Roodepoort-kaping: Verdagtes toe nié in hof

Een van die vermeende kapers op die ongelukstoneel. Foto: Facebook

Een van die vermeende kapers op die ongelukstoneel. Foto: Facebook

Die drie verdagtes wat op die toneel van ʼn mislukte kapingspoging in Roodepoort in hegtenis geneem is, het nie Maandag soos verwag in die hof verskyn nie.

Die drie verdagtes is Vrydag deur lede van ʼn veiligheidsmaatskappy en die publiek in hegtenis geneem nadat die motor wat hulle glo gekaap het in ʼn botsing naby die oorgang van Louis Botha- en Barry Hertzog-rylaan betrokke was.

Maroela Media het vroeër berig Marilize Bright (34) het Vrydagmiddag kort voor 15:00 twee van haar kinders, Damian (7) en Abigail (9), by Laerskool Horison in Roodepoort gaan oplaai in haar blou Hyundai i20. Sy het toe gery om vir Martinique (1) by haar kleuterskool daar naby op te laai toe hulle deur drie mans gekaap is. Die verdagte wat bestuur het, het sowat 5 km verder op ʼn skerp draai beheer oor die motor verloor en is oor ʼn randsteen voordat die motor teen ʼn bakkie wat ʼn woonwa aan’t sleep was, gebots het.

Eugene, Marilize en hul kinders Abigail, Damian en Martinique. Foto: Verskaf

Eugene, Marilize en hul kinders Abigail, Damian en Martinique. Foto: Verskaf

Die vermeende kapers is ook in die botsing beseer en onder polisiebewaking na die Leratong-hospitaal geneem. Volgens lt. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, sou die verdagtes Maandag in die Roodepoort-landdroshof verskyn het, maar is die saak uitgestel aangesien twee van die verdagtes steeds in die hospitaal is. Makhubela het gesê die twee verdagtes wat steeds in die hospitaal is, het ernstige beserings opgedoen.

Volgens Makhubela is die saak vir sewe dae uitgestel. Hy kon egter nie die datum waarop die saak weer aangehoor sal word bevestig nie. Volgens Makhubela word ʼn saak van kaping ondersoek en is dit nog nie duidelik of die verdagtes op byekomende aanklagtes tereg sal staan nie.

Lees alle berigte oor die Bright-gesin op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

T ·

SLUIT hulle toe !!!!!! sit hulle in die tronk se hospitaal, hulle het onskuldige mense ERG beseer en verdien nie eers ‘n hofsaak nie !!!!!

Theresa B ·

Hulle sou seker nie betyds klaar gewees het met hulle spa behandeling nie. Polisiebewaking sê julle. Ha ha – Ons kyk hoe lank hulle onder bewaking gaan wees voor hulle “gesond” genoeg is om te ontsnap.

Woedend ·

Ek het geweet dit gaan gebeur!! En ek stem saam, hulle gaan probeer om te onsnap!! Hoekom kan hulle nie in die tronk hospitaal wees nie?? Hulle kry natuurlik die spesial treatment by die hospitaal, dit kan ek jou verseker!!

Dee ·

Maroela bevestig dat hulle Marilize se kar bestuur het en dat hulle met haar kar in ‘n ongeluk was maar somehow bly hul status die van verdagtes en vermeendes. Dìt is wanneer oordrywing erg word.

Gawie de Beer ·

So Frusterends as wat dit is bly hulle verdagtes totdat hulle skuldig bevind is in ‘n hof dan word hulle beskuldigdes.

Dee ·

Jy is verkeerd, dink weer. Nou is hulle verdagtes èn beskuldigdes en wanneer ‘n hof hulle skuldig bevind is hulle skuldiges.

Tiger ·

Ek stem saam dat hulle in die tronk se hospitaal moet wees en nie ‘n provinsiale hospitaal nie.Die mans is ALMAL op heeterdaad betrap en aangekeer so daar is nie ‘n “maybe” is hulle onskuldig nie.En ‘n klag van opsetlike ontvoering EN poging tot moord en opsetlike beskadiging van eiendom MOET ook saam met die van voertuig kaping gevoeg word.

Liz ·

Hoe kan hulle nog sê dat hulle verdagtes is?? Hulle is “red handed gevang” of het die feetjies hulle in die kar in getoor??

Nee goeie hemel, die vrou en twee van haar kinders is steeds in die ICU! ?? Dis mos nie reg nie en heokom is hulle nie in die hospitaal tronk nie?? Dis waar hulle in die eerste plek hoort!!

Anoniem ·

En ergtse van alles die kapers se medies is gratis….Wens so ons kan iets doen omtrent al die goed maar solank as wat president is wat president is…gaan niks gebeur…….God ons het U ingryping nodig. Help ons, wys ons die weg aan hoe om die stop te sit. Ons as mens voel of ons hande afgekap is…want dit gaan net aan die moorde, verkragtes, inbrake, roof…Help ons asb Heer….Dankie Heer…

Mismoedig ·

Amen, baie dankie. Asb Here, asb, asb gryp in!!! Help ons, lei ons, ons weet nie meer watter kant toe nie want maak nie saak wat ons doen nie, ons het geen regte nie!! Misdadigers het meer regte as ons Here, asb, ek pleit by U asb help ons, voor dit te laat is! ??

Vissie ·

Hulloe moet oingelukkig as “verdagtes” beskryf word, tot tyd en wyl hulle skuldig bevind word. Ons kan hier dink wat ons wil, maar ons kan die swerkaters nog nie skuldig bevind nie. Ons is mos noi nie in ‘n staat van boendoehowe nie, hoewel mens so voel!

Rynhardt ·

BOEWE HET REGTE IN N BOEWE-STAAT! KYK WIE STEL DIE VOORBEELD IN SA EN WIE IS “ABOVE THE LAW!” SA IS LANKAL BUITE BEHEER!

Dee ·

Sièn! Die ANC staan by hul beloftes! Hulle het belowe om die land onregeerbaar te maak en so het hulle gedoen.

kanna ·

Hkm kon die een verdagte nie al solank hof toe gegaan het nie. As ons weer hoor was hy te lank in aanhouding sonder om in n hof te verskyn. STEM SAAM HULLE HOORT NIE op die staat se onkostes behandel te word nie. Dit is deur hulle eie toedien dat hulle beseer is.

Helen ·

Hulle gesigte word bedek maar die familie sinne word orals gewys. Hulle kry gratis hulp maar die man van die familie moet betaal. Ai ja nee en hulle se crime betaal nie? kan ook maar net lag!

Andrea van Vuren ·

Almal is bekommerd oor die ma en kinders maar die varke in die hospitaal word gevoer om “sterk” te wees vir hul hofsaak. Ek weet wat gaan volg. Mediese parool!

johann cb ·

Ek wonder hoe dit met die ma en haar twee kinders gaan? Kan iemand asseblief ons op hoogte bring?

elize naude ·

dag vir dag beter alhoewel nog kritiek… hier op maroela is die meeste bekommerd en besig met vergelding & haatspraak en oor die politici as oor die slagoffers… :-(

Chantell ·

Dit gaan ook doodloop hulle gaan ook vry gespreek word want hulle mos nou seer gekry wat verwag hulle moet ons voel jammerte. Al vir wie ek jammer is is die gesin. Wonder of hulle nie die hospitaal omkoop om tans siek Te act nie net om nie voor n hof Te verskyn nie. More hoor ons hulle het ontsnap en Dan loop storie dood

Laurika ·

Ek weet ek mag dalk van die inligting gemis het. Waar weet enige iemand of die insittendes van die bakkie enige iets oorgekom het en of hulle okay is. Die bakkie en karavaan lyk darem ook sleg. Ek dra die gesin in my gebede, maar wonder net oor die ander party (in ander voertuig).

Pitt ·

Word net sake van oorsee se burgerlikes spoedig behandel en lands burgers moet maar wag tot die NVG genoegsame bewyse kan lewer? As ek die ding mooi sien moes ‘n magistraat die manne sommer gister al skuldig bevind het sonder dat hulle nog in ‘n hof moes verskyn het. Is as gevolg van hulle dade dat ‘n familie nou dalk ‘n leeftyd se probleme mee gaan moet saamleef.
Kon hierdie ongeluk maar nie in een of ander lokasie of plakkerskamp gebeur het dat die gemene goed dan die gemeenskap se frustasie kon voel het. Nie een van hulle sou nog geleef het om in ‘n hof te verskyn nie.

elize naude ·

as oorsese burger het ek ń spesiale regsversekering wat druk uitoefen…

Moekie ·

Wys die “verdagtes” se gesigte, of is dit weer n mense regte probleem!!! hul is nie “verdagtes” nie man hul is skuldig en klaar. Almal kan dit sien magtig!!!!!!!!!!

Tella ·

Wys julle nuwe SA!! Ek raak sommer brissend as ek dit sien hulle gaan wegkm weereens!!! Maar waar laat dit die gesin in pyn en lyding ons bid vir ju en ju kinders mag God julle herstellings krag gee om veilig by julle familie aan te sluit.

Theresa ·

Die kapers is met ooggetuies reeds as skuldig uitgewys.
Dis ‘n sonde en skande dat hul in gewone hospitaal is. Is daar wagte by hierdie kriminele se deure by die hospitaal???
Hoop hul word spoedig gevonnis.
Baie sterkte aan die gesinnetjie wat regtig onnodig so seer moes kry en die trauma nou sal moet verwerk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.