Rondloperleeus steeds op vrye voet

Argieffoto: Sanparke

Die Gauteng-polisie is steeds op soek na die vyf rondloperleeus wat Vrydagaand in Fochville in Gauteng gewaar is.

Maroela Media het vroeër berig die polisie het ʼn waarskuwing vir inwoners van dié dorp uitgereik om op die uitkyk te wees vir die leeus, vermoedelik ʼn volgroeide leeumannetjie en vier jonger leeus waarvan die geslag onbekend is, wat glo van ʼn natuurbewaringsorganisasie in die omgewing ontsnap het.

Kapt. Appel Ernst, woordvoerder van die polisie, sê die polisie het in dié stadium nog geen benul oor waar die leeus hulle bevind nadat hulle Vrydagaand op ʼn plaas gesien is nie.

Ernst sê dit kan moontlik toegeskryf word aan die digbeboste gebiede in groot dele van Fochville en Noordwes.

“Daar is baie koppies in die gebied, die gras groei lank en die gebied het veral baie bosse. Ons vermoed in dié stadium maar dat die leeus laag lê omdat die omgewing die afgelope naweek moontlik bedrywiger as gewoonlik kon wees,” het sy gesê.

Dit is steeds nie seker van waar die leeus ontsnap het nie. Ernst sê die polisie het ook in dié stadium nié ʼn formele plan gereed om die leeus te probeer vang nie.

“Natuurbewaringsorganisasies is onder meer ook betrokke, maar daar is nie ʼn vaste plan om die leeus te probeer vastrek nie. Veral boere in die omgewing, dié wat wel bewus is van die leeus, hou maar ʼn ogie.”

Ernst sê dit is steeds belangrik vir inwoners van Fochville en omliggende gebiede om versigtig te wees wanneer hulle buite hul huise is. “Die belangrikste in dié stadium is dat die mense waaksaam is vir die leeus. Ons weet nie waar hulle hulle bevind nie – dit kan in die bosse wees, maar ook naby iemand se huis.”

Mense met meer inligting word versoek om ao. WO Esterhuysen by 079 895 0526 of 076 799 5371 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Uvonka ·

Ek wou nog altyd ‘n groot kat gehad het maar sal liefs nie die katte Kietsie noem nie. Ek hoop hulle word spoedig gevind want op die oomblik is hulle ‘n gevaar maar ook in gevaar!

Jacques Venter ·

Die Kruger Wildtuin gebruik drones om stropers op te spoor. Hoekom gebruik hulle nie drones hier nie

Se maar net ·

Na dese loop hier wraggies Leeus in ons landjie rond.Mense van oorsee is reg.

Will i am ·

Los hulle. Die strate in Fochville is nou baie stiller in die aand

Theresa ·

Het hul al geëet langs die pad? As dit nonsense op straat verminder – kan hul gerus bietjie water uit die voëlbad kom drink…

George Els ·

Vreeslike refleksie op natuur bewarings departement as hulle VYF rondloper leeus nie kan vastrek ????Na amper twee weke .Sjoe!!!

Katlagter ·

Heelparty plaaswerkers het ook net in die tyd skoonveld verdwyn.

Susan ·

“Sê maar net”, jy laat my lekker lag vir jou “Na dese loop hier wraggies Leeus in ons landjie rond.Mense van oorsee is reg.” Hulle is reg en ja daar loop leeus rond in ons landjie, jy bedoel seker net in die strate vd dorp of sta(t)d. Maar ek het eintlik verstaan wat jy bedoel, was net snaaks.

en ek dink nie die leeus staan stil en wag om gevang te word nie. Hulle is immers wilde diere en trek agter kos aan. Dit is ‘n moeilike situasie.

Justice ·

Soos die Leeus deesdae sonder hul Bokke speel kan die vyf dalk die span haal.

Toppie ·

Goeie troeteldiere vir die plaas, maar hulle moet gewoont wees om te jag vir kos wat saans oor die grensdrade kom om kwaad te doen. Leeus het nie borgtog nodig nie net kos.

James ·

Los daai LEEUS! Daar is nou geen plaas aanvalle in ons gebied nie!

foxi ·

Ek stem saam………nou sal die boere vir n ruk veilig wees op die plase daar…..

Michelle ·

Gun hul die uitstappie jul slaap veilig geen inbrake of moorde nie. Hoop en bid hul word nie geskiet nie, in die land word als uitgeroei.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.