Alan Bright, Marilize se swaer en woordvoerder van die familie, het gesê dit gaan baie beter met Damian. “Sy pa, Eugene, het by hom gekuier. Hy is steeds in die hoësorgeenheid, maar sy toestand is nie meer kritiek nie. Hy is van die ventilator afgehaal en die toestel wat die drukking op sy brein gemeet het, is ook verwyder. Sy herstel is ongelooflik.”
Volgens Bright is Marilize intussen ook steeds in die hoësorgeenheid, maar is sy na die deel van die saal geskuif waar sy nie meer as kritiek beskou word nie. “Sy beweeg elke dag ʼn bietjie meer, maar sy is steeds in baie pyn. Eugene is gelukkig met haar vordering.” Abigail sterk intussen steeds by die huis aan.
Maroela Media het vroeër berig Marilize het Vrydagmiddag kort voor 15:00 vir Damian en sy ouer suster, Abigail (9), by Laerskool Horison in Roodepoort gaan oplaai in haar blou Hyundai i20. Sy het toe gery om vir Martinique (1) by haar kleuterskool daar naby op te laai, toe hulle deur drie mans gekaap is. Die verdagte wat bestuur het, het sowat 5 km verder, op ʼn skerp draai, beheer oor die motor verloor en oor ʼn randsteen gery voordat die motor teen ʼn bakkie, wat ʼn woonwa gesleep het, gebots het.Lees alle vorige berigte oor die Bright-gesin op Maroela Media.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
22 Kommentare
Dis baie goeie nuus! Mag die Heer se hand oor julle wees, en dat die geneesings prosses volkome aan julle kant sal wees. Hoop almal herstel volkome. Baie sterkte en almal bid vir julle beterskap!
Dis lekker sulke goeie nuus te kan lees!Sterkte aan mev.Bright en haar seuntjie.Solank julle op ons Vader vertrou en in Hom GLO sal als regkom.Die bewys van sy wonderwerking is reeds daar!
Dank die Here dat hy die hele gesin gespaar het na die tragiese gebeure, Ons bid vir spoedige en volkome genesing.
Al wat ek kan sê is: Dankie Heer !!!
So dankbaar…Dankie Here vir U magtige hand van geneesing oor elkeen van hulle….