Rondloperluiperd kuier by Coke-fabriek

Foto's: Verskaf

Foto’s: Verskaf

ʼn Rondloperluiperd is Maandag in die vroeë oggendure afgeneem toe hy by die Coca Cola Fortune-fabriek in Polokwane, Limpopo, besoek afgelê het.

Volgens een van die werkers het hulle aanvanklik gedink dit is ʼn grap toe hulle van die onverwagse besoeker gehoor het, totdat hulle die bewyse gesien het.

Philip Nieman, die besturende direkteur by die fabriek, het in ʼn verklaring gesê hulle is bewus van die viervoetige besoeker, en dat die dier nie meer op die perseel is nie. Hy het gesê beeldmateriaal het bewys dat die dier die perseel verlaat het, en niemand is tydens die voorval beseer nie.

Burckles Napo, woordvoerder van die Limpopo departement van ekonomiese ontwikkeling, omgewingsake en toerisme, het Vrydag aan Maroela Media bevestig dat die departement bewus is van die rondloperluiperd en gesê hulle is nog op soek na die dier.

Volgens Napo vermoed hulle die luiperd is in die Bendor-omgewing, en het die publiek versoek om op die uitkyk vir die dier te wees. Mense wat die luiperd sien, kan Sam Kakhubele op 082 904 5874 skakel.

luiperd2

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johann ·

Darem maar ‘n pragtige dier. ‘n Waarborg is dat daar geen inbrekers sal wees nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.