Roodepoort-kaper vas

boeie 5ʼn Vermeende kaper, wat Saterdag in Johannesburg saam met sy makkers in ʼn wilde skietery met die polisie betrokke was, is Vrydagoggend in hegtenis geneem.

“Die 27-jarige man en drie ander verdagtes het Saterdagaand ʼn voertuig in Roodepoort gekaap,” het ao. Kay Makhubela, ʼn polisiewoordvoerder, gesê.

Dieselfde voertuig is later die aand in Zola in Soweto opgemerk, met die verdagtes steeds in die voertuig. Toe die polisie die voertuig van die pad wou aftrek, het die verdagtes op die polisie begin skiet. Die polisie het teruggeskiet en twee van die verdagtes noodlottig gewond. Die ander twee kon daarin slaag om te ontsnap.

“Ons het ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om ons te help met die ondersoek om die ander twee kapers op te spoor. Ons het op inligting reageer en die verdagte in Doornkop in Soweto aangekeer,” het Makhubela bygevoeg.

Die verdagte moet Maandag in die Protea-landdroshoef verskyn. Die ander verdagte is steeds soek. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.