Roodepoort-kaping: ‘Sy bly positief’

Marilize Bright. Foto: Facebook

Marilize Bright. Foto: Facebook

Marilize Bright (34) het nog ʼn lang herstelpad wat voorlê nadat sy en haar drie kinders vroeër in hul motor gekaap en ontvoer is.

Volgens Alan Bright, Marilize se swaer en woordvoerder van die familie, is Marilize besig met rehabilitasie waarin onder meer aan haar hand-oog-koördinasie gewerk word. “ʼn Herstelpad van sewe tot agt weke lê nog voor. Die swelsel om haar brein het in die eerste week na die ongeluk ʼn ligte beroerte veroorsaak en daarom moet sy rehabilitasie ondergaan.”

Bright het gesê Marilize het neerslagtig gevoel nadat sy uitgevind het ʼn lang herstelpad lê nog voor, maar sy probeer positief bly. Marilize het verlede week vir die eerste keer na die voorval haar kinders gesien. Volgens Bright sal Damian (7) en Abigail (9) intussen moontlik weer Maandag skool toe gaan. “Hulle is baie opgewonde.”

Maroela Media het vroeër berig Marilize het Damian en Abigail Vrydag 15 April, kort voor 15:00 by die Laerskool Horison in Roodepoort gaan oplaai in haar blou Hyundai i20. Sy het pas vir Martinique (1) by haar kleuterskool daar naby opgelaai, toe die motor deur drie mans gekaap is. Die verdagte wat bestuur het, het sowat 5 km verder, op ʼn skerp draai, beheer oor die motor verloor en oor ʼn randsteen gery, waarna die motor teen ʼn bakkie wat ʼn woonwa gesleep het, gebots het.

Lees alle vorige berigte oor die Bright-gesin op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Sarel Strydom ·

Ons kan maar net bid en vertrou dat die gesin baie genade sal ontvang. Daar is nog hofsake wat kom wat beslis ook sy tol eis.

pauline ·

Ek is dankbaar ma en kids is okay maar ja ek se di kapers moet vir baie lank weggebere word kla

Goggabot ·

Sterkte aan die hele gesin. Ek wil graag weet of die mense wat in die bakkie was, of hulle almal okay is.

Karma ·

Watter bakkie? Die voertuig van Marilize wat gekaap is, het teen ‘n woonwa gebots. Of was die woonwa aan ‘n bakkie gehaak, reg om te ry?

Gesiggie ·

Marilize jy is deur hel? jy het meskien nog n lang pad op herstel, maar God sal aan jou elke dag net meer en meer krag gee… bly positief, jou kinders en man het jou ook nodig.. vat elke dag vir dag… (Skryf alles neer wat God in Gebed aan jou openbaar. Kyk gereeld daarna en onthou dan dit is net deur Sy genade wat jy in Hom kan groei) Sterkte aan jou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.