Roodepoort-kaping: Ma sien kinders

Eugene, Marilize en hul kinders Abigail, Damian en Martinique. Foto: Verskaf

Eugene, Marilize en hul kinders Abigail, Damian en Martinique. Foto: Verskaf

Marilize Bright (34) het Dinsdag vir die eerste keer in meer as twee weke haar kinders gesien nadat hulle saam vroeër in hul motor gekaap en ontvoer is.

Volgens Alan Bright, Marilize se swaer en woordvoerder van die familie, is Marilize intussen ook van die Milpark-hospitaal na die Netcare-rehabilitasiehospitaal in Auckland Park oorgeplaas. “Sy is baie emosioneel oor die nuwe stap in haar pad na herstel. Sy het vandag [Dinsdag] al haar kinders gesien en dit het gehelp vir haar gemoed.”

Bright het gesê Damian (7) se steke is intussen ook Dinsdag verwyder. “Hy en sy suster [Abigail] sal hopelik binnekort terug wees by die skool tussen hulle maats.” Eugene, Marilize se man en die kinders se pa, het intussen weer die publiek bedank vir hul bystand en gebede.

Maroela Media het vroeër berig Marilize het Vrydag 15 April, kort voor 15:00, vir Damian en Abigail (9)by die Laerskool Horison in Roodepoort gaan oplaai in haar blou Hyundai i20. Sy het pas vir Martinique (1) by haar kleuterskool daar naby opgelaai, toe die motor deur drie mans gekaap is. Die verdagte wat bestuur het, het sowat 5 km verder, op ʼn skerp draai, beheer oor die motor verloor en oor ʼn randsteen gery, waarna die motor teen ʼn bakkie wat ʼn woonwa gesleep het, gebots het.

Lees alle vorige berigte oor die Bright-gesin op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Kanna ·

Hou moed jy sal beter word. Baie bly jy kon die kinders sien. Julle bly in ons gebede.

Magda ·

Baie goeie nuus vir vandag – bid vir volkome herstel. Baie sterkte.

Theresa B ·

So bly dinge vorder so goed met almal. Marilize – hou net moed. Alles is in die Heer se hand. Wees net geduldig. Al is die herstel vir jou stadig. Julle lewe en kan die lewe weer aanvat. Sterkte en onthou daar is baie mense wat nogsteeds vir julle bid.

Mel ·

Dis wonderlike Nuus!! Hou moed Marilize, ons bid saam jou op spoedige en volkome herstel

Tiger ·

Moenie moed op gee nie Marilize!Ek was self in ‘n motor ongeluk 3 jaar gelede en het ‘n brein besering opgedoen wat my regterkant heeltemal onbruikbaar gelaat het.Danksy ons Hemelse Vader se ingryping en gereelde oefening en fisioterapie kan ek nou al bietjie loop met ‘n kierie alhoewel my hand nog nie saamspeel nie en my man steeds meeste dinge vir my moet doen maar ek het wonderbaarlik herstel so daar is beslis goeie hoop vir jou ook vrou!Jy is ook die helfte jonger as ek so jou herstel sal gouer wees.Sterkte aan jou en jou hele familie.

Skapie ·

Baie sterkte en in my gebede. So bly alles begin stadig regkom. So dankbaar almal lewe en geen permanente skade

Gesiggie ·

Ag wat n vreugde…Marilize so bly dat jy jou kinders kon sien”’ Dit sal jou pad op herstel net verbeter” hou moed, hou aan Glo… een van die dae is als verby en kan jy en jou gesin weer jul lewe lei… Sterkte aan jul as gesin

M A ·

Dis fantastiese nuus dat almal op die herstelpad is. Wat het toe geword van die kapers?

Trudie ·

So dankbaar dat dit elke dag met julle beter gaan. Weet en glo dat Hy ten volle fisiese- en emosionele genesing vir julle sal gee. Ek bly julle opdra in gebed. Lara & Bruce se Ouma xx

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.