Rondloperleeu se eienaar gesoek

Argieffoto van die wit leeu Semuel by die dieretuin in Tbilisi, (16 Desember 2013) Foto: REUTERS/David Mdzinarishvili (GEORGIA - Tags: ANIMALS SOCIETY) via The Star

Argieffoto van die wit leeu Semuel by die dieretuin in Tbilisi, (16 Desember 2013) Foto: REUTERS/David Mdzinarishvili (GEORGIA – Tags: ANIMALS SOCIETY) via The Star

ʼn Wit leeu is glo op vrye voet in die Waterberg in Limpopo, ongeveer 50 km buite Mookgophong (Naboomspruit).

Selomie Maritz van Palala-bewaring het Dinsdagaand aan Maroela Media gesê toe sy aanvanklik berigte gehoor het van dié “wit leeu”, kon sy nie haar ore glo nie. “Persone het ʼn foto vir ons gewys en gesê ons moet kyk hoe groot is die luiperdspoor op die foto, en dit was ʼn indrukwekkende foto, maar ons het ons nie veel daaraan gesteur nie, aangesien luiperds gereeld in die gebied voorkom.”

Hulle het egter Vrydagaand ʼn berig ontvang dat iemand ʼn wit leeu gesien het en daarna was daar nog berigte van dié wit leeu.

Maritz het verduidelik daar is baie wildsplase in die omgewing en die leeu beweeg tussen die vrugtebome-arbeiders, beesplase en informele behuising rond.

Een van die foto's van die wit leeu se spoor wat in die Waterberg-distrik opgemerk is. Die lyntekening is 'n selfoon se afdruk  (Foto verskaf)

Een van die foto’s van die wit leeu se spoor wat in die Waterberg-distrik opgemerk is. Die lyntekening is ‘n selfoon se afdruk (Foto verskaf)

“Ons het ongeveer 15 mm reën gehad en sy spore is duidelik sigbaar. Sy spore word op ʼn wye gebied gekry,” het sy bygevoeg.

Volgens haar is die naaste plaas wat leeus het, Entabeni-wildreservaat, maar hulle het bevestig hulle het al hulle leeus en hulle het nie ʼn wit leeu nie.

Die leeu is vandag weer gesien.

Maritz het gesê hulle het dringend hulp nodig om die eienaar van die leeu op te spoor voordat hy begin om mense aan te val. Die eienaar is welkom om Maroela Media te kontak by [email protected] vanwaar ons die persoon met Maritz in kontak kan bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

elsabe ·

Ek vermoed dit is weer Sylvester…. hy het net beter gekamofleur hierdie keer!

Eish! ·

Wel as hy so mooi is soos die pic, dan hoop ek sy eienaar daag bitter vinnig op. Anders gaan hy dalk geskiet word en dit is ‘n pragdier. Kom ons hoop die storie het ‘n mooi einde. Dalk ‘n baie mak leeu.

Annie ·

Hoekom wil julle eers wag om die eienaar op te spoor. Dart die leeu en laat hom op een van die leeu plase bly totdat daar n plan gemaak kan word of die eienaar op gespoor word. Hoekom wag. Wag gaan maak dat iets leliks kop gaan uitsteek.

Moeks ·

Stem saam. Entabeni of Jugomaro Predator Park in Groblersdal kan sekerlik tydelik uithelp totdat ‘n permanente blyplek vir die dier gekry word.

Lien ·

Ek stem saam, dart hom en hou hom veilig tot sy eienaar opgespoor is.

maggie ·

hoe jammer dat ons in ‘n wereld moet leef waar ‘n dier soos ‘n leeu ‘n eienaar moet he….

Leeutjie ·

‘n Ideale dier om plaasboere veilig te hou! ‘n briljante idee Neelsie!

Lulu ·

Vertrou die pragdier word gevind voor hy met sy lewe moet boet.

Winston ·

Hy is wit. Maklik om raak te sien selfs in die donker Sal met sy lewe boet iewers.

Strussbob ·

” mak Leeu” – dis altyd vir my LOL snaaks as iemand die twee woorde langs mekaar plaas!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.