Rondloperleeu in Pretoria gewaar

ʼn Inwoner het dié leeu omstreeks 04:45 in die hoofgrondpad in Buffelsdrift gewaar (Foto: Verskaf)

ʼn Soekgeselskap is tans op die spoor van ʼn rondloperleeu wat Donderdag vroegoggend in die groter Kameeldrift-omgewing in Pretoria gewaar is. Dié leeu het glo uit die Dinokeng-natuurreservaat, noordoos van die stad, ontsnap.

John Kinghorn, hoof van sekuriteit van die Buffelsdrift-bewarea, sê ʼn inwoner het dié leeu omstreeks 04:45 in die hoofgrondpad in Buffelsdrift gewaar.

“Hy het dadelik die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (​GPF) van die leeu in kennis gestel en hulle het die betrokke owerhede genader,” sê Kinghorn.

Volgens Petrus Nel, die voorsitter van die Kameeldrift-GPF, is leeuspore in die omgewing van die Buffelsdrift-bewarea gewaar. Dinokeng se veldwagters, spoorsnyers en veeartsenykundige personeel, asook lede van die Kameeldrift-GPF en die polisie fynkam tans dié gebied.

Kinghorn sê die soekgeselskap doen alles in hul vermoë om die leeu so gou moontlik op te spoor en die gemeenskap veilig te hou.

Die leeu is geïdentifiseer as Kwandwe, ’n leeumannetjie wat na bewering uit die Dinokeng- natuurreservaat ontsnap het. Dit is nog nie seker hoe of wanneer die leeu ontsnap het nie.

Inligting kan by Jaco Naude by 079 694 0694 of Stephan Prins by 072 693 7780 aangemeld word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Stof ·

Elke kietsiekat loop soms mos maar rond?
Mag hy spoedig weer met sy geliefdes versoen word.

Androclus ·

Mense ontsnap nie diere nie,want hulle ken nie perke nie.

Sandra ·

Ek sien nie ‘n leeu in die foto nie, kan my bril wees, ek sien net spore. Ek hoop hulle vind hom veilig.

Adam Adriaan ·

Hoop daar is nou nie weer mense wat weer die dier van kant wil maak nie. Jammer daar is sulke swaksinniges in die sameleweing.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.