Rondloperleeu in Pretoria gevang

ʼn Inwoner het dié leeu omstreeks 04:45 in die hoofgrondpad in Buffelsdrift gewaar (Foto: Verskaf)

Die rondloperleeu wat Donderdag vroegoggend in die groter Kameeldrift-omgewing in Pretoria gewaar is, is gevang.

Dié leeumannetjie, wat Kwandwe heet, gaan nou terug na sy tuiste in die Dinokeng-natuurreservaat, noordoos van die stad. Hy het na bewering vroeër die week uit dié reservaat ontsnap.

Volgens Petrus Nel, die voorsitter van die Kameeldrift-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), het die soekgeselskap Donderdag omstreeks 10:00 vir Kwandwe in die Buffelsdrift-bewarea gewaar. Hulle het hom net ná 10:30 vanuit ʼn helikopter met ʼn verdowingspyl geskiet.

“Hy sal nou na die natuurreservaat teruggeneem word. Hy het ook reeds ʼn opsporingshalsband gekry,” vertel Nel. Dit is nie bekend hoe die leeu ontsnap het nie.

Maroela Media het vroeër berig ʼn inwoner het Kwandwe Donderdag omstreeks 04:45 in die hoofgrondpad in Buffelsdrift gewaar. Hy het dadelik die Kameeldrift-​GPF van die leeu in kennis gestel en hulle het die betrokke owerhede genader.

Dinokeng se veldwagters, spoorsnyers en veeartsenykundige personeel, asook lede van die Kameeldrift-GPF en inwoners van die Buffelsdrift-bewarea het sedertdien die gebied gefynkam op soek na die leeu.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Anoniem ·

Gelukkig is hy terug na sy tuiste en nie weer van kant gemaak nie.

LD ·

Hy sal nie sommer van kant gemaak word nie. As hy iemand sou aanval dalk of as hy ñ gereelde “ontsnapper” is. Ek stem dat diere nie vir geen rede of onbenulligheid van kant gemaak moet word nie, maar sjoe party mense is vinnig om te skree “hoop nie hy word van kant gemaak nie”.

Neushoringvoel ·

Ek wonder hoekom hierdie diere altyd inhemse zoeloe, venda, en en… name moet he.? Self die wildsplase en reservate het hierdie onuitspreekbare name… wonder maar net…

Blikke ·

Jammer hy kon nie ook sommer so bietjie help om n paar nagtelike besoekers te tem terwyl hy daar was nie……

Gerhardus ·

Respek vir dié wat besluit het om hom met ʼn verdowingspyl te skiet en terug te neem na die reservaat. Gewoontlik word hulle mos sommer net doodgeskiet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.