Rondloperleeu in Limpopo geskiet

Argieffoto

Argieffoto

Een van die twee leeus wat sedert die naweek op vrye voet in Tolwe in Limpopo was, is doodgeskiet.

“Die leeu is Maandag in Matikiring geskiet,” het brig. Hangwani Mulaudzi, ʼn polisiewoordvoerder, Woensdag gesê. “Ons is, met behulp van natuurbewaringsbeamptes en ʼn helikopter, steeds op soek na die ander leeu.”

Die tweede leeu se voetspore is intussen opgemerk en plaaslike boere help in die soektog.

“Die leeus het sedert Sondag reeds twee koeie en ʼn donkie in die omgewing opgevreet. Hulle het vermoedelik van Botswana af oor die grens gekom,” het Mulaudzi bygevoeg.

Mense in die omgewing word gewaarsku om op die uitkyk te wees vir die leeu.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Maritza ·

Shame, hoekom doodskiet…. Kon hulle nie ‘n plek gekry het wat leeus aanhou nie.

martie ·

Maritza dis wat ek ook graag sou wou weet. Dis mos maklik om die leeu net te verdoof en hom dan te verskuif. Nee wat skiet dood is mos makliker en minder moeite.

veronica ·

Doodskiet< verwoes en vernietig! Ja, dit is mos soveel makliker as om te bewaar en sagte hand te gebruik!! SIES!! Hoop die ander leeu vreet julle almal op!!

Johan ·

Ja siestog, hoekom vang hulle hom nie net en steriliser hom en dan kan hulle hom weer laat gaan nie?

Theresa ·

Ek dink die doodskiet is onnodig gewees. Daar is ander maniere. Liewe hemel. Julle kies ook net altyd die uiterste uitweg. Waar is al die slim veeartse???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.