Rondloperleeu steeds op vrye voet

Argieffoto. Foto: SANParks

Veldwagters wat soek na die leeu wat ʼn week gelede uit die Karoo Nasionale Park naby Beaufort-Wes in die Wes-Kaap ontsnap het, het Vrydag gesê hulle het die dier gewaar.

Nico van der Walt, bestuurder van die Karoo Nasionale Park, het gesê die leeu is Donderdagmiddag vir die eerste keer vlugtig gewaar.

“Die spoorsnyers het gisteroggend vars spore gevolg in dieselfde kloof waar die soektog die vorige nag geëindig het. ’n Helikopter met ’n veearts aan boord het tot laatmiddag met die soektog bygestaan,” het Van der Walt gesê.

Die grondspanne het intussen deur digte bos gesoek waar hulle weer vars spore gekry het. Die veldwagters en soekspanne het Vrydagoggend met eerste lig die soektog voortgesit.

“Hoewel hulle moeg is, is hulle vol vertroue dat hulle die leeu suksesvol terug in die park sal kry.”

Van der Walt het plaasinwoners van die omgewing versoek om nie die leeu te nader indien hulle die dier gewaar nie, maar om beamptes van die park of die polisie daarvan in kennis te stel.

Maroela Media het vroeër berig die leeu het Dinsdag ʼn eland op ʼn plaas aangrensend aan die park platgetrek wat spoorsnyers op die regte spoor geplaas het.

Enige inligting rakende die leeu se bewegings kan by Van der Walt by 023 415 2828 of 082 801 2109 aangemeld word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

leser ·

alles van die beste
sterkte almal betrokke
hoop net nie die leeu beland in iemand se kosblikke nie

Amber ·

Arme Oom Leeu. At least is sy magie vol van die eland. Behoede as hy op die N1 gewaar word, dan’s die gort gaar. Mense moet maar lig~loop.

Muffin ·

Leser eet jy leeu. Hoekom sal hy in iemand se kosblik beland.

Daan Erasmus ·

Dit laat my dink aan: In the Withaaks shade deur Herman Charles Bosman. Hoe hy na die beeste gaan soek het “in the Withaaks shade”
Dit kan waardevolle wenke gee hoe om dit nie te doen nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.