Roodepoort-eiendomsagent se liggaam gevind

Hanle Lategan. Foto: Facebook

Hanle Lategan. Foto: Facebook

ʼn Liggaam van ʼn vrou wat Dinsdagoggend in Randfontein gevind is, is dié van Hanle Lategan, die eiendomsagent van Roodepoort wat Maandagaand verdwyn het nadat sy ʼn huis in Krugersdorp aan kliënte sou gaan wys het.

Kapt. Appel Ernst, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê ʼn motoris is omstreeks 06:45 deur skoolkinders voorgekeer wat gesê het dat hulle ʼn vrou se liggaam in ʼn veld gevind het. Die polisie het gaan ondersoek instel en die liggaam is langs ʼn stroompie gevind. Ernst het intussen bevestig dat dit Lategan se liggaam is wat gevind is.

Maroela Media het vroeër berig dat Lategan, ʼn eiendomsagent by RE/MAX Masters, vermis geraak het nadat sy net voor 18:00 op pad was om ʼn huis in Rant-en-Dal aan kliënte te wys. Toe sy nie ná die afspraak teruggekeer het nie, het haar kollegas onraad gemerk en haar gebel, maar haar selfoon was afgeskakel.

Kort daarna is daar by ʼn kitsbank gepoog om geld met Lategan se bankkaart te trek. Haar motor is later voor ʼn privaat hospitaal in Krugersdorp gevind.

Ernst het aan Maroela Media gesê dit is nie duidelik of Lategan se dood verband hou met die opspraakwekkende kattebak-moorde vroeër vandeesmaand in Krugersdorp nie. Kevin Mc Alpine (29), ʼn makelaar van Krugersdorp, se liggaam is Donderdagaand in sy motor se kattebak gevind. Net meer as twee weke vantevore is Anthony Schofield (67) se liggaam in die kattebak van sy motor in Premierstraat in Krugersdorp-Noord gevind. Schofield het glo ook as makelaar gewerk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Erika ·

Dit maak n mens bang om net na die winkel toe te moet gaan…..
Wat is besig om hier onder ons neuse te gebeur??
Wat van ons kinders wat elke dag moet skool toe gaan?? Of is dit iemand wat weer aandag soek en ons een vir een vermoor.
☆☆Maak my bang……☆☆

Nadine ·

om my kind skool toe te stuur is n groot vrees. net laas week een blok van my huis is daar kinders aangehou by Grenswag Hoerskool in Rustenburg!

Elizabeth Bosman ·

Ek stem saam met Christine. Hierdie lyk vir my na ‘n reeksmoordenaar.

Gesiggie ·

Ek kan nie glo…. ek het soveel hoop gehad, dat Hanle veilig sal wees…. ag Vader wat is besig om te gebeur in die land van ons? Sterkte aan die Familie …. ek kan net dink hoe moeilik dit vir jul moet wees, RED ONS LAND….. Mag daar hoop wees….?

elize stroebel ·

amen JESUS kom maak ons land skoon van al die vuil…

Wipma Josey Venter ·

Mag die Here wat Hemel en Aarde Gemaak het, hierdie vrou se Familie omvou! Ek sidder om te dink wat aan haar gedoen is. Aan al die makelaars, eiendomsagente, prokureurs en ALMAL wat afsprake met potensiele klient moet nakom….. MOENIE ENIGE AFSPRAAK ALLEEN NAKOM NIE! EN WEES GEWAPEN!

Sarie Joubert ·

Krugersdorp is ‘n ‘hot spot’ vir misdaad. Ek het dit self ondervind toe ek daar gebly het. Dit raak net erger by die dag..ek is so jammer dat die pragtige dame met haar lewe moes boet. Sterkte aan haar familie.

Antimens ·

Die hele Wesrand is op die oomblik ‘n hotspot. Vra jy die SAPS wat aangaan het hulle so lackadaisical houding van dis maar net ‘n trend of sorry ons het nie genoeg karre om te patroleer nie. In esse hulle voel ‘n veer

Caroline ·

Vir hoelank gaan ons net kommentaar lewer en kyk hoe ons mense vermoor word???? Dit maak my so baie hartseer en kwaad verby!!!!!!!

Elisabeth Kruger ·

Hanle ek sal jou altyd onthou dat jy jou jare so mooi geloop het, jou Gesin gaan jou mis maar die Here het
Jou kom haal. R I P Elisabeth

Irene ·

Ek wonder net wie is al die moordenaars verkragters diewe ens

Heleen Venter ·

Bring net di doodstraf terug!!!!!Onskuldige mense en Kinders ly onder al di geweld!!!!!Dammit hoeveel nog???????

Gerhard ·

Die doodstraf moet self toegepas word…dra jou vuurwapen , en as jy nie een het nie skaf een aan,
Intussen, moenie alleen iewers heen gaan nie al is dit vir werk, sorg altyd dat daar iemand saam jou is.

andre ·

Kom mense gaan op julle kniee, en vrae God om ons land skoon temaak van al die lelik.

Lindsay ·

Her husband has identified her body and sadly it is her…………………RIP Hanle!!

Anneli ·

Dis nogals snaaks, Hulle het dan nog niks op radio gese dat dit wel sy is nie?

Anoniem ·

Anneli. Het jy geweet die radio en media is die laaste om ingelig te word van sulke goed? Familie, naasbestaandes en vriende weet vanselfsprekend meer as wat die media berig.

Gesiggie ·

Ek het net een opdrag aan die Polisie.speurders van Krugersdorp, en Roodepoort….. stel ondersoek in…. as die3 gevalle aan mekaar verbind is? maak n plan, vang hierdie ……..??? sal maar eerder nie n naam noem….voordat dit te laat is, en ons n dag later weer lees van so n geval…. Aan al die geliefdes van Hanle…… woorde kan nie jul seer wegvat, en niks kan ooit vir Hanle terug bring, al wat oorbly is die mooi herindering”’ nou en vir altyd…Sterkte

anna ·

Dit is jammer dat die vrou so dood moes deur gaan sy gaan nou rus en is veilig niemand kan haar meer seer maak nie geen trane een pyn RIP Miss

nig ·

Ek dink nie mense besef hoe gevaarlik so tipe werk kan wees nie. Mens gaan saam met “voornemende kliënte” en vertrou dis alles reg en dan is dit al die tyd iemand met ander idees. Ek dink vir nou meot alle makleaars, eiendomsagente en mense wat “kliënte” meot gaan ontmoet beslis saam met iemand soos ‘n kollega of so gaan. Dis bitter hartseer.

Nico Strydom ·

Dagsê

Die berig is gewysig nadat die polisie bevestig het dat die liggaam wat gevind is dié van Hanle Lategan is.

Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

Mel ·

Daar is nie meer woorde nie, ons lewe elke dag in vrees, moet elke dag oor jou skouer loer, dit was nooit so nie, ek dink aan haar naasbestaandes en bid dat die Here hul deur di seer tyd sal dra, RIV Hanle

Mariska ·

Riv Hanle, jammer aan jou naastes vir die ongelooflike skok en ongeloof! Waarom net moor? 3de persoon! Motors gelos??? Is hier n patroon? Is dit regtig hoe hulle ons gaan uitwis??

Donovan ·

Makelaars en eiendoms agente word geteiken want boewe dink die mense het baie geld en daarom lok hulle ons uit na afsprake en roof die mense…

Frieda ·

Ons wat in die versekeringsbedryf is moet gereeld na onbekende mense toe ry.. Jy weet nie altyd na wie toe jy ry as dit die eerste besoek is nie… Dit is regte scary.. Dis so maklik ‘om ‘n teiken te word, vir of jou voertuig of bankkaart… boewe sal enig iets uitdink . Ons sal gewis kliente moet sif…..

christine naude ·

Jaco as jy al die boodskappe gelees het en nie net reageer op opskrif nie sou jy gesien het hulle het haar liggaam gekry en haar man het haar alreeds uitgeken, Sterkte aan haar gesin, mag Jesus julle styf vashou in hierdie moeilike tyd

Hannes marais ·

Die moorde op blankes gaan nie stop solank as wat die anc regeer nie….as die eff aan bewind kom gaan wag daar n algehele groot slagting op blankes….ons kan maar net bid….

Antie Stienie ·

Ag liewe vaaaaader Hannes. Dink jy dis net blankes wat vermoor word? Elders lees ek van twee dogtertjies, wat nie blank is nie, wie se lykies gevind is. Is hulle moorde nie net so erg soos die een nie? As ek net dink wat deur daai kindertjies se koppe gegaan het tydens. Dit breek mens se hart.

CP ·

Ons as Makelaars in die platteland is ook blootgetsel aan hierdie tendens wat nou plaasvind. Dit is vir ‘n klein praktyk nie moontlik om ‘n kollega saam met jou te neem nie weens jou personeel getalle. Enige manier, soos een van die vorige lesers gesê het, sif jou kliënte deeglik en stap eerder wag van besigheid wat verdag klink of wat in areas is waar daar ‘n groter risiko’s is. Baie sterkte aan die familie wat agterbly !!

Gys ·

CP en Frieda, dit is waar dat julle ‘n groot risiko neem elke keer as julle huise aan voornemende kliente moet gaan wys. Dis nie dalk moontlik om daardie kliente vooraf na julle kantore te laat kom en julself te vergewis van hul ware identiteit sowel as ‘n foto en persoonlike besonderhede (ID, adres, voertuigbesonderhede ensovoorts) nie? Kliente moet julle dan by jul kantore ontmoet vir afspraak. Maak seker dat daardie besondere klient se besonderhede beskikbaar is vir ‘n kollega voordat julle saam met klient gaan.

Mari ·

RIV Hanle

Ek het so gehoop sy word ongedeerd gevind

My innigste simpatie met Andre en gesin wat agterbly

Sterkte!

Ina van der merwe ·

Ek bly in Krugersdorp Noord en ons voel veilig omdat ons agter hoe mure is met elektriese afwering en kameras maar as jy by jou HEK uit ry weet jy nie of jy dopgehou word nie…Bid vir haar familie so n seer ,seer..So onnodig vat motor waar om ook haar lewe

Leeukop ·

Sien kliente by n openbare plek: koffieplek binne n besige mall of sentrum.

Maria ·

Elizabeth dit is nie die Here wat haar kom haal het nie dit is die duiwel se werk hy het gekom om te verwoes moor en steel!

Anoniem ·

Ja nee Maria hier moet ek met jou saamstem. Die Here neem niemand op so n manier nie. God is LIEFDE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Zeelie ·

My hart so seer, sal graag wil weet wat die omstandighede rondom haar dood was. My meegevoel aan haar familie, haar man en kinders, so jammer oor julle verlies.

DAAN ·

Die meeste goeie en ervare speurders is weg. kry nie bevordering nie en gaan na plekke soos die banke se kt kaart en tjek bedrog takke waar hulle vergoeding beter is of by asuransie maatskappye wat versekering berdog ondersoek waar hulle baie beter behandel word en geld beter is. sad

Charne ·

volgens beeldmateriaal by die hospitaal waar haar kar gevind is het sy 10min buite hosp in haar kar gesit en wag. Sy het toe saam ‘n vrou weggestap en dit is die laaste wat iemand haar gesien het. BKA

Charne ·

ek is nie seker nie, Theo. Dit sê slegs die private hospitaal waar haar kar gevind is en dat daar nie ‘n kamera was om die draai waarheen hul gestap het nie. Daar is geld getrek of probeer onttrek by die private hospitaal waar haar motor gevind is volgens BKA.

theo ·

Na die eerste 2 moorde wat presies dieselfde was sal enige ou met n halwe breinsel weet hierdie is n reeksmoordenaar en hy is agressief as jy kyk na hoe vinnig hy moor-ek hoop die polisie het n wakker akker speurder wat die saak hanteer-selfone is gebruik in al 3-keywest het kring telivisie-dit kan nie te moeilik wees om die perd te vang nie -blykbaar is hy afrikaans ook-kom polisie bewys my verkeerd

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.