Roodepoort-eiendomsagent vermis ná afspraak met kliënte

Hanle Lategan. Foto: Facebook

Hanle Lategan. Foto: Facebook

Opvolg: Roodepoort-eiendomsagent se liggaam dalk gevind

ʼn Eiendomsagent van Roodepoort word vermis nadat sy Maandagaand ʼn huis in Krugersdorp aan kliënte sou gaan wys en nie weer teruggekeer het nie.

Hanle Lategan, ʼn eiendomsagent by RE/MAX Masters, het glo vermis geraak nadat sy net voor 18:00 op pad was om ʼn huis in Rant-en-Dal aan kliënte te wys. Toe sy nie ná die afspraak teruggekeer het nie, het haar kollegas onraad gemerk en haar gebel, maar haar selfoon was afgeskakel. Dit is egter nie duidelik of Lategan wel die afspraak nagekom het nie.

Kapt. Appel Ernst, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê daar is omstreeks 18:30 by ʼn kitsbank gepoog om geld met Lategan se bankkaart te trek. “Lategan is laas by ʼn privaat hospitaal in Krugersdorp gesien. Die polisie is bewus van gerugte dat daar twee mans by haar was, maar dit is in hierdie stadium net bespiegeling en kan nog nie bevestig word nie,” het Ernst gesê.

Ernst het gesê die moontlikheid word ondersoek dat Lategan se verdwyning verband hou met die opspraakwekkende kattebak-moorde vroeër vandeesmaand in Krugersdorp, maar daar is nog geen bewyse dat die sake met mekaar verband hou nie.

Kevin Mc Alpine (29), ʼn makelaar van Krugersdorp, se liggaam is Donderdagaand in sy motor se kattebak gevind. Net meer as twee weke vantevore is Anthony Schofield (67) se liggaam in die kattebak van sy motor in Premierstraat in Krugersdorp-Noord gevind. Schofield het glo ook as makelaar gewerk.

Volgens Eblockwatch word die publiek versoek om op die uitkyk te wees vir ʼn groen tweedeur- Opel Corsa met die nommerplaat TGS 883 GP. Mense wat die motor gewaar, kan dit by die naaste polisiestasie aanmeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Ekwilibrium ·

Aggenee, aggenee, aggenee. Asseblief Liewe Vader, laat sy lewend en heel na vore kom…

Gesiggie ·

Wat gaan aan? wat soek die mense”wat maak hul met die makerlaars? ‘ was die afspraak nie net n lokval om die vrou daar te kry? so iemand het geld probeer ontrek? wie haar ookal by n privaat hospitaal opgemerk het? enige idee wat sy daar sou doen? Hierdie vrou verdien nie om nog een van die mans se slagoffers te wees nie”’ as dit dan so is, dat dit dalk verband hou met ander berigte… asb vang hierdie mense”’ Hanle ons bid vir jou” Here bring hierdie vrou veilig terug na haar Familie…. mag ons binne kort goeie nuus ontvang…

Marietjie ·

Dit is sooooo ongelooflik hartseer. Ons het die eerste maal gisteraand 8 uur verneem dat sy as vermis aangemeld is en ons pas verneem deur ons CPF dat haar liggaam intussen vanoggend gevind by die Randfonteinplotte langs die begrafplaas. Hulle wag basies net vir bevestiging van die polise om uitkenning.

Hannelie ·

Ag nee Marietjie. Hoop nie dis dieselfde persoon (-e) wat die ander twee makelaars dood gemaak het nie. Wat gaan aan in ons land.

christelle ·

Anoniem waar sien jy of gehoor dat haar liggaam gevind is ….

Annie ·

Aggenee dis skokkende nuus, ek het sommer koue rillings begin kry, ek kry haar familie en kennisse baie jammer. So onnodig!!!! Wat gaan aan in hierdie land – wanneer gaan dit stop. Bring terug die doodsvonnis.

Ekwilibrium ·

Ek stem; bring terug die doodstraf! Al afskrikmiddel wat gewetenlose misdadigers verstaan.

SARIE ·

ons land en wette is heeltemal te gefokus op “menseregte” vir doodstraf. Of jy nou ‘n moordenaar is of ‘n vergragter of watookal mag jou regte nie ge”violate” word nie. Als die grondwet se skuld in my opinie. Nou kan almal net maak soos hulle wil en daarmee weg kom.

Bekkie ·

So, so jammer om dit te hoor! die mense raak al boser, al wreder en al genadeloos. Ons innigste simpatie aan haar man en haar geliefdes. Ons bid vir julle. xx

Gert ·

Die kar wat betrokke was by eiendoms agent is al in 2014 geraporteer as Nigerian Drug dealer in sivewright str..
Maw die krugersdorp saps beskerm die drug lords want hulle word omgekoop..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.