Roodepoort-kaping: Vrou, kinders se toestand steeds ernstig

Eugene, Marilize en hul kinders Abigail, Damian en Martinique. Foto: Verskaf

Eugene, Marilize en hul kinders Abigail, Damian en Martinique. Foto: Verskaf

Marilize Bright (34) en twee van haar kinders sterk steeds in afsonderlike hospitale in Johannesburg aan nadat hulle ernstige beserings in ʼn gru-botsing opgedoen het toe hulle gekaap en ontvoer is.

Alan Bright, Marilize se swaer, het aan Maroela Media gesê Marilize het Vrydagmiddag kort voor 15:00 vir Damian (7) en Abigail (9) by Laerskool Horison in Roodepoort gaan oplaai in haar blou Hyundai i20.

“Sy het toe gery om vir Martinique (1) by haar kleuterskool daar naby op te laai. Marilize het Martinique op die passasiersitplek voor in die motor vasgemaak terwyl Damian en Abigail agter gesit het. Marilize het om die motor gestap om in te klim toe die drie kapers haar gegryp, in die kattebak gedruk en weggejaag het. Die kapers het bo-op Damian en Abigail gesit in ʼn poging om nie aandag te trek nie.”

Volgens Bright het mense by die kleuterskool gesien wat gebeur en hulp ontbied. ʼn Veiligheidswag van Apcan Risk Management het die kapers agternagesit. “Die kaper wat bestuur het, het op ʼn skerp draai beheer oor die motor verloor en is oor ʼn randsteen voordat die motor teen ʼn bakkie wat ʼn woonwa aan’t sleep was, gebots het.”

Maroela Media het vroeër berig die botsing het naby die oorgang van Louis Botha- en Barry Hertzog-rylaan plaasgevind, sowat 5 km van waar die gesin gekaap is. Die kapers is deur lede van Apcan en omstanders vasgetrek.

Die ongelukstoneel. Foto: Twitter

Die ongelukstoneel. Foto: Twitter

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, is Marilize en Damian met helikopters na nabygeleë hospitale geneem vir dringende mediese behandeling. Die drie kapers is ook in die botsing beseer en na die Leratong-hospitaal vervoer waar hulle onder polisiebewaking is.

Volgens Bright het Marilize swelling op die brein, sewe gebreekte ribbes en ʼn kopbesering opgedoen. “Sy was gister wakker, maar is weer onder verdowing geplaas.” Marilize is in die hoësorgeenheid van die Milpark-hospitaal.

Abigail word intussen in die hoësorgeenheid van die Garden City-hospitaal daar naby vir ʼn gebreekte arm en gekraakte bekken behandel. Damian is in die hoësorgeenheid van die Clinton-hospitaal in Alberton. Hy het ʼn kopbesering opgedoen en het ʼn gat in sy long. Martinique is saam met haar ma in die Milpark-hospitaal opgeneem. Sy is teen Vrydagaand reeds ontslaan en is nou by haar pa, Eugene (43).

Volgens Bright was sy broer, Eugene, Vrydag in Frankfort toe die kaping plaasgevind het. “Iemand by die kleuterskool het my gebel en van die kaping ingelig. Ek het Eugene dadelik in die hande probeer kry. Hy was op die pad en die opvangs was sleg. Ek het hom uiteindelik opgespoor toe hy al in Randburg was en hy is onmiddellik hospitaal toe.”

Bright het gesê dit gaan in die omstandighede goed met sy broer en dat hulle vanoggend weer die rondes doen om by sy vrou en kinders in die verskillende hospitale uit te kom. “Hy was baie geskok toe hy Damian gesien het. Abigail is stabiel, maar Marilize het baie seergekry.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Jani ·

Dank God hulle het oorleef. Sterkte met hul heel word. Vir kapers: KRY VIR JOU. GOD IS AAN DIE KANT VAN DIE REGVERDIGE.

Annerine ·

Die kapers hoort nie in die hospitaal nie, hulle is nie werd om gesond te word nie! Hulle behoort direk in die tronk gegooi te word want waar hulle nou is, gaan hulle in elk geval weer ontsnap!

Tiger ·

Die 3 kapers verdien nie hospitaal behandeling nie!Hullle beserings moes behandel gewees het en dan moes hulle selle toe gevat gewees het.’ n Dokter kon hulle daar een maal per dag besoek het.Jammer maar dis hoe ek oor sulke dierasies voel!
Vir die erg beseerde en getraumatiseerde gesinslede wens ek alle sterkte voorspoed en spoedige herstel toe.Mag ons Vader julle almal styf in Sy genesende hande toevou.

Strussbob ·

Ek kyk so na hierdie mooi familie en wonder wanneer is genoeg GENOEG ???

Anna-Marie ·

Stem 100% saam met wanneer is genoeg GENOEG.
Is oneindig jammer vir hierdie gesin/familie wat nou deur diepwater gaan en ek dink aan hoe so ‘n pragtige gesin hul lewenslegkaart stukkie vir stukkie weer sal moet maak pas.

Johann Marx ·

Wanneer is genoeg genoeg? Die dag wanneer sulke gedrag die nodige aksie ontlok om dit stop te sit….en ongelukkig kan dit nie met berading, mooipraat, onderhandeling, regs-aksie, dreigemente of opheffings-aksies stopgesit word nie. Daar is maar net een oplossing vir ‘n boelie….en dis om hom terug te slaan. Hard. Dan stop sy gedrag.

Cherokee ·

Wàt presiès bedoel julle by genoeg is genoeg? Selfs een keer is een keer te veel.

Hanna ·

Ek stem heelhartig saam! Ek kyk na hulle en besef hulle is ‘n gesin nes myne. Dit is scary en mens kan net bid dat die Here jou en jou geliefdes beskerm.

antoinette ·

Sterkte God waak oor julle onse Hod is inbeheer.SA kom ons bid almal saam vir die familie.

Etienne van Rensburg ·

Behalwe vir die trauma ens. gaan hierdie slagoffers ook met reuse mediese uitgawes sit terwyl die barbaarse misdadigers op belastingbetalers se koste behandel word.

Absoluut ·

Sjoe dit is absoluut waar! Mens kan behoorlik van die dakke afskree : Mense regte – waar is jul kamma slim mense – waar is hierdie gesin se reg op lewe, reg op veilige gebruik van paaie by n skooltjie, beskerming teen onmenslike barbare, Die wetters wat al hierdie regte weggeneem het geniet nou die reg op alles om weer die reg van ander weg te neem sodra hul gesond is, so onmenslik!

DPJ ·

Damion en Marilize (ma) is uiters kretiek toestand in die hospitaal en lewens hang aan ‘n draatjie. Al die komumentaar lewers kan ons nie asb vir die twee bid nie? Dat die Here Sy genesende hand oor hulle sal hou. Gesin is in GROOT nood. Asseblief mense gebed het groot krag. Abigail en Martinigue is baie erg beseer. Gebede sal baie help.

Gallie ·

Liewe Here, Ons vra dat u u hand van genesing oor hierdie gesin sal hou en ons vra dat u hulle almal sal genees asseblief Here. Ons vra dat u u hart sal oopmaak vir hierdie gesin Here. Laat asseblief u wil geskied. Amen

cherie ·

Ons gebede is met julle almal. God is in beheer al lyk dit nie so nie. Sy genade is genoeg vir ons elke situasie.
Baie sterkte vir julle!!

Joann ·

My gebede is by die ma en kinders. Die kapers is seker weer ons mede broers,vir hulle voel ek vere. As christen meot ek nie so op tree nie,maar dis menslik om hul te verag.

Es ·

Dit is onaanvaarbaar. Wanneer is genoeg GENOEG. Here, help ons land.

lindie steenkamp ·

Baie baie sterkte vir dié gesin. Sjoe dis n hartseer storie! Ek ken julle nie eers nie maar die trane loop. My hart gaan uit na julle. Mag die Here elkeen van julle geestelik en fisies volkome herstel. Mag Hy julle as familie styf vashou en krag gee om deur hierdie tyd te kom, sodat julle sal kan getuig van Sy goedheid. Baie sterkte. Julle is in ons gebede.

Nadia ·

Liewe Heer hou asb U beskermende hand oor hierdie moeder en haar kinders. Vou hulle toe in U hande. Dra haar man en die familie in hierdie moeilike tyd maar gee hul so ook die krag om saam te veg vir hierdie kosbare lewens. Heer ek vra ook dat U geregtigheid sal geskied en dat die wat hierdie pragtige gesin soveel seer besorg het elke sekonde van die dag bittere lyding moet ervaar stadig en pynlike lyding moet kry, gee dit vir hulle want hulle verdien geen genade nie.

Zelna De Lange ·

Ons is verby die staduim van Genoeg is Genoeg. Hierdie gesin , het dit nie verdien nie. Daardie Kapers word nou verniet behabdel ,terwyl hierdie familie moet opdok vir hulle behandeling. ” Here ek vra u in die Naam van JESUS , die SEUN , en Heilige Gees , dat u hierdie familie onmiddelik sal aanraar en hulle sal genees van al hulle beserings, in Jesus naam . Amen.
Ek dink dit is tyd vir ons mense om te begin saamstaan , Kyk wat moet hierdie familie alles deurmaak en dit terwyl die ander moonlik nis gaan oorkom vir hulle dade nie. Ons moet begin om te dink aan ons kinders , ons ouers en hulle toekoms. Hou ons asb op hoogde oor Marilize en famlie.

Johan ·

En dit is juis hoekom ons mense weg hardloop na ander lande toe.

Rupert Ashford ·

Presies. En hulle hardloop nie weg nie, hulle lewens word ook in die proses geweldig ontwrig en baie herstel nooit.

Kathy ·

Stem saam hulle hardloop nie weg nie. My seun en sy gesin het ook die land verlaat omdat my seun se hy sien geen toekoms vir sy kinders in die land nie. Dan praat ons ook nie van veiligheid nie. Het by hulle gaan kuier waar hy nou is kan in parke gaan loop sonder om bedreig te voel – kinders kan buite speel sonder dat mens heeltyd oor ou skouer moet loer. My land het hulle teleurgestel

Miechele` ·

Dear God
I bow my head and ask, if it is Your will please save this land from those who seek to destroy it. Amen ♡

Sarel Strydom ·

Ek sit nou al van gister af en wonder of ek kommentaar moet lewer of nie. Daar het versoek uitgegaan dat gebid met word vir die Gesin, die Ma en inders. op Maroela se kommentaar sien ek van die gebede. daar is egter ook die faksies wat die gesin se Trauma en Hartseer gebruik het vir die verspreiding van haatspraak, dit maak my hartseer. Hoe kan jy wil bid vir reen, bid vir vrede, bid vir die herstel van ons land, bid vir ‘n gesin se hartseer en ter selfde tyd die verskriklikste haatsprak daarmee saam voeg. God het nie plek vir haatspraak nie en sal ook nooit gebede verhoor wat met haatspraak saam gaan nie. laat ons hierdie gesin aan God opdra en verder met vrede laat.

pieter ·

Haatspraak is een ding; ‘n uitroep om vergelding is iets anders. Hou tog net op om alles te wil vergeestelik-hier het ons met ‘n gebroke gesin te doen waarvan sommige op die oomblik veg vir hulle lewens! In ‘n oogwink is hul lewens vir altyd verander.

elize naude ·

stem volkome met pieter saam… ook ek is hartseer en woedend oor sulke nuus… maar haat produseer meer haat en dit is ‘n kringloop sonder einde…

Liz Visser ·

Ek sal nooit kan verstaan hoe die wettelose gemors meer regte het as die mense wat die wet volg.

My hart gaan uit na die gesin. Ek bid dat hulle almal gesond gaan word en weer huis toe gaan gaan. Met die drie van hulle wat in die ICU is het ek gewonder, kan iets soos n “Gofundme” fund nie begin word vir die gesin nie asb? Ek weet dat hulle gaan baie groot mediese omkostes hê en het gedink dat so iets sal hulle net gerustel dat hulle kan gesond word sonder die bekommernis ook!! Ek weet dat die belangrikste is dat hulle almal leef maar soos ek sê, dit sal baie help. Hulle gaan ook almal moet gaan vir sielkundige behandeling wanneer hulle almal uit die hospitaal onstslaan is dat hulle die hele stroie kan verwerk. Ek weet nie of mens ooit oor so iets sal kan kom nie maar dis baie belangrik dat hulle sal kan gaan.

Marilize, Abigail, Damien, Maririnique en Eugene, ons dink aan julle en ons bid vir julle. Asb hou ons op hoogte hoe die gesin doen.

Ek wens ons Hemelse Vader kom haal ons!

Nic ·

Die kapers kry seker gratis mediese behandeling, terwyl die Bright-gesin maar self (of hul mediese fonds) vir hulle behandeling sal moet opdok.
Sterkte aan dié pragtige gesin.

Drikus ·

Ek deel in die gebede vir volkome herstel van die familie. Dan ook baie dankie aan diegene wat alarm gemaak het. Besonderse erkenning aan die sekuriteitsman wat agterna gejaag het. Hoe gaan dit met hom?

Hans ·

Waarom wit vroue en kinders ontvoer.wat doen hulle met die mense.wat het geword van ma en seun van germiston wat maande gelede in edenvale ontvoer is

Hannetjie Harvie ·

Here hou U hand oor hierdie gesin. Meskien moet ons as afrikaners hande vat en ernstig bid vir die gesin. Die misdadigers is onbelangrik. Hulle sal hulle dag kry

Gert ·

Ek hoop hulle dagvaardie blou rook uit die minister van polisie . ons betaal belasting en word nie veilig gehou deur die polisie nie

Eddie Hobson ·

Ek moet my tong byt om nie rassistiese kommentaar te lewer nie, maar ons almal weet tog wie die skuldiges is. So gatvol….

Ben Prinsloo ·

Sal liewer niks sê nie, kan dalk agv my kommentaar in die tronk beland.

Cindy van Zyl ·

Ek kan nie help om te wonder of hierdie nie dalk n geval is van óf human trafficing of toordokter muti nie.

Suzie ·

Dis tyd dat die mense JZ “President” dagvaar omdat hy kriminele eintlik toestemming gegee het om blanke gesinne aan te val en dood te maak want hy sing dan saam met die ANC op televisie “kill the boer, kill the farmer” . Dagvaar hom vir al die mediese kostes en angs wat die vrou en kindertjies moes deur maak met die kaping.

MB ·

Dis vir my ‘n baie hartseer storie. Ons dra die Bright gesin en al ons gebede op en bid vir hul genesing. niemand verdien dat so iets met hul moet gebeur nie. hou ons asb op hoogte oor die gesin. Kom ons vat almal vandag ‘n tyd en bid vir volle genesing vir die ma en kinders en kom ons bid sommer ook dat God ons almal sal beskerm teen die geweld wat elke dag vererger.
Had a bad day? Put your hand on your chest. Feel that beat? That’s called a purpose. You’re here for a reason. Don’t leave without one. sommer net iets posetiefs vir almal wat vandag af en alleen voel. Dra die positiewe gedagte elke dag saam met jul en weet dat God in beheer is. Mooi week.

neelsie ·

“Mag God die aanslag van Satan op ons volk breek”
Draai terug na God.
Hy is getrou,
Hy sal Sy beloftes nakom as ons gehoorsaam is aan Sy Woord.
Aanvaar Jesus as die verlosser van die wereld , dan sal God jou genadig wees.

Michelle Roos ·

Ons dra ons gebede op aan Hom wat julle deur hierdie ongelooflike moeilikie tyd sal dra. Mag julle almal 100% volkome herstel en mag die nagmerrie van die dag spoedig uit julle geheue verwyder word. Sterkte aan elke van julle.

Will i am ·

Sterkte aan die familie. Ek wil nou net weet: hoekom moet ons as belasting betaler nou vir die skelm sorg maar die famililie moet op hul eie regkom. Hier moet eise ingedien word teen die staat.

Mier ·

Here, ons kom bid vanoggend vir hierdie gesin en bid vir genade vir hulle. U is die groot Geneesheer. Dankie vir U liefde ons eer U.

Donovan ·

Dit is vir my baie maar baie moeilik wat ek nou gaan doen, maar verdra dit in Jesus naam… Here daardie kappers is ook deur U geskape, U het hulle lewe gespaar om een of ander rede, moenie dat daardie rede verniet wees nie, Here soos U genade vir my was, glo ek dat U genade vir die kappers ook is… vergewe hulle hul oortredinge en red hulle siele van die verderf waar hulle hul bevind Here, U werk op n bo natuurlike wyse en ek gee U al die eer Here… (Daar was n dag in oom Louis se lewe waar hy ook deur 3 mans gekaap en geskied was, 2 het later in tyd met hulle lewens geboet, maar 1 Here het u raak gesien en U het hom gered… oom Louis is nie meer met ons nie, maar daardie storie sal altyd by my bly…)

JJ ·

Ek bly om die draai van waar die kaping tot ‘n hartseer einde gekom het vir die gesin en was daar, soos baie mense in die straat. Twee dinge was vir my uiters opvallend. 1. die haat in die gesigte van die omstanders teenoor die 3 kapers. 2. die kommentaar van die mense (wit en swart) op die toeneel spreek van “gatvol” vir crime. Terwyl die mense die kapers geskel het (wit en swart) het die een net elke keer sy skouers en hande gelig in ‘n “so what” houding, dit was om van naar te word, maar wat moet jy doen, hy is die skelm kroek en as jy iets aan hom doen daar is JY skuldig. Ek moet sê die mense van ER24 het hulle waaragtig goed gekwyt van hulle werk, regtig beindruk daarmee. Die gehuil van die kinders sal my lank by bly. Ek bid vir die gesin se spoedige herstel.

Sanet vd Merwe ·

Hoe kan mens vir die familie laat weet van n ongelooflik suksesvolle terapie na breinbesering? Ons seun (nou 28) het wonderbaarlik herstel na n verwoestende ongeluk 7jr gelede nadat die Here ons na só n terapeut gelei het. google Dr Svetlana Masgutova (neoro-sensory-motor and reflex integration method) en kyk na Kwela woensdag 27 Jan 2016.

Leonie ·

Onse Abbavader, in U hande en voor U voete plaas ons hierdie kosbare lewens.

Dankie vir U genade!

Anoniem ·

So jammer vir elkeen van julle. So geskok oor dit en net so glo ek ook voel baie van ons. Hoe stop mens dit? Hierdie is nie die laaste nie. Dit gebeur oral in Suid-Afrika. Net n simpel vraag..Wie betaal nou hul mediese koste.? Defnitief nie die man wat dit veroorsaak het nie. Nee hy word op die hande gedra, indien tronk toe gaan hy lekker eet en leef op my en jou geld. Waar is die tyd toe ons mense nog in beheer was. Die dinge het net nie gebeur nie. Die dinge laat mens huil vir mense wat jy nie ken nie, jou hart gaan uit na hulle…Doodstraf kom terug asb!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Tania Maree ·

Net ONS WARE GOD ,VADER YAHWEH ,kan help,en HY SAL julle HELP,want VADER YAHWEH is OOK ONS GENEESHEER,ons moet op ons kniee bly en HOM AANBID EN SY NAAM LOOF EN EER.Ons vra VADER YAHWEH,dat U met hierdie gesin sal wees,hulle sal beskerm ,behoed en bewaar en gesond maak,hou hulle vas in U HAND VADER.Ons vra dit in U NAAM VADER,dat net U wil sal geskied VADER YAHWEH!AMEIN!

Willie vd Schyf ·

As gemeenskap moet ons saamstaan teen misdaad. Ondersteun aktief die werksaamhede van jou plaaslike Polisie Forum ( Roodepoort ). Bly waaksaam, bly positief dat as n gemeenskap ons misdaad kan uitroei, wortel en tak. Ewe belangrik, bly ook verhoudinge bou met jou plaaslike Polisie, ken hulle, ondersteun hulle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.