Rondloperleeu opgespoor

Een van die leeus wat gevang is. Foto: Verskaf

Die wilde leeu wat sedert Sondagmiddag in die Magoebaskloof-omgewing rondgeloop het, is Maandagoggend gevind.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder van Limpopo, het bevestig die leeu is in ʼn gesamentlike poging deur verskeie rolspelers in George Valley opgespoor en weer gevang.

Maroela Media het vroeër berig twee leeus was aanvanklik soek toe hulle uit die luik van ʼn bewegende wildsleepwa ontsnap het.

“Volgens ʼn ooggetuie het die twee leeus in ʼn denneboomplantasie ingegaan nadat hulle op ʼn manier uit die bewegende sleepwa ontsnap het. Die bestuurder van die bakkie beweer hy het die leeus van een reservaat na ʼn ander vervoer. Nadere ondersoek word nog gedoen om presies te bepaal van waar en waarheen die leeus op pad was,” het hy gesê.

Een van die leeus het haar poot beseer toe sy uit die bewegende sleepwa gespring het. Die leeu het teen die nat en modderige heuwel opwaarts gesukkel en is later daar gevind en gevang. Die ander leeu het na ʼn stroom aan die oorkant van die R528-pad gehardloop.

“Die polisie wil graag almal bedank wat deelgeneem het aan die poging om die leeus op te spoor en weer te vang. Dit het die veiligheid van die gemeenskap en die diere verseker,” het hy gesê.

Die leeus is in veilige sorg geplaas. Die aangeleentheid sal verder deur die provinsie se departement van omgewingsake ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

PJC ·

Moet sě dis die eerste keer dat ek sien leeus word met so ń sleepwaentjie vervoer. Dit laat my wonder hoe wettig was hierdie operasie.

PJC ·

Frikkie daar was ń foto in die koerante van die bakkie wat ń waentjie sleep met die een leeu wat besig is om ui te klim.

SjN ·

Nou hoe moet leeus vervoer word, ek stel voor om taxi’s te gebruik vir vinnige aflewering

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.