Roodepoort-onnie sterf voor kinders in die klas

Blomme by 'n foto van Jaco Moorcroft by die skool. Foto: Laerskool Dr Havinga / Facebook

Blomme by ‘n foto van Jaco Moorcroft by die skool. Foto: Laerskool Dr Havinga / Facebook

ʼn Onderwyser van ʼn skool in Roodepoort is dood nadat hy in die klas voor die skoliere ʼn hartaanval gehad het, het Beeld Donderdag berig.

Jaco Moorcroft (48), ʼn wiskunde- en tegnologie-onderwyser aan Laerskool Dr. Havinga, het Maandag kort voor tweede pouse ʼn hartaanval gehad. “Hy het voor ʼn graad 7-klas gestaan toe hy skielik inmekaargesak het,” het Leon Visser, skoolhoof, gesê. “Ander onderwysers het hom te hulp gesnel en leerlinge uit die klaskamer verwyder.”

Paramedici het hom drie adrenalieninspuitings gegee en ook geskok in ʼn poging om hom by te bring.

“Hy is dood 15 minute nadat ek daar aangekom het,” het sy vrou Dorette gesê. Sy het in trane gesê hy het gesterf waar hy gelukkig was.

Jaco Moorcroft. Foto: Laerskool Dr Havinga / Facebook

Jaco Moorcroft. Foto: Laerskool Dr Havinga / Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

SNEL ·

Goeiste, dis vreeslik, ek dink almal is in skok. Wys net hoe vinnig iets kan gebeur. Sterkte aan die familie.

cj ·

Dit moes baie vreeslik gewees het vir daardie kinders. My innige simpatie met die hele familie. Mag hul berusting by God kry en ook sterkte aan die kinders by die skool wat dit moes deurmaak. Die lewe is so kort. Wanneer mens stories soos die lees, dan besef mens net weereens dat wanneer dit jou tyd is is dit jou tyd. Daar is nie vrae nie en daar is geen onderhandelinge nie. Soms vergeet mens om elke dag net voluit te leef. Om bietjie stil te staan en om jou te kyk na die mooi blomme, bome, hemel en net weereens te besef, die feit dat ons kan asem haal is ‘n seening van bo. Nog ‘n genade gawe van God. Sterkte vir ieder en elk van julle mensies. God bless!!!!

Rene van Wyngaarden ·

Leon ,personeel en leerders. Ons dink aan julle na hierdie hartseer en traumatiese gebeure.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.