Die gesin se eenjarige dogtertjie, Marinique, is intussen Maandag weer terug kleuterskool toe. Volgens Eugene Bright (43), Marilize se man en die kinders se pa, is Abigail (9) steeds in die Garden City-hospitaal se pediatriese hoësorgeenheid vir waarneming. “Die dokters is tevrede met haar vordering en sy sal moontlik binne die volgende 48 uur na ʼn algemene saal oorgeplaas word.” Sy het ʼn gebreekte arm en gekraakte bekken opgedoen in die botsing ná die kaping.
Marilize (34) word ook steeds in die hoësorgeenheid van die Milpark-hospitaal behandel. “Marilize word wakker en praat met my. Ander familielede word ook by haar toegelaat,” het Eugene gesê. Sy het swelling op die brein, sewe gebreekte ribbes en ʼn kopbesering opgedoen. Volgens Eugene is sy steeds kritiek, maar stabiel.
Damian (7) word intussen steeds onder verdowing gehou in die hoësorgeenheid van die Clinton-hospitaal in Alberton. Hy het ʼn kopbesering opgedoen en het ʼn gat in sy long. “Damian is op ʼn ventilator en steeds kritiek, maar stabiel,” het sy pa gesê. “Weer eens dankie vir al die ondersteuning en gebede.”
Marilize het Vrydagmiddag kort voor 15:00 vir Damian en Abigail by Laerskool Horison in Roodepoort gaan oplaai in haar blou Hyundai i20. Sy het toe gery om vir Martinique (1) by haar kleuterskool daar naby op te laai toe hulle gekaap is. Die kaper wat bestuur het, het sowat 5 km verder op ʼn skerp draai beheer oor die motor verloor en is oor ʼn randsteen voordat die motor teen ʼn bakkie wat ʼn woonwa aan’t sleep was, gebots het. Die botsing het naby die oorgang van Louis Botha- en Barry Hertzog-rylaan plaasgevind.
Die vermeende kapers is op die toneel vasgetrek en onder polisiebewaking na die Leratong-hospitaal geneem vir behandeling. Maroela Media wag vir terugvoer van die polisie om te bevestig of die verdagtes steeds in die hospitaal is en wanneer hulle in die hof sal verskyn.
Lees alle vorige berigte oor die Bright-gesin op Maroela Media.
- Foto: Twitter
- Foto: Twitter
- Foto: Twitter
- Foto: Facebook
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
14 Kommentare
Ek is dankbaar dat niemand oorlede is nie. ek vertrou dat die Heer hulle volkome gaan genees en die gesin weer bymekaar sal bring.
Ons moet moet met sulke gebeure altyd onthou om die seën raak te sien, maw, hulle is gespaar.
Al ken ek hulle nie, ek bid vir hulle. elkeen van hulle!
Baie dankie vir almal wat saam met my bid! Ek wens hulle almal spoedige herstel toe!
Ons bid nog steeds baie hard vir julle. Ek is baie bly dat daar darem bietjie beterskap is.
Dit wat met julle gebeur het, het baie van ons baie diep getref.
Maroela Media, baie dankie vir die update! Kan julle asb laat weet wat die polisie gesê het.
Met alles wat nou in SA gebeur hoekom bring hulle nie die doodstraf in nie, want om tronk toe te gaan deesdae is nie meer n straf vir hulle nie inteendeel hulle lewe beter binne as buite.
kan alle afriforum en ander lede met baniere opruk hof toe as hulle verskyn in ontsettende massas – ons sal moet mobiliseer en meer wys ons meen besigheid – hulle moet ons getalle begin raaksien en dat ons nie sommer net gaan toelaat dat hulle ons verniel nie. Genoeg moet sekerlik nou al genoeg wees!
My hart gaan uit na hierdie hele gesin! Veral die pappa wat nou moet sterk staan. Ons bid dat God elkeen volkome sal laat herstel en vinnig weer op die been te bring. As ek mag raad gee, kry hulp by n neuroloog sielkundige as mamma en kinders ontslaan is. ‘n Kopbesering verander jou hele lewe! Dit is ‘n vreeslike ding om deur te gaan en die herstelling daarvan is glad nie ‘n maklike pad nie. Ek praat van ondervinding. Sterkte vir elkeen van julle, en ons glo dat almal vinnig sal herstel! Ons vertrou op ons Vader.