“Die dokters is tevrede met Damian se vordering en dat hy tuis kan aansterk saam met sy susters. Hy rus nou by die huis en speel met sy susters. Hy het nog ʼn paar skrape en kneusplekke, maar is baie opgewonde om weer tuis te wees,” het Alan Bright, Damian se oom en woordvoerder van die gesin, gesê.
Damian se ma, Marilize (34), is intussen steeds in die hoësorgeenheid van die Milpark-hospitaal. “Sy het weer fisioterapie ondergaan en die dokters is tevrede met haar vordering. Hulle sal binnekort weet wanneer Marilize na ʼn algemene saal oorgeplaas gaan word en wanneer sy met rehabilitasie kan begin.”
Marilize en haar man, Eugene, se twee ander kinders, Abigail (9) en Martinique (1), is reeds vroeër uit die hospitaal ontslaan.
Maroela Media het vroeër berig Marilize het Vrydag 15 April, kort voor 15:00, vir Damian en Abigail by die Laerskool Horison in Roodepoort gaan oplaai in haar blou Hyundai i20. Sy het pas vir Martinique by haar kleuterskool daar naby opgelaai, toe die motor deur drie mans gekaap is. Die verdagte wat bestuur het, het sowat 5 km verder, op ʼn skerp draai, beheer oor die motor verloor en oor ʼn randsteen gery, waarna die motor teen ʼn bakkie wat ʼn woonwa gesleep het, gebots het.
Lees alle berigte oor die Bright-gesin op Maroela Media.
Nog n Miracle… dankie Jesus, so bly dat Damian ook nou beter is, nou moet ons net aanhou Bid vir Marlize, sodat sy ook gou sal herstel, en saam haar gesin kan wees…. hierdie mense is deur n grrot skok, en wat aan hul gedoen is, is iets wat hul nog moet verwerk… Maar met God se Genade, sal als weer een van die dae 100% wees, sterkte Marlize… hou aan Glo… een van die dae is jy weer tuis.
Het net vanoggend gewonder of daar enige nuus is..Dank die Here dat al die kinders by die huis is..Nou moet mamma nog net herstel en saam almal wees.
Ek wonder of hierdie gesin ‘n berekening sal maak van die BTW wat die regering ontvang het (want elke uitgawe om die gevolge van misdaad aan te spreek genereer vir hulle 14%) as gevolg van hulle onvermoë om misdaad te bekamp. Verskeie bronne berig dat die “sekuriteits-industrie” in SA ‘n R50 miljard per jaar industrie is. Hoeveel PAYE en BTW kry die regering hier uit? As hulle werklik van plan was om misdaad hok te slaan sou hulle die BTW koers op misdaad verwante uitgawes (hetsy voorkomend of herstellend) teen 0% BTW aan te slaan…
Aai dis sulke wonderlike nuus. Ek is so bly die kiddies is nou almal uit die hospitaal ek is seker die pappa kan ook nou bietjie ontspan om net na een hospotaal toe te ry. Ek hoop ons kan binnekort die goeie nuus op Maroela lees dat die vrou ook tuis is.
Maroela: Baie dankie dat julle ons ophoogte hou. Mens ken nie die mense nie maar sulke stories ruk `n mens en ons almal bid saam dat hulle ten volle sal herstel. Fisies en geestelik
Dankie Here! Mag mama ook vinnig beter word!
Die vuilgoed wat bykans n gesin verwoes het die nodige straf kry!
Hulle sal sekerlik vergoeding kry deur ‘n derdeparty eis in te sit?
Dis wonderlike nuus!! Baie sterkte met mamma bid dat sy gou gesond word. Hoop die vuilgoed sit lank!!!!
Prys die Here!!
Amen, dis wonderlike nuus dat die kinders so spoedig herstel het, al die eer aan Jesus en ons bid dat die gesin sommer gou almal weer saam gaan wees by die huis.
Dank U Vader vir U aanhoor van ons gebede . Amen
Dit is nou goeie nuus, ek is so bly klein Damien is nou ook by die huis! Seun ons is so baie bly jy is nou ook by die huis! Mamma gaan ook binnekort by julle wees!
Marilize ons bid steeds, en hoop jy gaan ook gou huis toe! Baie sterkte.