Roodepoort-kaping: Ma Marilize gaan huis toe

Marilize en Eugene Bright.

Marilize en Eugene Bright.

Marilize Bright (34), die ma wat ernstig beseer is ná ʼn mislukte kaping in Roodepoort, Johannesburg, keer Vrydag, presies 10 weke ná die voorval, terug huis toe.

Marilize sal as buitepasiënt behandel word. “Sy het die afgelope drie weke elke naweek huis toe gekom. Ek het haar Vrydagoggende by die rehabilitasiesentrum gaan oplaai en Sondagaande weer teruggevat. Nou kom sy vir goed terug huis toe,” het Eugene Bright, Marilize se man, aan Maroela Media gesê.

Volgens Bright loop sy vrou nou weer op haar eie maar sukkel nog. “Sy raak vinnig moeg en haar linkerbeen is nog aangetas. Sy dra ook nog ʼn nekstut wat na verwagting volgende maand verwyder sal word. Sy het nog baie seer en is ook baie emosioneel.”

Maroela Media het vroeër berig Marilize het hul kinders, Damian (7) en Abigail (9), Vrydag 15 April, kort voor 15:00, by die Laerskool Horison in Roodepoort gaan oplaai met haar blou Hyundai i20. Sy het pas hulle ander dogtertjie, Martinique (1), by haar kleuterskool daar naby opgelaai, toe die motor deur drie mans gekaap is. Die verdagte wat bestuur het, het sowat 5 km verder, op ʼn skerp draai, beheer oor die motor verloor en oor ʼn randsteen gery, waarna die motor teen ʼn bakkie wat ʼn woonwa gesleep het, gebots het.

Volgens Bright gaan dit goed met die kinders en is al drie terug by die skool. “Hulle is baie opgewonde oor hulle ma wat huis toe kom en die skole wat môre sluit, so hulle gaan nou lekker tyd saam met ons deurbring.”

Bright het gesê die kinders sukkel steeds om die voorval te verwerk. “Hulle is nog bang om in ʼn voertuig te ry. As ʼn ander voertuig te naby ry of ewe skielik stilhou – dit vat aan hulle. Hulle is baie senuagtig.” Volgens Bright sal die gesin nou almal saam berading kry.

Lees alle vorige berigte oor die Bright-gesin op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Sterretjie ·

Goeie nuus! Sterkte vir jou ons bid saam dat jy spoedige sal herstel?

Ronelle Nortje ·

Ek dink aan jle,en ons wens jle alle sterkte toe,hou moed en geloof,jle as gesin is nou saam as gesin soos dit hoort,mamma bd huis en die skole wat sluit,hoop dit gn pret wees,gou gesond word en lekker rus

Theresa B ·

Dis baie goeie nuus. Ek is bly julle gaan almal berading kry. Ek sien net volkome genesing vir almal en ‘n wonderlike pad vorentoe toegewens. Die Here bly in beheer en alle eer aan Hom!

Naomi ·

So bly vir jou en jou gesin. Mag Jesus jou tot volle herstel seën.

Siestog ·

Is dit nie wonderlike nuus nie? Spoedige en volkome fisiese en geestelike herstel word julle toegewens. Ons glo en vertrou daar is vriende en familie wat nog ‘n handjie kan bysit met hulp tuis. Wat julle nou nodig het is ‘n wonderlike vakansie as gesin. Dink aan julle.

marianne ·

Dank God dat hierdie gesin herenig is! Jou kinders en man moet juig en jy moet sterk wees!
Small steps -: day by day.

Pikkie ·

So bly die verhaal het nie anders ge-eindig nie. Voorspoed aan die gesin!

Helene Heyns ·

Beste nuus wat ek in ‘n lang tyd gehoor. Sterkte vorentoe.

Helene Heyns ·

Beste nuus wat ek in ‘n lang tyd gehoor het. Sterkte vorentoe.

Essie ·

Weet enige iemand wat van die saak geword het? Nooit weer iets gehoor van die kapers of hulle toe voor die hof verskyn het of wat nie laaste gehoor hul le in ‘n staaatshospitaal of iets maar dis al ‘n ruk terug??

Helena Harmse ·

Dankie Maroela dat jul altyd terug voering het van alle gebeure.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.