Rondloperhond lei tot ontdekking van bejaarde se liggaam

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Twee verdagtes verskyn Woensdag in die Knysna-landdroshof nadat hulle vroeër vandeesweek binne ure na die moord op ’n bejaarde man in Sedgefield in die Wes-Kaap in hegtenis geneem is.

Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, het gesê die liggaam van Peter Henson (80) is Maandagaand omstreeks 22:00 in sy huis in Paul Krugerstraat in dié dorp op die Tuinroete gevind.

Volgens Pojie het ʼn lid van die gemeenskap die betrokke aand Henson se hond alleen in die straat sien rondloop. Hy het onraad vermoed en na Henson se huis gegaan om ondersoek in te stel. Dit is hier waar hy Henson se liggaam op die vloer aangetref het.

“Hy was reeds dood met sy hande wat agter sy rug met ʼn lint vasgebind was en ʼn lap in sy mond wat met dieselfde lint vasgebind was,” het Pojie verduidelik.

Die polisie is na die toneel ontbied waar ʼn voorlopige ondersoek getoon het dat verdagtes toegang tot die huis verkry het waarna hulle Henson oorval en vasgebind het. Die verdagtes is daarna vort met onder meer ʼn DStv-dekodeerder, ʼn mes en ʼn persoonlike dagboek van die oorledene.

Pojie vertel dat verdere ondersoek die polisie na Smutsville in Sedgefield gelei het waar hulle die gesteelde goedere aangetref het. Twee mans in hul laat 20’s is op die plek in hegtenis geneem.

’n Nadoodse ondersoek word gedoen om die oorsaak van Henson se dood te bepaal.

Die mans staan tereg op aanklagte van moord en huisroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Omgee ·

Dit is verskriklik erg. Hoop iemand sal ten minste na die ’rondloper hond’ kyk en namens die oorledene die empatie bewys om na sy troeteldier om te sien.

Sedgefielder ·

Sedgefielders is bevoorreg om ‘n nie-winsgewende organisasie vir diere te he, genaamd S.A.M. (Sedgefield Animal Matters) die hond is by hulle en daar word mooi na hom omgesien.

Andrea van Vuren ·

So hartseer. Wens ek kon die dierbare dier aanneem!

Anoniem ·

So deksels onnodig. SO nutteloos. Hoekom? ‘n Tagtig-jarige kan hom mos glad nie verweer teen Twintig-jariges nie? Watter genot kan mens put uit die verniel en moord op so ‘n bejaarde? Dit kan jou mos geensins goed laat voel oor jouself nie? Wat ‘n lafhartige, genadelose, laakbare daad.

Johan ·

Hulle glo mos nie aan doodstrawwe en lyfstrawwe nie en word nie opgevoed nie

Pieter ·

Die goed het mos nie n gewete nie hulle maak dan n hond aan n ketting vas dan sit daai hond heeldag in die son sonder kos en water

Karolis ·

Saluut aan die oplettende lid van die gemeenskap.
Ek prys ook die goeie opvolgwerk deur die Sapd ondersoekspan.

Moppy ·

Dis darem werklik baie erg sulke dinge en soos Pieter maak di arme diere aan ketting vas sonder kos en water in di vuurwarm son ek dink hul moet dit met sulke mense doen sommer vir n hele week of meer, so glo dan sal hul voel wat dit is kan net ni dit verstaan ni en ook hoe al hierdie dinge net deesdae gebeur ons moet werklik ons self beveilig en dis n dringende voorstel waar ek nou bly Richardsbaai en Empangeni het ons baie bewus geword en ons kense werk saam met di CPF en dinge begin nou beter word met di klomp van ons mense wat vrywillig saam di Polisie werk en baie word nou gevang ons het n groot groep en kry waarskuwings asook verslae en hou ook ons oe oop en rapporteer op di groep

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.