Roodepoort-kaping: Seun se toestand verbeter

Eugene, Marilize en hul kinders Abigail, Damian en Martinique. Foto: Verskaf

Eugene, Marilize en hul kinders Abigail, Damian en Martinique. Foto: Verskaf

Marilize Bright (34) en haar seun, Damian (7), sterk steeds in onderskeie hospitale in Johannesburg aan ná die mislukte kaping waarin hulle ernstig beseer is.

Alan Bright, Marilize se swaer en woordvoerder van die familie, het gesê Damian is wakker en reeds van die ventilator afgehaal. “Hy het selfs met sy pa [Eugene] gepraat. Hy het gesê hy het erge borspyn gehad, maar word elke dag sterker.” Damian is steeds in die hoësorgeenheid van die Clinton-hospitaal in Alberton.

Maroela Media het vroeër berig Marilize het Vrydagmiddag kort voor 15:00 vir Damian en sy ouer suster, Abigail (9), by Laerskool Horison in Roodepoort gaan oplaai in haar blou Hyundai i20. Sy het toe gery om vir Martinique (1) by haar kleuterskool daar naby op te laai, toe hulle deur drie mans gekaap is. Die verdagte wat bestuur het, het sowat 5 km verder op ʼn skerp draai beheer oor die motor verloor en is oor ʼn randsteen voordat die motor teen ʼn bakkie, wat ʼn woonwa gesleep het, gebots het.

Volgens Bright is Marilize ook steeds in die hoësorgeenheid van die Milpark-hospitaal. “Sy is soos elke ma bekommerd oor haar kinders, maar gelukkig is Eugene en die familie daar om haar gerus te stel.” Bright het die familie se waardering uitgespreek teenoor die personeel by die hospitale waar Marilize en Damian behandel word.

Lees alle vorige berigte oor die Bright-gesin op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Bets Bothma ·

So dankbaar dat die gesin beter word. Ek wil net weet wie betaal vir hul mediese kostes en wie betaal vir die ontvoerders se mediese kostes? Net n vraag?

SNEL ·

Baie bly om te hoor dit gaan net beter by die dag. Sal aanhou bid.

Delia ·

Ek is so dankbaar dat daar goeie vordering is en hoop dat almal volkome sal herstel!
Wat egter aan my knaag, is dat nerens melding gemaak word wat van die insittendes van die bakkie geword het nie…..het hulle ongedeerd uit die bakkie geklim, of is hulle net nie belangrik nie?
Maroela, help ‘n bietjie hier asb.

Theresa B ·

Wonderlik – Alle eer aan die Hemelse Vader. Sterk wees Damian. Jy en mamma gaan ook een van die dae huis toe. Julle sal weer ‘n liefdevolle, volledige gesien wees!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.