Die rondloperleeu wat die afgelope tien dae op vrye voet in die omgewing van Beaufort-Wes in die Wes-Kaap is, hou glo geen bedreiging vir inwoners in nie.
Nico van der Walt, bestuurder van die Karoo Nasionale Park, het gesê dié leeu is sowat 12 km noordoos van die Karoo Nasionale Park vanwaar hy ontsnap het, gewaar. Beaufort-Wes is aan die teenoorgestelde kant van die park geleë.
Van der Walt doen gevolglik ʼn beroep op die eienaars van plase aangrensend aan die noordoostelike deel van die park om op die uitkyk te wees vir enige spore.
Dit volg nadat die spoorsnyers die leeu se spoor oor die naweek op rotsagtige terrein verloor het.
Van der Walt het plaasinwoners van die omgewing versoek om nie die leeu te nader indien hulle die dier gewaar nie, maar om beamptes van die park of die polisie daarvan in kennis te stel.
Enige inligting rakende die leeu se bewegings kan by Van der Walt by 023 415 2828 of 082 801 2109 aangemeld word.
Nie n bedreiging nie? Een of ander tyd gaan hy kos soek en vir n leeu als wat loop is kos….
yip ……geen bedreiging ……lol…
Rambo/Mala ……..bly jy net waar jy is….moenie eers kyk na Beaufort Wes se kant!!
Dis mos belaglik dis n leeu Hallo! Hy gaan enigiets vang wat beweeg as hy honger is. Miskien glo die man in die maan hulle.
Gaan groet die Burgermeester….
“RUB FOREST RUN!”
Derduisende rande en manure word vermors om ‘n ontsnapte leeu te soek.
Waarom word daar nie nekbande wat ‘n radio sein uitstuur aan die leeus gesit nie.
Leeus is territoriale diere wat ander mannetjies uit hulle gebiede druk.
Hierdie voorval sal weer en weer gebeur.
Van der Walt, klim uit die bedryf. Hulle het jou verkeerd geleer.
Daardie troetel katjie purr nie, hy byt om dood te byt en dan te eet.
Hou hierdie spasie dop.
Ek wonder of Mnr van det Walt onbewapen die leeu sal gaan soek. Hy is mos onskadelik of hoe?