Rondloperleeu: ‘Dit was ʼn mooi storie’

Die rondloperleeu Mufasa. (Foto: Hester Obermeyer)

Die rondloperleeu Mufasa het vir groot opgewondenheid in die Karoo gesorg sedert sy ontsnapping verlede maand uit die Karoo Nasionale Park in die Wes-Kaap.

“Dit was ʼn mooi storie,” het Hester Obermeyer, die plaaslike droogtehulp-koördineerder van Gift of the Givers en inwoner van Sutherland, Donderdag aan Maroela Media gesê.

Obermeyer vertel dat Mufasa van Beaufort-Wes af ʼn draai in Loxton en Fraserburg gemaak het voordat hy eindelik naby Sutherland gevang kon word. Sutherland is sowat 340 km padlangs van Beaufort-Wes af.

“Ons is ongelooflik dankbaar dat hy veilig is. Ons was almal bekommerd dat hy miskien geskiet gaan word. Hy is so ʼn mooi leeu.”

Maroela Media het vroeër berig Mufasa is Woensdag sowat 20 km buite Sutherland gevind.

Volgens Reynold Thakuli, woordvoerder van SANParke, is die leeu omstreeks 18:00 vanuit ʼn helikopter met ʼn verdowingspyl geskiet. Mufasa is daarna na die Sutherland-polisiestasie se aanhoudingselle geneem waar hy oornag het.

Obermeyer vertel dat Mufasa teen die einde van die soektog baie uitgeput was. Dié mannetjiesleeu, wat ʼn stewige 230 kg weeg, is vanoggend binne ʼn uur weer verdoof en in ʼn krat gelaai waarna hy teen dié tyd veilig terug in die Karoo Nasionale Park is.

Sy vertel dat Mufasa moontlik later saam met ʼn ander mannetjiesleeu in ʼn kamp hiér geplaas gaan word sodat hy nie vereensaam nie.

“Mufasa is baie spesiaal. Ons hoop hy bly nou veilig en gelukkig,” sê Obermeyer.

Obermeyer het ook gesê dat veediefstal gedurende Mufasa se tyd op vrye voet in die Karoo afgeneem het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Niel ·

was nou lekker om te lees dat veediefstal afgeneem het terwyl Mufasa op vrye voet was. ;-)

Anoniem ·

Meer leeus moet so gelos word in die groter Karoo, dan gaan die veediefstal 0 wees ! Dankbaar die Koning is weer veilig ?

Cherokee ·

Sutherland van alle plekke… dit is herfs.. en hy het nie eens skoene aan nie!

Sanet ·

Dis ñ mooi storie, jaaa, leeu se kind leef en oppad na sy huistoe…dankie MM

Landi ·

Ek het ook lekker gelag oor die veediefstal wat afgeneem het…hahahaha. Ek is net bly hy is veilig gekry en hulle gaan hom nie uitsit nie. Hy is baie baie mooi

Jaco Olckers ·

Die klagstaat vir Mufasa se aand in die tronk was. Onsnapping, oortreding en veediefstal. Nou word hy uitgelewer.

Abel ·

Lekker lag ek nou….. sal glo dat vee diefstal daadwerklik afgeneem het. Lekkerrrr bang as koning leeu in die bosse rondloop!!

Welgedaan en ñ fees om bietjie goeie nuus te lees

dalene ·

Aaaah ek is sooo bly het die hele tyd die storie gevolg en gehoop vir goeie einde

Thomas ·

Hul moes ‘n paar kriminele per ongeluk is sy sel gesit het…

Hendri ·

Mufasa vir President!!! Hy loop met trots. Hy verloor nie slaap oor die opnie van (stem)vee nie. Ken die waarde van vry wees. Mense loop agter hom aan vir dae oor hulle hom wil beskerm. Geen bloulig motorkades vir hom nie. Op sy wagbeurt was daar min veediefstal en ander misdaad in die bitter mooi Karoo. Hy het net soveel geneem as wat hy nodig gehad het om te oorleef en nie ‘n bloue duit meer nie. Hy het nie nut aan ‘n huis met ‘n vuurpoel nie want hy is tuis waar hy gaan. Hy eet nie KFC en ry met n blink motor waarvoor ander moet betaal nie, NEE DANKIE hy stap sommer waar hy wil wees en eet niks wat sy pens opblaas en sy bek met vet besmeer nie. Hy is tevrede met die Liewe Vader se gawes. Hy het niks probeer inpalm wat nie syne was nie, aikona hy het net die basiese gehad en was daarmee heel tevrede. Hy het hom nie gaan staan en te buite gaan aan drank en skandalig opgetree nie. Hy het niemand van rassisme beskuldig nie en dit was nie eenkeer vir hom nodig om te gaan stort nie. Leeu se kind het sommer terwyl hy vermaak het ‘n paar mense laat sweet. Lank lewe die koning van die bos!

Betsie ·

Mufasa……koning van die diere.. Lekker om n mooi storie te lees vir n slag. Lekker om te sien veediefstal het afgeneem. Klagstaat teen Mufasa AWOL..

Ellie ·

Ek sien die leeu het toe sommer ‘n helikopter rit ook gehad. Kan jy jou indink as daai leeu wakker word in die heliopter terwyl jy hoog in die lug is! :-)

Cherokee ·

Ek het dikwels ‘n silwer-jakkals in ‘n vliegtuig gehad.. en die jakkals was wakker. Jakkie was ‘n troeteldier gewees wat sommige naweke saam gevlieg het. By ons het ‘ jakkals, kat en hond gelyke tyd saam uit die selfde kosbak geëet en saam gespeel. Hulle was groot maats.

Wink wink nudge nudge ·

Ek verstaan daar was meer as een leeu wat uitgekom het. Die ander het glo al veedief bloed geproe. Hulle gaan hom nie soek nie want hulle geld is op…

Michael ·

Jissie ja dit was n baie mooi storie net bly daai bulletjie is veilig hulle word nie verniet die koning van die oerwoud genoem nie.

Marianne ·

Baie bly Mufasa is terug. Maar eers mies die arme leeu ‘n nag in due tronkselle deurbring. Seker die 1 leeu wat tronk toe gaan. Maar baie bly dar hy nog perdfris en gesond is en weer na sy veilige bekende omgewing aan hom terug is. Drukkie vir Mafusa.

Ander Annie ·

Mooi bly Mufasa. Hoop jy geniet jou nuwe leeu vriend.??

AH ·

Hulle kan gerus maar vir Mufasa en nog ‘n maat vir hom vry laat rondloop in die Karoo aangesien hy meer gedoen het as die polisie om veediewe weg te hou. Hy het beslis meer goed as kwaad gedoen! Lank lewe Mufasa!!

Miekie ·

Die Mufasa is ‘n pragtige leeu. Maar nou kan mens weereens sien hoe groot is ‘n uitgegroeide leeu. As hy wakker geword het en nog nie vasgebind was sou hy een persoon met een hou plat geklap het. Hoop Mufasa sal nog lank en lekker lewe

Elsa ·

Van begin tot einde was dit lekker nuus om te lees en ek is bly dit het net so goed geëindig ook.

Nettie ·

Ek verstaan Mufasa was haastig oppad verby Sutherland, steeks wes-suidwes, rigting Touwsrivier/De Doorns ………………. want hy het die reuk van wyfie-leeu gekry ….. Ek’s maar bly hulle het hom duskant Sutherland aangekeer, Ek is seker Sutherland se dronkies wat oornag in die polisieselle opgesluit was daai nag, het hulle “par excellance” gedra ….. met ‘n leeu neffens hulle in die aanhoudingselle …………….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.