meer genoieg ingehou het nie. Wil nog bewys hy lus die jonger bokkies…en hulle val vir hom???

jean ·

Go Sylvester!!!! en soos voorheen, wens ons jou kinders by dosyne toe!

Pieter ·

Mooi so Sylvester, hoop jou Houdini dae is verby. Dalk sien ons mekaar in jou nuwe tuiste

Lucas ·

Soos Sylvester nou aangaan vreet hy al die bokke op daardie nuwe kamp !! Ha ha

Callie van der Merwe ·

Mooi storie! Mooi loop ou grote, jy is in ons harte!

yolandi ·

Lekker pink ek nou n traan… Mag Sylvester en sy nuwe familie lang gelukkige jare he….
Kan nie wag vir n volgende artikel waar hy spog met sy eie werpsel kleintjies nie…

Johanna ·

Run Sylvester Run!! Love jou. Mag jy baie gelukkig wees jou aanhouer!! Jy wen!

Estelle ·

So bly vir Sylverster dat hy weer sy vryheid geniet. Hoop hy sal nou tevrede en gelukkig wees waar hy is en wie weet binnekort met sy eie gesinnetjie spog.

anton ·

En so praat al die mense hier met n wilde Dier op n rekenaar platforum asof hy dit kan en gaan lees. :-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.